NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Lyk baie nice, wonder hoe goed dit werk hier in afrika 
-
Gerrit Visser
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Weet iemand al meer van die SuperChrono. Ek moet 'n nuwe chrono koop, een wat baie baie goed kan meet. Soek nie iets wat raai nie.
- LongWolf
- Hero Member

- Posts: 832
- Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Worlds first acoustic chronograph!! BS!!
My ou vriend Fifi Hundt en ek het twintig jaar gelede al sulke goed gebou.
Daar is voordele aan, vir seker. die nadeel is dat die spoed van klank baie laer is as die spoed van die koeel.
Enige verskil in afstand tussen die pad van die koeel en die twee sensors maak 'n reuse verskil in die lesing. Dis hoekom ons dit uiteindelik net gebruik het op lang afstand, en om fotos te neem van die koeel. Mens kan op enige afstand meet as jy die sensor by 'n gong sit, en die klank optel en terugsein na die geweer tromp. So kan die tydsverloop op lang afstand baie goed bepaal word.
Vir algemene gebruik sal ek dit nie aanbeveel nie, die gewone tipes het nie daardie probleem nie, die spoed van lig is baie hoer as die spoed van die koeel.
Groete
Johan Smit

Johan verstaan ek nou verkeerd, die superchrono werk nie met klank nie maar op die skokgolf {verstuuring in die lug rondom die koeël} wat veroorsaak word deur die koeël. Dit is soos die golf wat 'n boot maak op water wat die superchrono meet. Help my reg as ek verkeerd verstaan. As julle met die tegnologie kon fotos neem van die koeël moet die sensors tog baie konstant wees of hoe?
-
smitjs
- Hero Member

- Posts: 672
- Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Acoustic = klank.
Dis hoekom dit nie werk onder die spoed van klank nie. Die koeel maak 'n supersoniese klankgolf oftewel skokgolf, en dit word oor die lug oorgedra en waargeneem as klank.
Die enigste nadeel daarvan is dat die spoed van klank maar in die omgewing van 1050 tot 1100fps is. Solank as jy die twee sensors absouluut parallel met die koeelbaan opstel, sal jy die regte lesing kry. Andersins is jou lesing uit.
Die kronograaf wat met lig werk, het nie daardie probleem nie, want die spoed van lig is hoog. Dis waar dat mens met sulke kronograwe soms 'n lesing mis, en dat die opvangs area klein is, maar wanneer dit werk, is dit reg.
Jou vergelyking met die boot is reg, maar die golf word aangestuur teen die spoed van klank. Die koeel is lank verby wanneer die skokgolf oftewel klankgolf by die sensors kom, net soos met 'n boot.
As jy dalk Fifi (W.A. Hundt) se boek Small Arms Shooting and Ballistics lees, sal jy sien hoe naby ons die mikrofoon gesit het aan die loop tromp om die koeels te fotografeer. Die boek is beskikbaar by Zimbi.
Ek wil jou nie heeltemal wegwys van die kronograaf nie, ek waarsku net. Dit sal goed wees as jy een kan kry op toets vir 'n paar uur. Dit sal gou wees om te toets. Stel dit mooi parallel op, skiet 'n paar skote, en druk dit dan skeef en skiet 'n paar skote. Die verskille sal duidelik uitwys.
Ek verkies om die lesing wat ek kry te kan vertrou.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Hallo Manne
Ek het die nuwe Magnetospeed kronograaf en is baie beindruk met die produk. Julle kan hom sterk oorweeg en ek dink dit is die kronograaf wat huidig die beste saamwerk veral met die gebruik van QL en die nodeprogram.
Daar is voordele wat die toestel bied wat huidig nie daar is met ander kronograwe nie. Hy is wel nie sonder sy foute nie.
Groetnis
Wouter

THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Wouter,
Ek het al gekyk na die Magnetospeed met belangstelling.
Wend jy hom net aan as jy ladingsontwikkeling doen?
Haal jy hom af as jy die geweer instel?
Hoe affekteer hy jou trefpunt, met of sonder die apparaat aan jou loop?

Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Wouter,
Wat is die nadele van die Magnetospeed chrony? Hoekom verkies jy hom bo die ander?
Sal die gewig van die Magnetospeed nie jou point of impack of groepe beinvloed nie?
Groete
Danie
Wat is die nadele van die Magnetospeed chrony? Hoekom verkies jy hom bo die ander?
Sal die gewig van die Magnetospeed nie jou point of impack of groepe beinvloed nie?
Groete
Danie
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Thomast/Daan
Die grootste voordeel aan die toestel is die meet metode van hom. Lig/temperatuur toestande speel geen rol. Spoed word ook by die tromp geneem wat van baie waarde is met die gebruik van QL. ES is ook baie minder met die toestel as met my ander kronograaf. Hy is ook baie gemaklik om te gebruik en op te stel. Ek stap sommer van my herlaai kamer met hom op die geweer na my skietbaan.
Die gedeelte wat aan die loop kom is relatief lig so die uitwerking op POI en groepering is minimal. Ek doen my finetuning met TPL verstellings en teleskoop zero wel sonder hom. Hierdie kan gesien word as n nadeel want jy bring wel nog n komponent in wat ek nie mal oor is nie. Dun loop gewere sal wel meer beinvloed word hiermee, maar my dukloop gewere was min gepla. Ek hou daarvan om sommer groepering dop te hou terwyl ek strewe na die nodespoed. Nog een is dat hy duur is. Hy werk ook moelik met fullstock gewere. Ek gebruik maar nog my ou Chrony met hulle.
Groetnis
Wout

- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
cassie_calvinia wrote:wouter
waar koop jy hul, of voer jy hul in?
Wil ook nou net vra
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Dankie Wouter,
Ek hou ook daarvan om te sien hoe groepe maak terwyl ek soek na nodespoed en dit goed om te weet dat die chrony nie die groepe veel beinvloed nie.
Sal ook graag wil weet waar mens hul koop en wat hul kos.
Ek hou ook daarvan om te sien hoe groepe maak terwyl ek soek na nodespoed en dit goed om te weet dat die chrony nie die groepe veel beinvloed nie.
Sal ook graag wil weet waar mens hul koop en wat hul kos.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Hallo Manne
Fishers en Shooters hier in Lichtenburg voer hulle in nadat hulle verskriklik gesukkel het met spoedlesings in hulle skiet tonnel. Praat met Ferdie 082 804 1564 of Jaco 083 320 0423. Ek beskou hierdie as n koneseurs produk en die prys reflekteer dit.
Groetnis
Wouter
Fishers en Shooters hier in Lichtenburg voer hulle in nadat hulle verskriklik gesukkel het met spoedlesings in hulle skiet tonnel. Praat met Ferdie 082 804 1564 of Jaco 083 320 0423. Ek beskou hierdie as n koneseurs produk en die prys reflekteer dit.
Groetnis
Wouter
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Dit lyk nie of die mense van Fishers wil besigheid doen nie.
Ek het gister met Ferdi gepraat en email gestuur en gevra hy moet vir my pro forma invoice stuur met bank besonderhede aangesien ek een van die Magnetos wil aankoop.
Geen reaksie gekry nie en vanoggend sommer toe vir Marlene en vir Ferdie gemail. Tot nou toe geen terugvoer nie.
Het ook so net na 4 na landlyn geskakel en meegedeel sal gou "boontoe" gaan en gaan kyk en antwoord. Uur later nog steeds niks.
Wil nie lyk of die mense dit graag wil verkoop nie, wonder of mens dit oor die internet kan aankoop en laat aanstuur.
Ek het gister met Ferdi gepraat en email gestuur en gevra hy moet vir my pro forma invoice stuur met bank besonderhede aangesien ek een van die Magnetos wil aankoop.
Geen reaksie gekry nie en vanoggend sommer toe vir Marlene en vir Ferdie gemail. Tot nou toe geen terugvoer nie.
Het ook so net na 4 na landlyn geskakel en meegedeel sal gou "boontoe" gaan en gaan kyk en antwoord. Uur later nog steeds niks.
Wil nie lyk of die mense dit graag wil verkoop nie, wonder of mens dit oor die internet kan aankoop en laat aanstuur.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Hallo Johan
Dit is seker nie plek om jammer te se nie, maar ek doen dit onomwonde namens Ferdie. Ek het hom ook nou tevergeefs in die hande prober kry. Ek het wel met Jaco gepraat en hy het gevra of jy hom nie n luitjie wil gee aangesien hy nie jou kontakbesonderhede het nie.
Sy nommer is 083 320 0423 en hy verwag jou oproep.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Johan ek weet hul het die naweek n oepsie gehad met hul binne huis baan en ek glo hul is b.q besig om dit te probeer reg kry.
Ek het nog net goeie diens van Ferdie en sy mense daar gehad so ek glo jy sal reg kom met hulle

