jakkals en water

Post Reply
karooboer
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Tue May 07, 2013 7:37 pm

jakkals en water

Post by karooboer »

Ek boer buite Van Wyksvlei water is taamlik skaars in die geweste. Ek het Maandag op n pyplyn afgekom wat vol gate gebyt is. Die pyplyn is tussen n pomp en n dam van ongeveer 1km. Gewoontlik as mens so iets sien is dit n ystervark wat die pyp stukkend gebyt het is n 32mm laedruk clas 3, maar wat vir my snaaks was daar was geen ystervark spore nie behalwe n jakkals spoor wat daar drink en moontlik die pyp ook gebyt het want dis net sy spore om die pyp. Ek stel toe ysters en gister nag toe vang ek hom n ou ou reen hier is fotos van sy tande. Eerste keer wat ek sien n jakkals byt n pyp vir water of het mense dit al gewaar?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: jakkals en water

Post by Francois Marais »

Karooboer

Ek het al by n boer geskiet wat te vertelle het, dat op n sekere stukkie pyplyn van hom, hy meer ergenis het van jakke wat die pyp stukkerndbyt as van Ystervarke. Dit is spesifiek waar die pyplyn oor n kalkbultjie gaan en nie begrawe is nie, etlikke laste op die stukkie lyn het getuig daarvan dat dit gereeld stukkend gebyt word daar.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: jakkals en water

Post by mariusr »

Dit kom nou daarvan as jy pype stukkend byt vir beroep dan kry jy sulke tande!!!
Spekboom
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Wed Nov 14, 2012 4:40 pm

Re: jakkals en water

Post by Spekboom »

;D Dan is ek ook seker `n pypbyter, myne lyk ook so. :laugh:

Nee wat oom jak sal enige iets doen om te oorleef. Mooi gedoen eks bly jy het die ou hel gekry!!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: jakkals en water

Post by BLOK »

Bly jy kon hom vang. Net so vir interresantheid toe ek in die kalahari geboer het het bruin Haienas gereeld die pype uitgegrawe en stukkend gebyt. So ook vlakvarke. Ons het altyd gewonder hoe die diere weet presies waar om te grawe en maar tot die gevolgtrekking gekom dat dit die geluid van die water in die pyp is.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: jakkals en water

Post by mariusr »

Dink hulle ruik die water deur daai pyp!? Het jy Mynth busters al gekyk toe hulle weg gekruip het vir die bloedhond die hond het hulle elke keer gekry het tot so space suit aan getrek dat die hond nie sy reuk kry maar die hond het! Weet nou net nie of jakkie se reuk sintuie so goed soos die bloedhond sin is nie!?
leendert
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Mar 17, 2013 12:15 pm

Re: jakkals en water

Post by leendert »

Ek het dit al 2keer by my teegekom dat jak pyp stukkend byt en 1keer ñ weerwolf. Kon nie vir die jakke stel nie want die springbokke het aanhoudend in die natgrond gegrou opsoek na die bron wat die grond so nat gemaak het. Elke keer was die pyp oopgegrawe. Pyp is so 1ft onder die grond. Hulle bly ons maar 1 voor. Geluk met daai 1, jakkie wat so oud kon word moes vrek skelm wees.
"Responsible Hunting for Sustainable Live"
. PHASA
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: jakkals en water

Post by Skolla »

karooboer wrote: spoor wat daar drink en moontlik die pyp ook gebyt het want dis net sy spore om die pyp. Ek stel toe ysters en gister nag toe vang ek hom n ou ou reen hier is fotos van sy tande. Eerste keer wat ek sien n jakkals byt n pyp vir water of het mense dit al gewaar?
Ek stry glad nie dat dit n ou jakkals kan wees nie, maar het hierdie jakkals nie dalk sy tande op die yster so afgebyt nie?

Skolla
Post Reply