7mm manne?
-
jmb
7mm manne?
Hi ouens ek wil net weet of daar nog 7mm manne daar buite is? Ek het 'n bietjie van 'n swakheid vir hierdie kaliber het 'n Steyr 7mm Rem Mag en het nou net vir my 'n Sendero 7mm STW gekoop.
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: 7mm manne?
JMB
Ek het 'n groot groot swakheid vir die 7mm kaliber, skiet 'n 7mm Rem Mag (Sendero) reeds vir 14 jaar, al op sy 2de loop. Ek skiet ook 'n .284 Win, skyskiet geweer, asook 'n 7mm Tombe merk 1 (Chris van Niekerk "wildcat"). So ja, ek is waarskynlik bietjie verslaaf aan die 7mm kaliber, maar ons het mos maar almal ons "verslawinkies"
Groete
Dawie

Dawie klink vir my ons het beslis iets in gemeen. Hoe vind jy die Tombi en waar voor gebruik jy hom?
- Boesman
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm
Re: 7mm manne?
Tel die 7x64 Brenneke ook hier?
-
jmb
Re: 7mm manne?
ja en 270s ook want dit is eintlik die naaste aan 7mm kaliber wat jy kan kry. ek wonder of hier iemand is wat 'n 7mmRUM het?
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: 7mm manne?
Hallo maats
7x64 Tikka Hunter Deluxe
Skitterende geweer met een van die mooiste okkerneutkolwe wat ek in my lewe gesien het. En dis MYNE!!
7mm Groete
Stefan

.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
jmb
Re: 7mm manne?
Stefan dit klink my jy voel ook soos ek oor gewere. Die goed is vir my te mooi. 'n Mooi kolf is darem net iets besonders. Ek het stainless gewere met sintetiese kolwe en ek weet uit 'n praktiese oogpunt is hulle seker die beste veral vir ons Kapenaars wat in die Noorde en Namibia jag. Tog is 'n mooi blue loop en 'n besonderse okkerneut kolf darem net soveel mooier. My Steyr Mannlicher is 'n Luxus. Ek skat hy dateer hier uit die 70s. Die "hammerforge" loop met die okkerneut hout is net so mooi. Ek moet ook erken dat ek die STW oor heel die verkeerde redes gekoop het. Ek het by Safari 'n OAL gauge gekoop. Dit gebruik doppe wat agter draad gesny is as deel van die instrument. So jy koop so 'n dop vir elke kaliber wat jy het. Ek koop toe ook een vir my Rem Mag maar toe ek by die huis kom en dit uit die pakkie haal toe is dit 'n STW dop. Toe gaan lees ek op oor die kaliber en soos die duiwel dit wou he word daar 'n STW geadverteer naby my. toe sien ek dit maar as 'n teken en koop die geweer. Dit is 'n Sendero me 'n fluted loop en 'n silencer. kan nie wag om die ding in my hande te he nie.
-
jmb
Re: 7mm manne?
Sommer net iets anders oor 'n 7 by 64. Ek behoort aan Round Table en ons hou elke jaar 'n jag vir oorsese tafelaars om geld in te samel. vanjaar was daar vier Belge wat kom jag het. Ons het hul eers bredasdorp toe geneem vir 2 dae vir 'n Tarentaal jag. toe is ons met hulle Victoria Wes toe. Die een ou het 'n Blaser 7 by 64 gehad met 'n ongelooflike Zeiss scope met ingeboude rangefinder. Die geweer se aksie is baie eienaardig. Die slot beweeg net vorentoe en agtertoe. Voel snaaks om nie die grendel af te druk nie. Ek was egter ongelooflik beindruk met hoe daardie 7mm die bokke laat val het met gewone PMP ammo. Die ou is 'n goeie skut maar die is darem mooi om 'n gemsbok wat so liggies draf in sy spore te sien neerslaan in 'n wolk stof met 'n nekskoot van daai 7mm.
-
Christ2
Re: 7mm manne?
