Page 1 of 1

Springbok jag

Posted: Sun Mar 08, 2009 9:47 am
by Christo
Almal

Ek soek 'n plek om die 3 seuns Springbok te laat skiet. Moet oor 'n naweek wees want die skool laat nie toe dat hulle afwesig mag wees nie. Ons ou plek laat vang nou net sy bokke, daar het laas jaar ouens kom oorlog maak met iets soos 50 skote en 3 bokke later nou is hy klaar gejag. :'( :'(

Image

Hulle is nou al 3 jaar ouer

Dankie

Christo

Re: Springbok jag

Posted: Sun Mar 08, 2009 2:09 pm
by Izak02
Hi Christo, van waar gehasie? As jy nie te ver van Cradock is nie kan ek jou dalk help. Reply of e-pos of bel my: 073 209 4844
Izak

Re: Springbok jag

Posted: Sun Mar 08, 2009 3:10 pm
by Yalair
Christo
Selle vraag, In watter rigting wil jy jag ?

Re: Springbok jag

Posted: Sun Mar 08, 2009 3:23 pm
by Christo
Isak

Ek boer naby Ceres , nou net gekyk dit lyk soos 790km na Cradock van hier.

Yaliar

Koue Bokkeveld, Ceres.

Christo

Re: Springbok jag

Posted: Sun Mar 08, 2009 3:27 pm
by Yalair
Jy sal te ver moet ry na my toe, is tussen Kimberley en Petrusburg, wes Vrystaat, maar as jy wil ry is jy welkom, Niks so lekker om te sien hoe 'n jongspan dit geniet om te jag. Dan skiet hulle gewoonlik stof in ons ou manne se oe.

Re: Springbok jag

Posted: Sun Mar 08, 2009 4:32 pm
by Izak02
Christo
Werk jou dinge uit en laat weet hoe jou planne staan. Dit maak nie aan my saak nie, maar julle is welkom om hierdie kant toe te kom.
Izak

Re: Springbok jag

Posted: Sun Mar 08, 2009 5:49 pm
by Christo
Isak

Dankie, ek gaan jou bel in die komende week.

Christo

Re: Springbok jag

Posted: Mon Mar 09, 2009 8:11 pm
by Rooies
yalair

is jy nader aan kimb of petrusburg.

Re: Springbok jag

Posted: Mon Mar 09, 2009 8:43 pm
by Yalair
Rooies
Vir jag Kimberley so 18 km uit dorp na Boshof se kant - skape Petrusburg so 35 km het ook mooi springbokke hier, maar oet eers getalle kyk het mooi ramme, maar hulle's nog jonk

Re: Springbok jag

Posted: Mon Mar 09, 2009 9:31 pm
by Rooies
yalair

dan is jy naby dr james stander boshof se kant toe.

Re: Springbok jag

Posted: Tue May 27, 2014 4:04 pm
by Willie
Christo

Het jy toe al 'n plekkie gekry. Ek vermoed hier is heelwat manne in die weskaap wat ook sal belang stel.

Willem

Re: Springbok jag

Posted: Tue May 27, 2014 4:11 pm
by Carl
Willie
Dis 4 jaar terug my maat die seuns is al op Stellenbosch! ;-)
Christo wrote:Almal
Ons ou plek laat vang nou net sy bokke, daar het laas jaar ouens kom oorlog maak met iets soos 50 skote en 3 bokke later nou is hy klaar gejag. :'( :'(
Christo
Hallo Zack kom in. Die man moes eerder misskoot fooie gevra het :laugh:

Re: Springbok jag

Posted: Tue May 27, 2014 4:13 pm
by Willie
Daai besef ek terdee. Dit beteken mos nie dat hulle nie meer jag nie ? Ook nie dat Christo en ons ander manne nie meer na 'n jag plek soek nie.

Re: Springbok jag

Posted: Tue May 27, 2014 7:09 pm
by Christo
Ai, laat jy my sommer ver terug verlang. Tyd wag vir niemand. Daai seuntjies is nou 4de jaar, 2de jaar en matriek. Gelukkig jag ons nog saam, net nie so veel soos ons sou wou nie.

Ek het op 'n ander post 'n "belofte" gemaak vir die reel van 'n Springbok voorsit jag, die jaar gaan nie werk nie maar ek gaan ons opline vir 2015. Gaan sommer vroeg begin reel daaraan vir Mei volgende jaar.

As daar iewers plekkie oopspring waar julle iemand soek die jaar laat weet my ook.