My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Piet Pille »

So breek die dag aan... my ouers arriveer vanuit die Suid-kaap en daar is 'n vakansie vol opwinding wat wag.
Eerste na 'n goeie vriend se plaas waar ons die bosveld gaan waardeer vir 'n paar dae... Toe kom die bonus- "Pieter, ek moet so klompie wild afhaal- ek het klaar met die spoorsnyers en slagters gereel- sal jy omgee om my bietjie daarmee te help terwyl julle daar is- alles is gereel. Veral, onder die BWB'te, Elande, Rooihartbeeste en Gemsbokke asb. Pasop net die eland koeie is omtrend almal dragtig." Nou-ja, wat kan 'n man nou sê-- sal maar 'n klip vir 'n vrind uit die pad uit rol of hoe?

Ons is middagtyd die 17de op die plaas en daar word eers afgepak en ingeburger. Almal is lus om bietjie uit te kom in die veld in en die Land Rover Game viewer word vol mense en kinders gepak. Natuurlik word die gewere en teikens ook gelaai- darem eers by die skietbaan gaan kyk of alles nog in die kol is- daar moet immers vanaf more ernstig gejag word!

Ons ry 'n lang draai en toe die son sy kop agter die kameelbome gaan intrek, is ons by die huis en 'n knettervuurtjie komplimenteer die beste uit die kaap se wingerd. Vanaand is dit vroeg inkruip- Mische (die boesman spoorsnyer) en Tobias (wat die jagkar bestuur) kom laai ons more oggend 05h30 op...

....vervolg......
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Johan Nel »

++>: ++>: ++>: Hmm, hier kom 'n vervolgverhaal. Lekker!!! Ons wag in spanning... :laugh: :laugh: :laugh:
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Marc »

Geniet hom, dis n lekker verrassing ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Piet Pille »

Jagdag 1:

Die beplanning werk soos volg- ons jag vanaf eerste lig tot so 10.00 se koers. dan gaan ons terug huistoe en spandeer tyd met die vrouens en kinders tot middagete. Dan 'n vinnige uiltjie knip en so teen 14h30 is dit weer uit veld toe tot sononder. Joseph (die ander boesman spoorsnyer) sal die vroue en kinders so teen 16h00 kom haal by die huis vir hulle "sun-downer-gamerdrive" en ons almal ontmoet weer na sononder by die huis vir gesellig saamkuier en kosmaak. Die plaas is so 9000ha en ons, die jagkar en die land drover is almal met radios toegerus dat ons mekaar nie pla in die veld nie. Ons beplan om eerste tot by die waters te ry en dan belowende spore van daar af te volg te voet, terwyl Tobias dan daar wag tot ons hom radio om ons te kom haal.
Ons sal eerste konsentreer op die elande maar as ons toevallig in een van die ander spesies vasloop sal ons skiet. As ons iets kry wat alleen loop sal ons van die bakkie af skiet, maar nie as daar meer diere is nie- ons wil nie die wild laat sku raak vir die voertuie nie. As ons tyd het, sal ons by die voorsitte wag as laaste opsie.

So gesê, so gedaan. Oupa jag nie self nie maar is mal oor die veld, saamloop en avontuur. 05h30 is hy op sy pos reg om saam te ry. Dis lekker koud en ek trek my mussie laag oor my ore agterop die ou Cruiser. Ons kry vars spore en beginne hulle volg. Die plaas grens teen boesmanland en dis die heeltyd dik rooi kalahari sand. My pa verbaas my en op 71 wag ons nie eenkeer vir hom nie en hy beweeg fluks en stil. Die outoppie is nog yster. 2 keer loop ons in kameelperde vas. Mische se oë is soos 'n arend s'n en hy gewaar hulle telkens vroegtydig. Dan sirkel ons versigtig terug en beweeg om hulle. Nie een keer gewaar hulle ons nie...

Die eland spore raak al hoe varser en Mische reken hulle is nie verder as 300m voor ons nie. Dis egter te ruig en ons kan hulle nognie gewaar nie. Die wind begin egter dwarrel en kort voor lank wys Mische die spore waar die elande gehardloop het. 1/0 vir hulle. Ons het 'n goeie 10km afgele en die horlosie wys 09h30.

