Wat van AL die ladings vir die verskeie kalibers wat reeds op Jaracal en ander forums op die net verskyn wat persone daar geplaas het wat in HULLE gewere werk ? Moet hierdie inligting verwyder word ?
Meeste van ons wat herlaai het al een of ander tyd 'n lading op die net geplaas wat vir hom werk en dit dan duidelik gestel dat hy geen verantwoordelikheid vat vir dit wat geplaas is nie. Voel julle dat dit onverantwoordelik is ?
QL ladings wat vir ander op die forum uitgewerk en geplaas was , ook onverantwoordelik is/was ?
Herlaai is gevaarlik en as iemand wat herlaai nie binne die riglyne bly nie met of sonder die nodige korrekte inligting speel hy met vuur .
Nou my vraag is : Wanneer hierdie inligting op die net verskyn sien almal mos dit en hoe word die onverantwoordelike of dan "lui" persoon nou gekeer om dit net so te gebruik ?
Of moet ons liewer die heel veiligste speel en geen inligting plaas nie behalwe as dit ge-PM word nie en selfs dan weet jy nie of die persoon verantwoordelik genoeg is om met die inligting te vertrou nie.
Vra maar net ?
Klip in die bos
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Klip in die bos
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Klip in die bos
Len
Ek verwys altyd ounes na Somchem se ladings, veral as ek kan sien dis 'n Goose of Fanie Venter tipe wat gister 'n 9mm magnum opgelaai het en sommer 2 blikke kruit wil meng (S355 en S385) want daar is nie genoeg S365....

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
Re: Klip in die bos
Len
Ek hoor jou - MAAR !!!
1. Dis jou eie verantwoordelikheid om aanspreeklik te bly vir jou eie dade.
2. Om die verskooning te gebruik van "hulle se" maak van jou n idioot. (Punt 1)
3. Om iemand anders se ladings goeds moeds te gebruik beten dat jy niks weet nie, en moet ook niemand blameer wanneer jy gaan seerkry dan nie!
(Die basise beginsel = ken jou min en max lading)
4. Voor ek begin herlaai het, het ek vir 4x maande gelees, gelees, gelees.
5. In als wat ons doen met vuurwapens en ammunisie, is veiligheid altyd die eerste tot laaste wat toegepas moet word, en soos in als in die lewe vat dit een idioot om dit in die nuus te maak en almal word onder dieselfde kam geskeur.
"Daar is resepte vir bomme op die internet beskikbaar, gaan ek dit probeer maak = nee beslis nie"

knives@wolfjager.co.za
Francois
Francois
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Klip in die bos
ek stem saam.
dit bly jou verantwoordelikheid om veilig te wees. niemand anders sin nie

HOU HOM DAAI DIKTE
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Klip in die bos
Dankie Francois en Cassie,julle het my vrae 100% beantwoord soos ek ook daaroor voel maar is dit 100% korrek so ? ( sal seker nie regtig weet totdat iets noodlottig gebeur onder sulke omstandighede nie ) .
Ek het juis dit 'n nuwe topic gemaak na aanleiding van 'n vorige topic elders op die forum waar ek die gevoel gekry het dat nie alle forum gebruikers ten gunste is van die soort inligting op die net nie.
Wat dit meer "veilig" maak wanneer sulke inligting die net bereik is die feit dat daar soveel kundiges op die gebied is om hul opinies as forum gebruikers te gee op sulke posts en dat kritiek deur forum gebruikers op sulke herlaai data plasings enige iemand wat van die inligting wil gebruik maak 2 keer sal laat dink ( hopelik ) indien hulle nie gelukkig is met die post nie.
Charl, ek stem saam dat dit seker die heel veiligste is soos jy dit doen maar dit is tog seker deel van die forum om insette van die aard te deel met ander met die wete dat dit met veiligheid en verantwoordelikheid gedoen moet word.Soos Francois sê " "Daar is resepte vir bomme op die internet beskikbaar, gaan ek dit probeer maak = nee beslis nie"..........
MAAR die kanse is goed dat IEMAND dit sal probeer doen...dan kan die persoon wat dit opgesit het mos nie verantwoordelik gehou word nie.Miskien is dit ook nie regtig die regte vergelyking nie want wetlik mag niemand bomme maak nie en mag niemand ook sulke inligting hoe om bomme te maak plaas nie , maar ons mag herlaai data inligting plaas ( ek glo so maar mag verkeerd wees ) Ek weet nie hoekom nie maar dit bly in my agterkop dat die persoon wat die inligting opgesit het nie heeltemal onskuldig hier gaan uitloop as iets noodlottig gaan gebeur nie. Hoop maar ek is verkeerd en dat wanneer ek ook van hierdie soort inligting opsit en bysê dat ek nie verantwoordelik gehou kan word wanneer die inligting gebruik word nie , genoegsaam sal wees om my te vrywaar .
Ek het juis dit 'n nuwe topic gemaak na aanleiding van 'n vorige topic elders op die forum waar ek die gevoel gekry het dat nie alle forum gebruikers ten gunste is van die soort inligting op die net nie.
Wat dit meer "veilig" maak wanneer sulke inligting die net bereik is die feit dat daar soveel kundiges op die gebied is om hul opinies as forum gebruikers te gee op sulke posts en dat kritiek deur forum gebruikers op sulke herlaai data plasings enige iemand wat van die inligting wil gebruik maak 2 keer sal laat dink ( hopelik ) indien hulle nie gelukkig is met die post nie.
Charl, ek stem saam dat dit seker die heel veiligste is soos jy dit doen maar dit is tog seker deel van die forum om insette van die aard te deel met ander met die wete dat dit met veiligheid en verantwoordelikheid gedoen moet word.Soos Francois sê " "Daar is resepte vir bomme op die internet beskikbaar, gaan ek dit probeer maak = nee beslis nie"..........
MAAR die kanse is goed dat IEMAND dit sal probeer doen...dan kan die persoon wat dit opgesit het mos nie verantwoordelik gehou word nie.Miskien is dit ook nie regtig die regte vergelyking nie want wetlik mag niemand bomme maak nie en mag niemand ook sulke inligting hoe om bomme te maak plaas nie , maar ons mag herlaai data inligting plaas ( ek glo so maar mag verkeerd wees ) Ek weet nie hoekom nie maar dit bly in my agterkop dat die persoon wat die inligting opgesit het nie heeltemal onskuldig hier gaan uitloop as iets noodlottig gaan gebeur nie. Hoop maar ek is verkeerd en dat wanneer ek ook van hierdie soort inligting opsit en bysê dat ek nie verantwoordelik gehou kan word wanneer die inligting gebruik word nie , genoegsaam sal wees om my te vrywaar .
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Klip in die bos
Vriell, as ek op 'n forum vertel dat EK unleaded petrol, parafien en kookolie meng in 'n verhouding en dat dit in MY dieselbakkie werk, kan ek nie aanspreeklik gehou word as my mengsel jou bakkie opblaas nie. Herlaai is 'n spesialisgebied en elke ou wat herlaai, moet darem besef hy werk met plofstof en moet SELF seker maak dat hy veilig en verantwoordelik werk.
In die VSA, waar belaglike hofsake en eise die bo-toon voer, word daar vrylik herlaaidata uitgeruil op openbare forums, sonder dat die ouens bang is. Ek kan nie sien dat jy enige aanspreeklikheid kan opdoen as jy herlaaidata, wat in JOU geweer werk, op 'n forum vermeld nie. As 'n manier om jouself te beskerm, kan jy miskien net vermeld dat dit JOU data is wat in JOU geweer werk, welke jy ontwikkel het deur veilige en verantwoordelike herlaaitegnieke en dat elkeen wat dit moet gebruik self verantwoordelik is vir die gevolge.
Iemand wat goedsmoeds net 'n lading van 'n openbare forum gebruik, sonder om behoorlik navorsing te doen en stadig op te werk terwyl hy/sy let op tekens van druk, het geen besigheid om te herlaai nie en moet eerder kafeekoeels gebruik...

Aim small, miss small
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Klip in die bos
Stem !Eugene wrote:Vriell, as ek op 'n forum vertel dat EK unleaded petrol, parafien en kookolie meng in 'n verhouding en dat dit in MY dieselbakkie werk, kan ek nie aanspreeklik gehou word as my mengsel jou bakkie opblaas nie. Herlaai is 'n spesialisgebied en elke ou wat herlaai, moet darem besef hy werk met plofstof en moet SELF seker maak dat hy veilig en verantwoordelik werk.
In die VSA, waar belaglike hofsake en eise die bo-toon voer, word daar vrylik herlaaidata uitgeruil op openbare forums, sonder dat die ouens bang is. Ek kan nie sien dat jy enige aanspreeklikheid kan opdoen as jy herlaaidata, wat in JOU geweer werk, op 'n forum vermeld nie. As 'n manier om jouself te beskerm, kan jy miskien net vermeld dat dit JOU data is wat in JOU geweer werk, welke jy ontwikkel het deur veilige en verantwoordelike herlaaitegnieke en dat elkeen wat dit moet gebruik self verantwoordelik is vir die gevolge.
Iemand wat goedsmoeds net 'n lading van 'n openbare forum gebruik, sonder om behoorlik navorsing te doen en stadig op te werk terwyl hy/sy let op tekens van druk, het geen besigheid om te herlaai nie en moet eerder kafeekoeels gebruik...
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
- Gregvzyl
- Full Member

- Posts: 188
- Joined: Thu Jan 10, 2013 11:03 am
Re: Klip in die bos
As hy al die waarskuwings op die toerusting manuals mis gelees het, EN al die waarskuwings in die herlaai hanleidings en boeke misgelees het, EN al die waarskuwings op die kruit en primer boxies misgelees het EN die waarskuwings in die Somchem data boekie misgelees het, gaan jou disclaimer nou nie juis 'n impak maak nie gaan dit.As 'n manier om jouself te beskerm, kan jy miskien net vermeld dat dit JOU data is wat in JOU geweer werk, welke jy ontwikkel het deur veilige en verantwoordelike herlaaitegnieke en dat elkeen wat dit moet gebruik self verantwoordelik is vir die gevolge.
Dit beteken nie dat ons verantwoordelik gehou moet word omdat hy lui is en kortpat wil vat nie. Almal wat herlaai of hy nou 'n beginner is of 'n ou gesoute hand is weet dat patrone BOOM maak, en behoort dit dan vir jouself te kan uitwerk dat as jy die resep vir die kaliber waarvoor jy laai nie reg het nie daar moontlik 'n KABOOM mag wees. Ek dink nie ek kan 'n herlaai publikasie aan dink wat nie begin met 'n ietsie oor herlaai veiligheid nie.
-
Tallies
- Jr. Member

- Posts: 87
- Joined: Sat Aug 18, 2012 10:04 pm
Re: Klip in die bos
Manne
Ons sal altyd daai "cowboys" by ons he.Hoop net hy is mans genoeg om verantwoordelikheid te aanvaar vir sy dade en nie die blaam te skuif nie. Vir hierdie tipe manne is wette gemaak om verbreek te word.Weet nie of regulering hond haaraf sal maak nie!