Page 1 of 1
Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 9:27 am
by sako 30-06
Ek weet dis nou nie n jakkals nie,maar ek hoop van die manne kan help.Ek het probleme met huiskatte van bure,weet nie wie sin dit is nie.maar die twee bllikskottels doen hulle ding in my groentetuin.Het al die plante uitgehaal om nou oor te plant en my bedding lyk soos ons paaie,vol gate.Ek weet as ek nou begin plant gaan hulle weer alles uitgrou en bepee.
Enige iemand dieselfde probleem?
Ek het gedink om hulle n pilletjie te voer,maar my vrou wil niks weet nie.
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 9:29 am
by cassie_calvinia
jack russle! dodelik
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 9:30 am
by sako 30-06
Cassie,ek het dit oorweeg maar ek is bang die jack russel raak verveeld omdat my erf nie so groot is nie en dan grou hy dalk alles uit?Hulle is mos baie aktief?
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 9:33 am
by cassie_calvinia
dit sal nie reg wees teenoor so hond nie.
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 9:38 am
by sako 30-06
Dis wat ek gedink het.
Dankie
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 9:44 am
by stan man
pm gestuur.
sorry vir die vorige skrywe dit was on van pas.
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 10:03 am
by sako 30-06
stan man wrote:n stukkie swart nugget toe gevou in n bietjie maalvleis.
Waar kan ek hierdie nuggets in die hande kry?
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 10:03 am
by Geurt
stan man wrote:n stukkie swart nugget toe gevou in n bietjie maalvleis.
....en dit doen wat aan die kat?
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 10:07 am
by Geno
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 10:14 am
by Eugene
Daar is 'n spesifieke plant wat katte afskrik, net soos wat catnip hulle aantrek. Google dit bietjie en plant van daardie plante in jou groente tuin.
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 10:20 am
by sako 30-06
Eugene wrote:Daar is 'n spesifieke plant wat katte afskrik, net soos wat catnip hulle aantrek. Google dit bietjie en plant van daardie plante in jou groente tuin.
Grow other plants around the garden that are known to repel cats. Citronella, lemongrass, eucalyptus and lavender are among those known to be most effective.
Ek kon die op die net kry.
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 10:41 am
by Eugene
sako 30-06 wrote:Eugene wrote:Daar is 'n spesifieke plant wat katte afskrik, net soos wat catnip hulle aantrek. Google dit bietjie en plant van daardie plante in jou groente tuin.
Grow other plants around the garden that are known to repel cats. Citronella, lemongrass, eucalyptus and lavender are among those known to be most effective.
Ek kon die op die net kry.
Daars jou antwoord, swart nugget gaan van die huidige katte ontslae raak, maar wat van die res of die volgende katte? Plant van hierdie plante in jou groentetuin en hopelik los dit jou huidige en toekomstige probleme op!
Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 11:02 am
by FHM
Sako, hier is ook interressante home remedies wat jy kan lees as jy wil.
http://voices.yahoo.com/homemade-cat-de ... 31873.html
Ek het nou so rukkie op die web gaan lees oor die katkaskenades in bure se tuine en om n opsomming te maak lyk dit my
water is die beste humane manier om die katte weg te hou. DIe een ou het n motion-sensor srinkler (net 1) opgesit by sy tuin en die video wys hoe die ongewenste gaste inkom en die sensor trip en sodra die water begin spuit hardloop hulle in alle rigtings. Ons almal weet katte haat dit om nat te word - dalk die beste manier sonder om duisende rande te spandeer - of te verloor aan skade oor n tydperk
Daar is n magdom informasie op die web - google net "cat repellant"
Sterkte

Re: Kat probleem!
Posted: Wed Aug 28, 2013 11:05 am
by sako 30-06
FHM wrote:Sako, hier is ook interressante home remedies wat jy kan lees as jy wil.
http://voices.yahoo.com/homemade-cat-de ... 31873.html
Ek het nou so rukkie op die web gaan lees oor die katkaskenades in bure se tuine en om n opsomming te maak lyk dit my
water is die beste humane manier om die katte weg te hou. DIe een ou het n motion-sensor srinkler (net 1) opgesit by sy tuin en die video wys hoe die ongewenste gaste inkom en die sensor trip en sodra die water begin spuit hardloop hulle in alle rigtings. Ons almal weet katte haat dit om nat te word - dalk die beste manier sonder om duisende rande te spandeer - of te verloor aan skade oor n tydperk
Daar is n magdom informasie op die web - google net "cat repellant"
Sterkte

Dankie FHM,ek sal so bietjie gaan oplees.
Sal die probleem sommer binnekort moes oplos.