Ons besluit om in die voorsit toring nie ver daarvandaan te gaan sit vir die laaste uur. Daar is paar jong koedoes, varke en rooibokke by die sout, maar minute nadat ons ingeklim het, kom die wild weer terug. Koedoes, varke, rooibokke, waterbokke en zebras. Nie een op die lys nie.

Ons besluit om nog 5 min te sit. 'n Beweging vang my oog en sowaar- 'n troppie hartbeeste is oppad in. Ek wag geduldig. Daar is 'n jong bul en ou koei wat kwalifiseer in die troppie. Die afstand is so 110m. Dis my eerste skoot van die trippie en, alhoewel ek 'n stabiele dooierus posisie het, besluit ek om veilig te speel met 'n bladskoot. Die .375 praat en die 270gr Barnes TSX vind sy merk. Die bul vlieg 180grade om maar steier 10m verder en val in sy spore. Ek herlaai en hou hom deur die teleskoop dop, maar hy beweeg nie weer nie. Die res van die trop gaan steek onder 'n kameelboom vas en kyk terug na hulle gevalle kameraad. Ek hou hulle dop. Hulee bly staan. 241m sê die rangefinder. Die ou koei. staan voor, plankdwars, maar 'n bos maak die hart/long area toe. Net die nek en kop is oop. Ek loer haar deur die teleskoop. Dis ver. "nee"sê ek, "ek gaan nie nou 'n kans vat nie, dis maar dag een". 5min gaan verby. Een van die ander koei gaan le in die koelte. "my" koei staan asof sy 'n standbeeld is. Dis windstil. Weer kyk ek haar deur die scope. Die adrenalien is uitgewerk en die kruis le mooi stil. "Dis te ver" dink ek. Mische breek die stilte en Fluister: "Meneer moet laat loop- daai roer makie foute nie". "En as kwes?" vra ek. "Jy sal nie" sê my pa. "Vat jou tyd. Hulle is rustig." Ek kyk weer deur die scope. Die kruishaar le doodstil. 241m..... my geweer skiet so 30mm hoog op 100m.... Ek mik op die vertikale deel van die horing waar hy sy 90grade buig na agter begin, om te kompenseer vir die val agv die afstand. Al stadig diep asem em blaas stadig uit terwyl ek my hand stadig toemaak. Die skoot kom as 'n verassing en ek veloor die teiken uit sig met die terugskop. "Sy's plat!!" skree Mische en my Pa klap my tussen die blaaie. PHEW!! Ek het 'n kans gevat en was gelukkig. Ek storm die leertjie af en draf na waar die koei gestaan het, terwyl ek in my geestesoog sien hoe sy opspring en weghardloop.
Ek was gelukkig. Die koeël is net agter en onder die oog deur. 3cm laer kon probleme beteken het. Ek stuur 'n skietgebedjie op en sê my dankies. 2 mooi bokke. watter oggend!

....vervolg.....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by JPS »

Pieter,
welgedaan man. Maar jy moet so bietjie viniger verolg....
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Piet Pille »

Jagdag 1 - vervolg..

Namiddag vaar ons weer die veld in. Ons jag hard, maar die wind speel rondomtalie en ons kry nie die wild nie. Ons kry wel paar vroulike diere en trofee bokke, maar hulle is nie op die spyskaart nie. Laat namiddag kom ons op 'n klein troppie elande af. Ons bekruip versigtig. Hulle bestaan hoofsaaklik uit koeie, verse en jong bulletjies. Ons besluit op een jong bulletjie wat se kondisie nie so waffers lyk nie- die droogte eis maar sy tol.. Die skietstokke kom in plek en die kruishaar kom tot rus op die blad. Die skoot knal en en die eland val nie ver vandaar nie. Die Barnes TSX het weereens ten volle gepenetreer en die uitganswond wys goeie oopmaak. Ons keer terug huistoe- moeg maar tevrede. Vanaand is daar rooibok fillets op die spyskaart, en 'n die wilkoluiltjie in die Mangetiboom vier saam met ons fees...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by PWV »

Nou wanneer kom daar 'n foto van my naam- en tydgenoot? My kleinneef?
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Piet Pille »

Pieter Willem Vorster wrote:Nou wanneer kom daar 'n foto van my naam- en tydgenoot? My kleinneef?
in die volgende deel! ;)
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Piet Pille »