Het ook een. Werksgeweer, maar die bokke val lekker.Boesman wrote: Tel die 7x64 Brenneke ook hier?
- Boesman
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm
Re: 7mm manne?
Christo
Ek kon aan jou oop gesig sien dat jy ook een het.
Wat is jou gunsteling gewig koeel?
En joune Stefan?
Ek kon aan jou oop gesig sien dat jy ook een het.
Wat is jou gunsteling gewig koeel?
En joune Stefan?
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: 7mm manne?
Boesman
Ek laai en ek het bitter baie klein/medium wild met Highland 145gr punte platgetrek. Herwinde punte het enige iets van 83% tot 94% geweeg. Het toe later met 150gr PMP begin laai en ook groot sukses behaal.
Nou laai ek 139gr Hornady punte en hulle lyk of hulle mooi group (50.2gr S365) op 100m. Sal graag wil sien wat maak hulle Aprilmaand ini Kalahari opi Springbokke. Oorweeg ook om 110gr Impalas te toets, maar is nog bietjie skrikkerig vir hulle.
Moet ook noem dat ek Eland loop skiet het einde 2009 (kyk Trofeekamer, foto is daar) en ek moes groot stoters kry vir eland bul. Koop toe 2x pakke S&B 173gr "factory ammo" en ek sal vir jou se, van die wonderlikste ammunisie wat ek nog mee geskiet het. Nou Juliemaand n Blouwildebees bul met die laaste van daai patrone geskiet en op 110m het daai 173gr regdeur die voorbeen, deur die long en anderkant uitbeweeg! Bees het 40m gehol toe slat hy neer.
Nee wat eks baie tevrede met my "ALL Rounder", sal nog n laaaang pad saam met hom stap.
Waarmee skiet jy die meeste Boesman?
7x64 Groete
Stefan
Ek laai en ek het bitter baie klein/medium wild met Highland 145gr punte platgetrek. Herwinde punte het enige iets van 83% tot 94% geweeg. Het toe later met 150gr PMP begin laai en ook groot sukses behaal.
Nou laai ek 139gr Hornady punte en hulle lyk of hulle mooi group (50.2gr S365) op 100m. Sal graag wil sien wat maak hulle Aprilmaand ini Kalahari opi Springbokke. Oorweeg ook om 110gr Impalas te toets, maar is nog bietjie skrikkerig vir hulle.
Moet ook noem dat ek Eland loop skiet het einde 2009 (kyk Trofeekamer, foto is daar) en ek moes groot stoters kry vir eland bul. Koop toe 2x pakke S&B 173gr "factory ammo" en ek sal vir jou se, van die wonderlikste ammunisie wat ek nog mee geskiet het. Nou Juliemaand n Blouwildebees bul met die laaste van daai patrone geskiet en op 110m het daai 173gr regdeur die voorbeen, deur die long en anderkant uitbeweeg! Bees het 40m gehol toe slat hy neer.
Nee wat eks baie tevrede met my "ALL Rounder", sal nog n laaaang pad saam met hom stap.
Waarmee skiet jy die meeste Boesman?
7x64 Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: 7mm manne?
Stefan
7x64 saam met sy boetie, die .280 Remington is seker die mees onderskatte kalibers kommersieel beskikbaar. Ek dink wat "all rounders" aanbetref kan jy hulle kwalik oortref, daar is ander, soos .308 wat naby kom, maar jou 7mm het meer opsies aan die ligter kant van die skaal, met baie effektiewe opsies aan die swaar kant (160 tot 180gr).
Geniet hom.

Biltongjagter
Re: 7mm manne?
Vraag vir die manne met die haastige 7mm Rem Mag gewere -
Skiet julle gewere die wild baie flenters - baie vleisskade?
Watter tipe koe?ls veroorsaak die baie vleisskade?
Het self Sako 7mm Rem Mag.
Skiet julle gewere die wild baie flenters - baie vleisskade?
Watter tipe koe?ls veroorsaak die baie vleisskade?
