Jag en Geweer VEILIGHEID

Post Reply

Is dit nodig om 'n droeë skoot af te vuur as 'n geweer veilig gemaak word?

Poll ended at Tue Jul 23, 2013 9:29 am

Ja
10
26%
Nee
29
74%
 
Total votes: 39

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Carl »

Ek het die naweek hieroor gedink en begin vingers op die sleutelbord slaan. Na die tragedie wat die Van den Berg gesin getref het, het ek gedink dit sal goed wees as ons 'n handleiding kan vaspen vir jag geweer veiligheid. Hier is baie nuwe en onervare jagters wat hier aansluit, lees en onligting kry. Heelwat het nie wapen veiligheid geleef soos van ons in die SAW nie. Dit kan ook as riglyn dien vir plase of organisasies vir opleiding. Ek dink ons almal raak soms ook bietjie mak.
Ek sal dit waardeer indien julle positiewe bydraes kan by sit. Dan kan ons teen die einde die redigeer in 'n "sticky" Afrikaans en Brits. Hierdie een sal handel oor jag en geweer veiligheid uit 'n algemene jag aspek, ons kan ook gevaarlike wild, voëljag, skietbaan en selfverdediging doen.
Last edited by Carl on Tue Jul 16, 2013 9:29 am, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Carl »

Ek vergesel soms die manne in die veld op die plaas. 'n Man se kop dink gereeld wat maak die man hier agter jou en waar wys die loop. Sommige ouens boesem vrees in ander vertroue. As gasheer wil mens nie jou gaste soos troepe behandel en hulle heeltyd laat drils doen nie. Hierdie is my mening (Ek gebruik gewone slot aksies, las by vir die ander tipes as julle sulkes het?)

Definisie: Geweer 100% veilig, is as daar geen patrone in die kamer of magasyn is nie.
  • Hanteer alle wapens asof gelaai, tot die teendeel fisies bewys word. Ek glo nie aan die term "die duiwel laai 'n geweer nie!" 'n Wapen word deur 'n mens gelaai en nalatigheid maak dit onveilig.
    Wys te alle tye 'n geweer loop in 'n veilige rigting. Afwaarts grond toe of in die lug.
    Kamp of huis, selfs naby die plek maak ek wapen veilig en nou haal ek alle patrone uit die magasyn of die magasyn uit. Patrone word veilig bewaar, nie in die boonste sak gelos waar dit kan uitval in die vuur nie.
    'n Geweer in sy sak is 100% veilig.
    Op jagbakkie wat jou vervoer na die jag plek, maw daar word nie vanaf 'n voertuig gejag nie. Wapen 100% veilig. Wanner jagter afklim kan wapen gereed gemaak word vir jag.
    Loop en jag, met of sonder gids. Ek sit rondte in die kamer, maar maak nie die slot toe nie maw slot hefboom OP. Ek loop met my geweer loop af, so die slot val nie oop nie. Indien ek reg is om te skiet maak ek die slot toe. As ek weer verskuif van posisie is die slot op. As ek die gids is, dra ek 'n geweer, maar geen rondte in die kamer nie slegs in die magasyn.
    'n Dier word geskiet-val dadelik. Jagter beweeg voorentoe, gids of mede jagter agter. Rondte in die kamer slot op, reg vir opvolg. Indien die dier dood is, maak geweer veilig wys vir die ander persoon teenwoordig.
    'n Dier word geskiet en hardloop. Jagter en gids beweeg voorentoe. Rondte in die kamer slot op, reg vir opvolg. Indien die gids moet spoorsny, volg die jagter die gids, as die gewonde dier opgemerk word beweeg jagter voorentoe verby gids om te skiet. As daar nie 'n skoot moontlik was nie, slot op.
    Bakkie jag. Alle gewere 100% veilig tot die jag area bereik word. Wanneer voertuig stop, laai slegs die genomineerde skut. As die voertuig weer moet ry, slot op. Wanneer klaar gejag is alle wapens 100% veilig in geweersak of tas indien moontlik.
    Voorsit jag. Wapen 100% veilig tot skiet posisie ingeneem word. Wanneer voertuig jagter kom oplaai, wapen 100% veilig.
    Skiet in grond pad in die Bosveld, nie die lang plaas pad nie! Geen skote mag geskiet word in 'n pad af nie.
    Klim deur of oor drade en hekke. Gee verkieslik geweer aan ander persoon. Of plaas die geweer teen 'n stewige stut soos 'n boom mik of plat op die grond.
    'n Jagter mag nie skiet as die teiken nie 100% geidentifiseer is nie, maw, beweging of skaduwee in die bos, gedeelte van vel van dier. Hierdie geld ook vir gewonde diere opvolg.
Wat dink julle van?
Rondte in die kamer, geweer op veilig? Soos met die moderne Mausers en Blasers.
Rondte in die kamer maar slagpen ontspan?
Jagters wat 'n geweer deel. Moet die plaas eienaar/PH die letter van die Wet op Vuurwapen Beheer toepas? Die lisensie houer moet dus te alle tye toesig hou oor geweer. Moet plaas eienaar/PH vir 'n bewys van lisensies en bevoegtheid vra?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by PWV »