19 Aug - Jagdag 2:

Die dag begin soortgelyk as die vorige een. 05h30 kry ons mekaar in die kombuis met koffie en beskuit. 06h00 is ons oppad in die jagbakkie om te gaan kyk vir vars elandspore. By die 2de watergat is daar tekens van 'n bultrop wat voor dagbreek gesuip het. Ons vat die spoor. Die eerste paar kilometers gaan sonder voorval verby en ons beweeg stadig dieper die bos in agter die elande aan... Ons stap in 'n oostelike rigting en die wind is in ons gesigte. Skielik trek 'n beweging regs van ons my aandag. Ek fluit saggies vir Mische. Ons kyk en sowaar- daar is 'n troppie gemsbokke wat wei so 100m van ons af. Versigtig beweeg ons in posisie terwyl oupa kamera-man speel. Die een gemsbok vermoed onraad en kyk reguit in ons rigting. Haar lyf is verberg agter bos en ek kan net die swart-en-wit patroon van haar gesig deur die takkies uitmaak. Ek lig stadig die kruis en die skoot gaan af toe die kruis die swart vertikale streep tussen die oe ontmoed. Met die terugskop verloor ek my teiken uit beeld, maar Mische en my Pa skuld reeds blad. Sy't net daar geval. Ons laat weet vir Tobias per radio waar ons is en 15min later is hy daar met die bakkie om te laai.

Die son brand warm en die horlosie staan net duskant 10h00. Ons ry saam met die Tobias in die rigting van die huis. Ons verwag nie verdere aksie nie, aangesien ons van mening is dat die geweerskoot die wild sou verjaag. 500m verder word ons egter verkeerd bewys.... 'n mooi trop elande staan nie ver van die pad nie en hou ons dop. Dis die trop wat ons die hele oggend gespoor het. Soos voorheen verduidelik, wil ons nie graag van die voertuig af skiet nie, veral nie as daar meer as een dier is nie, aangesien die diere dan gevaar met die motor assosieer. Ek en Mische klim van die kar af terwyl hy stadig voortry sonder om te stop en gaan sit dadelik plat in die pad. Die idee is dat die elande die bakkie sal dophou en nie onraad vermoed nie. Die bakkie verdwyn oor die volgende duin, en ons gee nog so minuut of twee vir alles om rustig te raak. Die wind waai reg en alhoewel die trop wegbeweeg het, is hulle rustig en stap vreet-vreet. 200m verder gewaar ons hulle en begin hande-viervoet nader beweeg. Dit bleik 'n bultrop van so 12 bulle te wees. Daar is paar masiewe trofee-bulle tussen hulle. 'n Jonger bul beweeg in 'n oopte in. Die skoot is moeilik, aangesien hulle aanmekaar beweeg. Hy wys sy blad en die skoot loop. Alhoewel ek weet dis raak, is ek nie 100% oortuig van my skootplasing nie. Mische reken dat die bul mank was met die weghardloop, wat wel daarop dui dat ek die blad getref het. Ons gaan na die plek waar hy gestaan het en die helderrooi bloed wys dat die longe getref is en dat die koeël heelmoontlik dwarsdeur is. Ons volg die bloedspoor maklik. 30m verder kry ons die ou grote waar hy reeds morsdood is. Die skoot is so 10cm hoër as wat ek gemik het, maar hy is deur beide longe en die TSX se skade was voldoende. Ons radio vir Tobias en my Pa en laai die pragtige dier.

Wat 'n besonderse oggend was dit nie. Ek moet my pols kort kort voel om seker te maak ek is nie al klaar dood en in die hemel nie. Die kwaliteit tyd in die veld met my Pa in die veld is onvervangbaar kosbaar. Ons besluit om die namiddag af te vat en bietjie tyd saam met Ouma ,my vrou en die kinders te spandeer. More is ons laaste jagdag.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Piet Pille »

oggend 2 se elandbul.....

.....laaste dag vervolg....
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by LongWolf »

Geluk met die sukses
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by PWV »

Mooi, Pieter-man. Bly om te sien die 70+-jarige jongman het dit daar by jou geniet. Ons P.W.V.'s staan nog sterk, ou maat.
Groetnis.
Jakkie 321
Hero Member
Hero Member
Posts: 636
Joined: Sat Apr 27, 2013 8:19 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Jakkie 321 »

Ai hoe verlang ek nou na die bos.........