Het self Sako 7mm Rem Mag.
-
jmb
Re: 7mm manne?
Haai Biltong. Ek het nog nie baie met my 7mm RM gejag nie en nog glad nie met my STW nie. Ek het die gewere gekry vir langer afstande. Ek jag elke jaar in die suide van Namibia en die skote daar is meestal maar lank 250m plus. Ek beoog in elk geval maar om vir jag 'n goeie premie punt te gebruik om vleis skade te verminder.. Ek gebruik tans 140gr Accubonds in die RM en kry goeie resultate. Gaan ook kyk na monolitiese punte.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 7mm manne?
Hallo manne
Ek het self n paar 7mm's. Ek het n 7x57 Ackley en 7mm Rem Mag. Ek is baie in my noppies met altwee die kalibers. Ek skiet net premuim punte uit die Rem Mag uit en as jy na alles kyk kom daardie kaliber tot sy reg met die swaarder punte(160gr en op). Met konfensionele punte kan hy maar lekker vleisskade gee. Die 7x57 is n Ruger no1 RSI International met 20 duim loop, n lekkerder bosgeweer en kaliber kmbinasie kry jy net nie. Ek verstaan ook nie aldag hoekom nie meer mense na hulle kyk nie. Die 7x64 en 280 is ongelooflike geballenseerde kalibers en doen baie goed in VSA en verdien om beter hier te doen. Met daai STW skiet n mens darem bitter plat, pas maar net daai loop mooi op!
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
jmb
Re: 7mm manne?
Ek is van plan om die STW net vir die nodigste te gebruik. Veral op bobbejane. My plaas le teen die berg en die goed doen baie skade. jy moet egter meer as 500m van die berg af weg beweeg om ordentlike sig te kry weens die skuinste so ek gaan hom hiervoor inspan.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 7mm manne?
Jmb
In daai geval gaan iets soos Hornady 162gr A Max SST en Sierra 160-168 baie mooi werk. Wat se teleskoop het jy aan gedink en is die geweer nuut?
Wouter
In daai geval gaan iets soos Hornady 162gr A Max SST en Sierra 160-168 baie mooi werk. Wat se teleskoop het jy aan gedink en is die geweer nuut?
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Biltongjagter
Re: 7mm manne?
Het tot so ongeveer 6 jaar gelede geweldige vleisskade gehad op wild gejag met my 7mm Rem Mag, selfs met redelike swaar koe?ls ook.
Oorgeskakel na 130gr monolitiese koe?ls van puik gehalte en di? probleem is iets van die verlede.
Wil binnekort 116gr monolitiese jagkoe?ls met BC van .468 teen trompsnelheid van ? 3600vps in die Sako 7m Rem Mag begin gebruik - trajek sal baie plat wees en die koe?l se vermo? is steeds geskik vir enige van ons vlaktewild soorte, klein tot groot oor kort tot langer jag afstande.
Enigiemand dit al probeer?

Wouter die is 'n Remington Sendero met 'n silencer en 'n Leopoldt LRT. Die geweer is feitlik nuut met minder as 50 skote deur en in soos nuwe toestand.
-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: 7mm manne?
Biltongjagter
Ek bly in die Suide van Namibia, en jag hier van dag een af. Ek skiet vir die laaste 8-9 jaar slegs "match" punte, en slegs Sierra en Berger se punte, in die Rem Mag is dit die 168gr punte, niks anders nie. Vroe?r in my skiet lewe het ek al die ander vreeslike fancy jag punte probeer, insluitende Barnes.
Wel, ek sou s? hier in ons w?reld moet 'n punt sy ding kan doen op 'n Gemsbok wat op die tipiese afstande staan wat jy kry in die Suide. Ek kan net s? dat ek hoegenaamd geen ander tipe punt ooit weer sal probeer nie, vir my is dit "match" punte, op enige afstand, enige wild, wat werk. Vir 'n ander ou werk iets anders weer beter, maar hulle het my nog nooit in die steek gelaat nie, terwyl sogenaamde jagpunte dit 'n paar keer gedoen het.