Carl
En geen skote oor horison nie!!!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Eugene »

Haal slot uit as wapen skoongemaak word en 'n pinkie in die loop om seker te maak dis veilig, vat minder as 'n leeftyd se verwyt...
Aim small, miss small
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Tarzan »

Nadat ek die geweer veilig gemaak het, vat altyd n droe skoot in grond weg van ander om seker te wees niks in loop nie. Ek trek die sneller asof ek verwag die skoot gaan afgaan.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by mariusr »

Glo nie droe skoot is nodig ek hou in elke geval nie daarvan kan die slagpen beskadig! Maak seker geen rondte in kamer indien in magasyn druk af met jou vinger en skuif slot bo oor patroon hou sneller in en maak slot toe! Dit moet nooit gedoen word met rondte in kamer! :confused: vermy liewers enige sneller af trek al is droog doen dit as die bok in die teleskoop is! ;)
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by alecjohnson »

Ek self doen my dinge baie soos Carl maar my kamer as ek nou 'n dier bekruip is die slot op eerste haak, dit lyk of die slot oop is maar dit kan nie die slot laat oopgaan nie, dit help ook want dan as ek die slagpen span is daar bykand geen geluid nie. Boonop haat ek 'n "safety" dit maak mense deurmekaar( weet nie hoe nie) en 'n vals versekering alle meganismes kan breek.

Hopu net dinge weg van die sneller en as jy nie vanplan is om 'n skoot te vuur nie, geen rondte in die kamer nie.
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Tarzan »

mariusr wrote:Glo nie droe skoot is nodig ek hou in elke geval nie daarvan kan die slagpen beskadig! Maak seker geen rondte in kamer indien in magasyn druk af met jou vinger en skuif slot bo oor patroon hou sneller in en maak slot toe! Dit moet nooit gedoen word met rondte in kamer! :confused: vermy liewers enige sneller af trek al is droog doen dit as die bok in die teleskoop is! ;)
Het weer die naweek n jagter gehad wat bevestig het geweer is veilig met slot wat oop was, ek het hom gevra om droe skoot in grond te skiet om seker te maak. Hy maak toe so aangesien dit my 8mm was. Skoot was toe nie droog nie! Ek sal maar by daai laaste gedeelte van seker maak bly. My oupa en pa het my so geleer en weermag het dit bevestig,. Ek skiet met my oupa-groot se 8mm en .22 en hulle het dit waarkynlik ook so gedoen en ek dink nie die slagpen was al ooit vervang nie en ek het ook nog nie n patroon gekry wat geweier het met die 8mm nie. .22 weier so nou en dan met remington koeltjies maar glo dis eerder die koeltjies as slagpen. Ek sal in elkgeval eerder die koste van die slagpen dra as om iemand raak geskiet te sien. Indien slot toegestoot word maar net halfpad af soos wat ek graag doen, gryp hy nie die dop nie. As jy die slot dan weer oopmaak kan die rondte nog in die kamer bly sit. Los hom dan so "veilig" in die sak en die duiwel het hom gelaai. Sal graag wil hoor wie het hulle slagpenne al so beskadig. Dit gee my net gemoedsrus as ek sien die persoon vuur n droe skoot in die grond in en ek hoor die die klik van n droe skoot.