Groette
9.3 x 62mm Mauser
6mm Musgrave
243 Sako Broughton 1/14
22-250 AI Howa 1500 Broughton 1/8
22-250 Howa 1500 Broughton 1/8
9mm Star 30M
.22 Savage

Jakkie 321
Reinhard Hassel
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by mariusr »

Regtig 'n voorreg om so iets te kan beleef! Mooi gejag!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Piet Pille »

....vervolg....
Jagdag 3- laaste dag.

Ek word wakker voor my wekker kan afgaan. Dis 04h55. Ek trek my jagklere aan en gaan maak koffie. Daar is iets anders in die lug vanmore. 'n Tipe afwagting asof die brekende oggend asem ophou. Vandag gaan ons die blouwildebeeste soek... ek is opgewonde- dis meer as 4 jaar laas wat ek een van hulle kon jag.

Mische en Tobias is 05.30 daar soos afgespreek en oor die blikbekers se rante bespreek ons taktiek. Die BWB'e het ons die laaste paar dae ontwyk, en, alhoewel daar baie op die plaas is, kon ons net eenkeer vlugtig 'n troppie in die bosse sien verdwyn.
"Ek dink ons moet eers bo by 'twee-damme-se-pos' gaan kyk of hulle daar was. As hulle nie daaikant was nie, moet hulle by 'miershoop' se kant wees... daai 2 groot troppe kan nie net verwyn nie.. As ons hulle spore vanoggend daar kry sal hulle bo-op die groot duin aan die westekant van 'miershoop' wees waar ons laasjaar gebrand het. Daars nog bietjie groengras daar. Ek is seker dis waar hulle staan en wegkruip" maak Mische sy teorie bekend..

Oppad na die water kry ons 'n allleenloper gemsbokbul in 'n oop stuk doringveld. Hy draf 'n entjie weg en steek vas om oor sy rug terug te kyk na ons. Aangesien hy alleen is, besluit ons dat ek die skoot van die bakkie af kan neem. Die afstand wys 168m en die geweer le stewig oor die sandsakkie. Die roer ruk die oggend wakker en die gemsbok slaan hard neer. Die eerste sonstrale maak 'n mooi foto en gou gou word hy gelaai. "As die dag so begin kom hier 'n ding vandag!" dink ek by myself.

Ons ry verder om vir BWB -tekens te gaan kyk. By "Twee-damme" kry ons net koedoe, en eland tekens en ons besluit om "Miershoop" se duin te gaan aanvat. Tobias laai ons aan die voet onder by die pos af en ons bestyg die duin diagonaal met die wind in ons gesigte. Bo-op die duin maak die veld 'n oop in savana-veld. Ons stap versigting in 'n noord-oostelike rigting al met die duinebos-gordel langs parallel met die oop stuk.
Mische gewaar hulle eerste.. 'n Trop gemsbokke met 'n groot trop BWB'e is oppad in ons rigting.
Die gemsbokke loop voor en die BWB'e so 50m agter hulle. Daar is so paar gemsbokbulle wat mekaar probeer ootuig wie nou eintlik die sterkste is en die konsternasie veroorsaak dat ons maklik in posisie kom sonder om aandag te trek. Hulle trek baklei-baklei skaars 30m voor ons verby. Volgende is die blouwildebeeste. Ek besef ek sal moet vinnig skiet, aangesien hulle die heeltyd beweeg en selde langer as 3-5 sekondes stilstaan. Daar is seker so 30 diere in die trop. 'n Groot bul trek my aandag. Hy is 125m van my af. Sy "gunmetal-blue" vel blink in die vroeë more-son. Ek volg hom met my teleskoop en toe hy vasteek praat die .375.....