Dawie, ek weet nou nie wat is hierdie tipiese afstande waarna jy hier verwys nie, (Wel, ek sou s? hier in ons w?reld moet 'n punt sy ding kan doen op 'n Gemsbok wat op die tipiese afstande staan wat jy kry in die Suide),
maar as jou punte die ding doen, dan doen so voort.
Die GS Custom monolitiese koe?ls waarna ek verwys, is egter 'n perd van heel 'n ander kleur en sal geen jagter ooit teleurstel binne die normale (en selfs effe verder) jag afstande en ander tipiese aanwendingstoestande vir die koe?l nie.
Soos ek reeds ges? het, het verskeie loodkern/kopermantel koe?ls wat ek ooit gebruik het in die 7mm Rem Mag, nie een kon doen wat die GSC's kon doen nie.
Ek het nou wel nooit 'match' tipes gebruik nie, maar GSC se jagkoe?ls loop kringe om enige loodkern koe?l en so ook om meeste ander monolitiese koe?ls.
Maar soos jy hier s?, Ek kan net s? dat ek hoegenaamd geen ander tipe punt ooit weer sal probeer nie, is dit logies dat jy nooit sal weet wat ander produkte kan doen nie.
Nogtans dink ek jagters het baie voordeel te trek uit die gebruik van premium gehalte monolitiese koe?ls - die bereidwilligheid om nuwe konsepte (reeds oor-en-oor deur ander suksesvol bewys) te beproef, moet net daar wees.
Groete,
Koos.

Jhm
Baie geluk met jou kopie! Ek glo hy gaan vir jou bitter baie plesier verskaf. Gaan jy vir hom laai, het jy al punte in gedagte? Het jy n bergingspermit gekry?
Groete
Wouter
Baie geluk met jou kopie! Ek glo hy gaan vir jou bitter baie plesier verskaf. Gaan jy vir hom laai, het jy al punte in gedagte? Het jy n bergingspermit gekry?
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: 7mm manne?
Ek laai vir jag 150gr Barnes X'e
Vir plesier/pret op die skietbaan 150gr. NosBalTips. Hulle skiet amper dieselfde POI as die X'e.
Ek gaan hom eendag oorbou/evolve of iets. Dink dit is een van die lekkerste kalibers oppie mark. ( in elk geval tot mt .50 Barret gekom het ) Ek soek hom skiet daai half duim op 200.
7mm, snaaks hoe alle ander kalibers om hom geplaas is.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
jmb
Re: 7mm manne?
Hi Wouter. ja ek gaan bergingspermit kry. Kanaliseer op die oomblik fondse om te verseker dat "die regering" darem nie presies weet wat ek betaal het nie. Ek laai al my patrone self. Laai 9mm , 243 , 7mm Rem Mag, 308, 30 06 en 375. Ek dink dit is seker wat vir my die lekkerste deel van skiet is. Daar is darem niks wat kom by 'n mooi geweer wat lekker akkuraat skiet met jou eie patrone nie.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 7mm manne?
JMP
Dit is net jammer dat ons poeiers nie regtig die 7mm STW na sy volle reg laat kom nie, daar le nog maklik 150ft/sek in daai ou grote se lyf met die regte poeier. Probeer maar B12.7 as jy jou geweer kry en swaar punte. Met S385 is daar maar n verskil van 40ft/sek tussen hom en die Rem Mag en die STW se maksimum druk is amper 4000psi hoer! Wat is die geweer se looplengte?
Christo, ek skiet self 150gr Barnes X'e so teen 3000ft/sek met baie goeie akuraatheid en jagresultate. Ek het destyds n toilet vol 150 en 175 greiners by PMP gekoop vir n appel en n ui. Die 175 doen diens in die 7x57 Ackley ook met uitstekende resultate. Dit is darem wragtig lekker kalibers.