240 Weatherby en 6X284
-
jmb
240 Weatherby en 6X284
Hier is duidelik 'n klomp 6mm manne op hierdie forum. Daar is twee 66mm patrone waaroor ek nog niks gesien het nie en wonder waarom? Die 240 Weatherby en die 6x284. Die twee lyk interresant. ek neem aan hulle is seker onnodig hard op lope en is basies seker meer geskik vir langer skiet afstande 300m en verder.
- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: 240 Weatherby en 6X284
jmb
Jy slaan die spyker op die kop LOOPLEWE! .Die groter doppe kom net regtig tot hul volle potensiaal met swaar koels,die 55-70gr koels sal nie veel voordeel uit die 6-284 dop kry nie die .240 Weatherby is in dieselfde klas as .243WIN en 6mm Rem net doppe is duur en skaars.
Raynie

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
jmb
Re: 240 Weatherby en 6X284
Dit is jammer die 240W se doppe is so skaars. Op papier lyk dit nogal na 'n kaliber wat die 243 opdraend gee.
Moet maar 'n smiley bysit want soos party manne oor hul 243's praat mag dit seker baie naby aan heiligskennis wees.