Toe is daar chaos!!
Die gemsbokke vlieg om en kom pyl reg op ons wegkruipplek af. 15m van ons af sien die voorste ene sy fout en jy sien net liggies aangaan soos sy ABS inskop. Hy maak 'n Geo Aplon-systap en sy niksvermoedende kamaraad neffens hom skeur amper beide sy kruisliggamente om sy maat te probeer volg. Die BWB'e bars elkeen in sy eie rigting weg en dis net stof waar jy kyk. Net om te onthou dat daar "strength in numbers" is, om te draai, en terug na mekaar toe te hardloop. Die uiteinde is 'n tipe bondelsports waar die hele trop hulle beste gee om in die selfde vierkante meter op te eindig. Na 'n minuut of twee is die ergste verwarring darem onder beheer en die beeste staan en rondtrap terwyl hulle terugkyk na hulle gevelle kamaraad. Hulle is nou 212m van my af.. Die adrenalien wil my nognie los nie en ek kry nie die kruishaar stil op 'n koeie aan die kant van die trop se skouer gehou nie. 2 keer laat vaar ek my aanlê op die koei, gaan staan regop en haal paar keer diep asem. Die 3de keer kry ek die kruishaar min of meer op sy plek en druk die sneller....

2 blouwildebeeste binne minute van mekaar le stil met bladskote. Ek kan my geluk nie glo nie. Na 'n paar foto's laai ons die bokke op en ry huistoe. 2x gemsboke, 2x hartbeeste, 2x elande en 2x blouwildebeeste... hierdie is my beste jag ooit! Nie ver van die huis af nie kry ons weer BWB'e. Ek klim in die ry van die kar af en bekruip die plek waar hulle oor die duintjie verdwyn het. Ons loop gebukkend en toe ons regop kom staan hulle reg voor ons en kyk in ons rigting. Mische skop die 3-poot se voete oop en die kruishaar suig vas op 'n ou koeie se voorkop. Die getroue geweer trap my op die skouer en die koei le waar sy gestaan het.

Ons radio die bakkie om te kom oplaai. Ek haal die orige patrone uit die magasyn. Dit is genoeg. Dit was lekker maar ek is klaar. Geen ekstra skote en bokke kan hierdie paar dae nog beter maak nie. Ek wil nou rustig en alleen in veld gaan sit en besin oor die laaste paar dae. Oor die geweldige voorreg wat my te beurt geval het. 'n Kans saam met my ouers om die natuur te waardeer. 'n Kans om my kinders oor die veld en skepping te kan leer. 'n Kans om lewe te neem en dankbaarheid en ontsag aan ons Skepper te kon teruggee. 'n Kans op vrede in my hart. 'n Kans op genade van die Groot Oom sonder dat ek een enkele iets daarvan verdien het. Ek sê my dankies en spandeer die laaste aand met die kosbaarste mense in my lewe. Wie weet of die geleentheid homself weer sal voordoen?
Carpe Diem...... gryp die dag...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Piet Pille »

laaste oggend vroeg se gemsbokbul
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Johan Nel »

Pieter,
Dankie dat jy met ons gedeel het. Wat 'n voorreg om dit met jou ouers en gesin te kon deurmaak. Ek het die gedeelte oor die laaste dag die meeste geniet. Baie mooi en beskrywend, dankie weereens!
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Johan22 »

Baie mooi geskiet ja dit is mos soos 'n man moet jag net die wat jy kan eet.

groetnis
stan man

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by stan man »

mooi vertelling
dankie vir die deel en die fotos.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Carl »

Mooi man Pieter, pragtige storie.Baie geluk met uitstekende jag en skiet werk.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by sako 30-06 »

Dankie Pieter,uitstekend geskiet.
Ek is nou lekker jaloers. ;D
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Ian »

Pieter

Wat 'n voorreg was dit nie nou om so 'n sukses verhaal te kon lees nie. Ek kan aflei dat jy jou geweer baie goed verstaan en om die diere met die voete te kon afhaal wil gedoen wees. Baie geluk en ek neem aan dat die jag nog baie vertel gaan word (deur jouself) om kampvure.

Mooi dag
User avatar
gillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 957
Joined: Fri Aug 05, 2011 7:05 am

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by gillie »

Dankie vir die deel! Mooi geskryf en geluk met die goeie skote!
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by Piet Pille »

Dankie manne. Wat is goeie herhinneringe in elkgeval werd as mens dit nie kan deel nie?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: My laaste jag vir 2013 eindig op 'n hoë noot

Post by tau »

Lekker Pieter!!!!!!

Jy laat dit maklik klink. Daai wereled gee nie vir jou baie tyd met skote nie. Die takkies maak dit ook moeilik om ver te skiet.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply