Ek het advies nodig asb.
Ek het onlangs die trotse eienaar geword van 'n ou Anschutz'ie. 'n straight bolt een.
Hy het geen checkering op nie en dit lyk of die kolf gevarnish is.
Ek wil nou die outjie biedjie opdolly sodat hy mooi lyk. Hy skiet klaar mooi, gisteraand my nuwe speeding op die range gaan toets
Daar is'n link hier http://jaracal.com/viewtopic.php?f=139&t=18012 maar dit beskryf die polering na die skuurwerk en nie die proses voor jy daar uitkom nie. My plan is om self te strip / skuur / sand en dan die checkering te laat doen en dan self die stain op te sit.
En dan wil ek die sneller laat oordoen - ie 'n nuwe een insit - hy het so 'n (lyk) cheap hol een (dis al hoe ek dit kan beskryf - dis nie 'n soliede sneller nie) en moet die hele meganisme vervang word - of kan ek net die sneller self laat vervang? MAW 'n nuwe een laat machine by 'n gunsmith en laat fit.
Ek luister saam

