Eland

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Eland

Post by grumpy »

Ek soek bietjie resepte om Eland vleis te gebruik. Fillet ens.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Eland

Post by Riaan Beeslaar »

Sal vir jou 'n paar resepte post
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Eland

Post by Beer (Christo) »

Grumpy

Ek het my fillets net met Olyf olie gesmeer en net so gebraai, met lekker speserye. In my opinie het Eland vleis nie baie 'werk' nodig om dit lekker te maak nie.

As my vrou skenkels of so maak sit sy dit sommer in die slow cooker in die oggend met bietjie Coke en Ginger ale. Sit later aartappels, boontjies en wortels by en speserye na smaak
Last edited by Beer (Christo) on Mon Aug 19, 2013 3:24 pm, edited 1 time in total.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Eland

Post by Eugene »

Johan, soos Beer sê, bietjie olyfolie met knoffel en sout & peper en hy is reg! 'n Pel van my maak 'n vreeslike lekker mushroom-sous met room en idealmelk en bisto en braai dan sy wildsteak op 'n plaat laat dit net meduim is. Dan word dit net daar gesny en eet jy sommer van die plaat af en druk dit net in die potjie sous! My mond water sommer klaar! Italian Spices van Robbertson werk ook lekker saam met meeste wildsvleis!
Aim small, miss small
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Eland

Post by JuanVE »

Neem jou steaks, rasper pynappel so 60 - 90 minute voordat jy dit braai daarop. Die pynappel moet die hele steak toemaak. Haal die pynappel af voordat jy dit braai. Braai op 'n warm vuur vir 6 minute op 'n kant dan smelt die pienk steak soos botter in jou mond!
Juan
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Eland

Post by Jean Marais »

Grumpie

Ek het hierdie resep al baie gebuik, en hy's onverbeterlik en besonder lekker.

GESTOPTE ELANDFILET
(8 porsies)
1 Elandfilet

Marinade:
250mI Olie
125ml Asyn
10ml Sout
10ml Worcestersous
10ml Tamatiesous
1 Knoffelhuisie, fyngemaak
10 ml Gerasperde ui
10 Vars roosmarynblare

Vulsel:
250g Varkspek, in blokkies gesny
250g Sampioene, afgevee en fyn gekap
1 Ui, fyn gekap
30g (30 ml) Botter
Sout en vars gemaalde swartpeper
5ml Droë gemengde kruie
50ml Gerasperde Parmesaan kaas
200ml Gerasperde goed beleë Cheddarkaas
3 Snye brood, korsies afgesny en gekrummel
Wit muskadel

Maak met ‘n slypstaal / Mes ‘n holte deur die lengte van die filet. Gebruik ‘n smallemmes en hol effens uit.

Marinade:
Kook al die bestanddele vir die marinade, laat dit koud word en marineer
filet sowat 4 ure.
Verwyder uit marinade.

VuIsel:
Braai spek, samploene en uie in die botter tot die uie sag is en al die vloeistof
verdamp het.
Geur met sout, peper en kruie. Verwyder van hitte en meng met die kase
en krummels.
Klam met ‘n bietjie muskadel aan, maar moet dit nie te nat maak nie.
Stop filet met vulsel, geur met sout en peper en braai oor kole.

Passop vir TE gaar maak – Die fillet gaan jou nie daarvoor vergewe nie!!
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Eland

Post by grumpy »

Blik sement, julle laat my nou kwyl dit lyk of ek by die tandarts was!

Gaan defenetief die naweek weer so maak! ;)
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Eland

Post by douw »

Jean Marais wrote:Grumpie

Ek het hierdie resep al baie gebuik, en hy's onverbeterlik en besonder lekker.

GESTOPTE ELANDFILET
(8 porsies)
1 Elandfilet

Marinade:
250mI Olie
125ml Asyn
10ml Sout
10ml Worcestersous
10ml Tamatiesous
1 Knoffelhuisie, fyngemaak
10 ml Gerasperde ui
10 Vars roosmarynblare

Vulsel:
250g Varkspek, in blokkies gesny
250g Sampioene, afgevee en fyn gekap
1 Ui, fyn gekap
30g (30 ml) Botter
Sout en vars gemaalde swartpeper
5ml Droë gemengde kruie
50ml Gerasperde Parmesaan kaas
200ml Gerasperde goed beleë Cheddarkaas
3 Snye brood, korsies afgesny en gekrummel
Wit muskadel

Maak met ‘n slypstaal / Mes ‘n holte deur die lengte van die filet. Gebruik ‘n smallemmes en hol effens uit.