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Hi Wouter
Noiu net oproep van Ferdi gehad, en hy het omverskoning gevra. Marlene is blykbaar nie daar nie en hy het besig geraak en vergeet daarvan.
Die pakkie is egter nou gepos, en hul het nie eers gewag dat die betaling in hul rekening wys.
Hul stuur dit speed services sonder koste vir my. Ek is seker dit was maar net 'n hickup aan hulle kant.
Nou wag ek dat dit hier kom sodat ek toetse kan gaan doen, ek wil reeds Maandag of Dinsdag bietjie baan toe gaan en my 223 ladings finaliseer.
Dankie ook vir jou opvolg.
Noiu net oproep van Ferdi gehad, en hy het omverskoning gevra. Marlene is blykbaar nie daar nie en hy het besig geraak en vergeet daarvan.
Die pakkie is egter nou gepos, en hul het nie eers gewag dat die betaling in hul rekening wys.
Hul stuur dit speed services sonder koste vir my. Ek is seker dit was maar net 'n hickup aan hulle kant.
Nou wag ek dat dit hier kom sodat ek toetse kan gaan doen, ek wil reeds Maandag of Dinsdag bietjie baan toe gaan en my 223 ladings finaliseer.
Dankie ook vir jou opvolg.
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
-
bullseye
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Deel nou met ons die prys van die kronograaf of is dit n geheim.
Bullseye.
Bullseye.
-
KC
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Ek het maar gebel. Dis onder korreksie van een van die ouens R5600 of R5800. Nie so duur nie ne. Weet ook nie watse geheimhouery die is nie
Edit: Iemand het terugebel en dis R5600 en daar is nog voorraad

- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
GSC gaan een van die verspreiders wees sien: http://www.gsgroup.co.za/steinert.html @ R3700bullseye wrote:Dit lyk baie belowend. http://www.steinertsensingsystems.com/p ... -standard/
Bullseye.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Johan Reyneke
- Hero Member

- Posts: 899
- Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Het vanoggend met die MagnetoSpeed baan toe gegaan.
Wat 'n plesier om nie met die driepoot, afstand tussen loop en chrony, ens ens te sukkel nie.
Uit 120 skote nie een error of missed lesing nie. In die begin net bietjie gesukkel om die strap om die kd te kry, want daar is addisionele rubber wat moet inkom, en dan die meting om die regte hoogte te kry.
Dit is ook sommer baie nice om dadelik jou maks, min, average, ES (of SD) op een slag te sien. Die ou chrony F1 met die printer aan moes maar elke keer wag dat string klaar is en dan druk om te sien wat aangaan.
Alle strings kan gesave word, en terug by die huis trek dit in excel in en jy het jou data van elke string. Net bietjie kophou gekos om strings met ladings te link, want ek het sommer met al 3 gewere gaan speel om te kyk.(Rontomtalie)
Die spoed wat gemeet word is effens vinniger as met die chrony, maar wat verstaAnbaar is aangesien chrony gewoonlik so 5 meter voor loop is, terwyl hierdie outjie nie eers 5cm van muzzle af nie nie.
Het nie getoets wat die POI verkil is nie aangesien ek net spoed wou meet, want nuwe komponente is gelaai agv te kort van Hornady.
Sal volgende keer met en dan sonder die magneto skiet om te sien of daar wesenlike verkil aan POI is.
Met eerste gebruik, glad nie spyt ek het die "gadget" gekoop nie.
Nogmaals baie dankie Fishers. Ek het ook 'n oproep gekry van Ferdi hulle om seker te maak dat ek wel my pakkie gekry.

- Bosmeerkat
- Jr. Member

- Posts: 86
- Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Wag hoeka vir myne vanaf Fishers. Lyk na goeie besluit.
-
belinda1966
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Sat Nov 30, 2013 11:53 am
Re: NUWE TEGNOLOGIE KRONOGRAAF
Die POI pla my nie ek wil net my spoed meet.