Groete
Danie
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by mariusr »

Ek sal daai ou dadelik weg jaag van die plaas of skiet baan want dis net nalatig wees! Sal hy vergeet om sy agterent af te vee! So persoon behoort nie wapens te hanteer nie! Wapens veilig slot oop en kyk self maar glo nog steeds nie in die dry fire nie die koel kan maklik opbreek en iemand tref as na grond geskiet word bv! Weet van twee gevalle waar slagpenne gebreek het in rewolwer en haelgeweer waar ouens gedry fire het sonder snap caps stem saam dat in slot aksie gewere seker nie sommer sal gebeur!
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Tarzan »

Maklik om te se dadelik weg jaag, maar foute word gemaak, ek het ook al en dis hoekom ek dubbel seker maak. Ons moet mekaar kan help kyk. Ek is seker dat ouens wat te seker raak van hulle eie vaardigheid die grootste kans staan om so n fout te maak. Hy sal mos later onthou om die rondte uit te haal, ek weet mos wat ek doen. Ek kry soms jagters wat my vra of my geweer veilig is, en dan moet ek my ego ook maar sluk en hom wys! Geen moeite of geld moet ontsien word vir veiligheid nie. Die droe skoot is net die laaste bevestiging dat wapen veilig is en is ook n visuele en hoorbare gebaar vir die ander geselskap. Dit moet egter nie die metode van veiligmaak wees nie, maar die bevestiging.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Carl »

Dankie sover. Tarzan ek stem droee skoot was in die army gedoen, maar ek dink 'n mens moet bysit waar so skoot afgevuur word. Manne doen dit soms uit gewoonte, mik af en trek - as die kamer warm was en die loop wys dalk na 'n klip of so kan dit ernstige gevolge hê. Miskien 'n sandpit of so ding waar manne kan veilig maak.

Ek het nou die gewoonte, slot effe voorentoe, so dit kan nie meer rondte optel nie, pinkie in kamer of as die lig reg is bevestig kamer is leeg en ontspan dan die slagpen soos ek die slot toemaak.

Ek sal nooit vergeet 'n man in ons kompanie het sy R4 binne die Ratel veilig gemaak. Die koeel is na 'n paar ricochet bo by die toring uit. Hy en die Kpl het 'n hele rukkie alleen tyd gehad daai aand.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by mariusr »

Daar is net drie faktore wat bydra tot enige skiet ongeluk! Onkunde, onoselgeit en nalatigheid!!! Enige een van die drie moet vermy word ten alle kostes! Dit was in my weermag dae en ons sit in die klas en die korporaal gee lesing oor die 50 browning hy haal die sluitstuk uit en wys ons hoe hak die klou die patroon met lewendige rondte weet toe nie mooi wat doen die ou toe want ons slaap so bietjie in die klas maar hy span die slot bo en release toe weer en daar gaan die skoot af met die slot in sy hand ons almal skrik ons gatte af en duik onder die tafels in gelukkig het hy die slot na die hoek gewys moes hele paar steke kry vir sy hand en gat in die muur! Ander geval weer maak ou sy R1 skoon en die lappie sit vas in die loop en hoe meer hy probeer hoe stywer sit die 2x4 vas hy besluit om die lappie uit te skiet met 'n blank!! Hy is toe DB toe maar moes eers draai by die hospitaal maak ons het daai R1 se loop so 100meter ver op getel!!
Tarzan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Mon Nov 19, 2012 10:23 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Tarzan »

mariusr wrote:Daar is net drie faktore wat bydra tot enige skiet ongeluk! Onkunde, onoselgeit en nalatigheid!!! Enige een van die drie moet vermy word ten alle kostes! el!!
Marius, ek was al all the above! Ek was nie sonder enige een van hierdie gebore nie! Dit gaan al beter maar ek gaan nie n claim maak dat ek vry van hierdie goed is nie, jy kan maar! Dis juis hoekom ek die droe skoot vuur. Natuurlik soos ek in my vorige post gese het vuur ek die droe skoot asof dit lewendig is, en dan sal ek mos seker maak daar word nie in n klip of iets wat kan rocochet vas geskiet nie, dis in elk geval beter as wat die skoot op n ander onbeplande plek afgaan. Ek sal verantwoordelikheid vat vir my eie veiligheid, maar n droe skoot laat my gerus voel oor die status van jou geweer. Jy weet waar jy op die skaal staan in terme van die 3 goed wat jy genoem het en seker ook ten opsigte van die maats waarmee jy gereeld jag, maar ek jag gereeld met "ouens met gewere", geen idee hoe lank hy die geweer het of hoeveel blootstelling aan jag hy het nie, of hy agterlosig is of onkundig is nie. Ek wil nie hierdie goed van hom uitvind op n tragiese manier nie. Ek vind dit eerder met n beplande droe skoot wat afgaan uit. Ervaring is ook geen waarborg nie, onervare jagters sal jou nog die status van sy geweer wys maar ervare manne voel in die gesig gevat.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Carl »

Net die bal manne, net die bal.;) Ek sit 'n stem brief op. "let the tribe speak"
Last edited by Carl on Tue Jul 16, 2013 9:29 am, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Eugene »

Carl wrote:Net die bal manne, net die bal.;)
Ek dink by geweerveiligheid, sowel as die bespreking daarvan, moet ego en trots geen rol speel nie! ALMAL het of kon al foute gemaak het...