Marinade:
Kook al die bestanddele vir die marinade, laat dit koud word en marineer
filet sowat 4 ure.
Verwyder uit marinade.

VuIsel:
Braai spek, samploene en uie in die botter tot die uie sag is en al die vloeistof
verdamp het.
Geur met sout, peper en kruie. Verwyder van hitte en meng met die kase
en krummels.
Klam met ‘n bietjie muskadel aan, maar moet dit nie te nat maak nie.
Stop filet met vulsel, geur met sout en peper en braai oor kole.

Passop vir TE gaar maak – Die fillet gaan jou nie daarvoor vergewe nie!!
Hallo Jean

Hoe kry jy alles in die fillet? Ek het al probeer met groot bees fillet, maar sukkel om hom so uitgehol te kry dat ek alles daar kan inpas. Gee bietjie raad asb.

Groete
Douw
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Eland

Post by Jean Marais »

Hallo Douw

Ja, ek het ook met die eerste een gesukkel, en toe besluit ek om die fillet in die lengte te vlek van die kant af, dat hy soos 'n plat "Steak" lyk, m.a.w. soos jy hom sny, rol jy hom heeltyp oop. Ek sorg dat hy nie dunner as so 15-20mm gesny word nie. Dan smeer ek die vulsel oor die hele fillet, rol hom toe, bind hom met so 3-4 toue vas en dan gaan hy kole toe.

Ek hoop jy verstaan wat ek probeer verduidelik.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Eland

Post by douw »

Lyk hy dan basies soos 'n "jam roll"?

Groete
Douw
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Eland

Post by Jean Marais »

Net so. Jy't die beskrywing reg opgesom. Ek maak die toutjies op die punte so na as moontlik aan die einde, passop vir te vas, anders trek hulle deur, en dan nog twee tussenin, afhangend hoe groot die fillet is.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Eland

Post by douw »

Dankie Jean

Ek sal hom beslis so probeer. Ek het eenkeer 'n bees fillet gevat en oopgesny. Ek het hom toe gestop met murg, roomkaas, sampioene en speserye. Dit was vingerleklekker!

Groete
Douw
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Eland

Post by martinf »

Sny die fillet in medallions(so duim dik). Kom by met 'n vleis hammer as dit taai mag wees.

Gooi aromat aan alby kante.

Gooi stukke in meel. Skut af en sit dan in skottel braai met bietjie warm olie.

So 2 minute aan elke kant en geniet.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Eland

Post by Jean Marais »

Grumpie

Nou net hierdie reseppie op Pot-Shot raakgelees. Hy lyk baie lekker:

Elandlende met bloukaas en druiwe
20 Aug 2013


Hierdie sirloin moet jy in lengtes sny – 15cm en 2 cm dik. Sny op die een kant dun kepies in die vleis 2mm uitmekaar uit. Maak dan n sous van bloukaas en druiwe om oor die vleis te giet.

Die Bybelse storie van die bakker en die skinker het my as kind gefassineer. Die skinker het die druiwe in n beker uitgedruk om sap te maak. Dit het altyd wonderlike geklink. Hierdie resep laat my aan daardie skinker dink.

Bestanddele
800 gram Eland lende met al die vliese uitgesny
100 gram bloukaas
n Groot tros druiwe
1 eetlepel vars geroosterde koljander
Sout en peper
Kwart koppie rooiwyn

Sny die sirloin in lengtes van 15 cm by 2 cm en sny kepies on een kant 2 mm uitmekaar en ongeveer n halwe sentimeter diep. Gooi die wyn en koljander oor die vleis en laat staan vir n uur.

Haal die vleis uit die wyn en koljander marinade en braai die vleis ongeveer 3 minute aan elke kant in ‘n pan met olyfolie. Haal van die plaat af. Smelt die bloukaas in n pan en druk dan die druiwe se sap met hand oor die kaas uit. Gooi die skille dan by. Laat dit opkook en gooi dan die wyn en koljander marinade oor.
Gooi die sous oor die vleis en bedien dadelik.

Geniet
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Post Reply