Oorgerustheid en selfvertroue kan ook tot foute lei.
Aim small, miss small
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Jean Marais »

Droë skote in die weermag was die enigste manier om die hamer te ontspan, aangesien dit outomatiese gewere was. Ek hou ook nie van 'n droë skoot met my gweer nie. Carl se veiligheidsreels is maar soos ek ook maak. Ek glo ook nie aan 'n gelaaide geweer in die veld met die veiligheidsknip aan nie, mens weet nooit wanneer 'n doringtakkie, of die oorswaai van een skouer na 'n ander die knippie erens haak, en dan van veiligheid afhaal nie. Dis moeilikheid soek. In die veld sit ek 'n patroon in die loop, en ontspan die slot. Wanneer ek wil skiet, word die slot gespan, en dan volg die skoot. As die skoot om een of ander rede nie gevuur kan word nie, word die slot dadelik weer ontspan. Wanneer ek deur drade moet kruip, word die patroon eers uit die loop verwyder en die wapen 100% veilig gemaak voor ek deurkruip. Aan die anderkant van die draad sal ek die patroon weer in die loop laai, en die slot ontspan. Terug in die kamp of op voertuig word die wapen 100% veilig gemaak met geen rondtes in die magasyn of loop.

Dis 'n goeie onderwerp die. Na 'n skietongeluk, is jammer sê ongelukkig nie goed genoeg nie. Dit KAN voorkom word.

Groete
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Dawie »

As ek met my bakkie ry sit ek die geweer in sy sak met sy loop na onder, met patrone in die magesyn, nadat ek pinkie in die kamer gehad het en droë skoot in veilige rigting afgetrek het.

Jy haal hom vinniger uit 'n half oopgezipte sak as jy bv. 'n hond of bobbejaan langs die pad moet skiet. So skiet jy ook nie mense agter op die bakkie dood nie en jou geweer word nie beskadig nie. Ry al meer as 20jaar so.

As mense by my jag word pinkie in kamer gesit droë skoot in veilige rigting afgetrek, en daar word gesê dat almal dit kan hoor "wapen veilig"...almal moet dit doen, voor op die bakkie klim of gestap word in die veld. Ek verloor eerder al my gewere se slagpenne (wat in elkgeval nie sal gebeur nie) as wat daar 'n ongeluk gebeur. Verder by bekruip is my gedagte dieselfde as ander skrywers hier.

Dis wel sleg vir 'n .22LR om droog gevuur te word.

As iemand nie bereid is om dit so by my te doen nie, kan hy sy kitt pak en toer.

Daar word nie met 'n wapen op safe rondgeloop nie.

Oor rondte in kamer slot toe en slagpen ontspan....het ek ook al my les geleer en amper eendag so my Oom dood geskiet toe die geweer afgegaan het nadat ek dit laat val het. So dis ook uit!!!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by mariusr »

Manne moet asb! Nie verskonings soek nie wat soek lewende rondte
in kamer ! Om wapen droog te vuur is nie die oplosing nie
! My motor het nie olie in to seize die enjin ! My kar se battery het geen water in gehad hy wou nie vat nie ! Asb!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by mariusr »

Jammer weer eens!!
Last edited by mariusr on Tue Jul 16, 2013 4:16 pm, edited 1 time in total.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Carl »

Dankie Marius ons het hom. Ek gaan nie vandag al 'n wenner aankondig nie ;)

Dankie manne vir die bydraes, dit word waardeer. Sal al die ideas bymekaar gooi en dan kan ons 'n riglyn opsit.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Brakenjan
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Wed Apr 03, 2013 2:07 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Brakenjan »

dagse manne

my opinie is maar net dat die wapen altyd hanteer moet word asof daar n rondte in die kamer is. daardie droe skoot is vir my meer gerusstellend as net die mondelingse bevestiging van n medejagter. geniet die dag almal.
groetnis
Mauser_Werke
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Thu Aug 08, 2013 11:18 pm

Re: Jag en Geweer VEILIGHEID

Post by Mauser_Werke »

van Punt A na Punt B ry ek nooit met my slot in die geweer nie en sit hom in die geweer sak sonder n slot.
Post Reply