Page 1 of 1
Rooiligte of nie
Posted: Thu Jun 27, 2013 3:43 pm
by Karooklong
Manne help bietjie - van die gesoute manne hier in ons distrik gebruik rooiligte om die jakkals te volg as hy in kom en skiet hom dan met 'n witlig. Albei sy ligte het dimmers op.
Hoe belangrik is die rooi lig, ek sien ook party manne op die forum praat van groenligte.
Kan die manne met ervaring bietjie met ons deel. Ek begin nou en wil nie onnodig ligte koop of goed verskrik en wegjaag of natuurlik verhoed dat hulle inkom agv of die aanwesigheid van 'n lig.
Re: Rooiligte of nie
Posted: Thu Jun 27, 2013 10:01 pm
by stan man
elkeen het sy eie opinie oor ligte. ekself het n rooi lens maar gebruik hom omtrent nooit.vir my werk n wit lig met n dimmer die lekkerste.
my probleem met n lens is dat ek nie oogkleur kan onderskei nie ,en dan kan ek dalk n duikertjie aansien vir n jakkals. die wit lig skyn vir my net verder en ek kan beter besluite maak as ek kan sien wat aangaan veral op langer afstande.
Re: Rooiligte of nie
Posted: Fri Jun 28, 2013 8:07 am
by Jaktrap
Dit gaan n persoonlike keuse ding wees en dit gaan ook afhang van persoon tot persoon se oog se vermoe.
Die wit lig met dimmer behoort vir jou beste afstand te gee vir identifikasie maar dit gaan ook afhang met
watter studente jy besig is. Ek het n nagjag DVD van VSA Coyote jag waar die man 5 Lightforce ligte op sy kamera
het en die honde en katte kom nogsteeds in.( weet nie watter dimmer gebruik hy om daai spul ligte in toom te hou nie). Met dit gese het ek nou vir my n rooi lig gekoop omdat dit glo nie n mens se nagvisie soveel affekteer nie.
Ek sal hom maar saam met n paar ou hande toets en laat weet wat ons kan sien en wat nie.
Lekker dag.
Re: Rooiligte of nie
Posted: Fri Jun 28, 2013 1:12 pm
by Cobus(Cobb)
Kyk gisteraand weer Hein se DVD....iewers bespreek hy ligte en daar noem hy wel die rooi lens maar sĂȘ dan ook dat hy die dimmer gebruik I.P.V. die rooi lens....ek dink die rooi lens is dalk 'n goeie tool om te vat as jy agter 'n proffessor slim jak aan is en die hele "roetine " van lig en roep wil verander....
Ek glo egter die dimmer het gekom in die plek van die rooi lens
Cheers
Re: Rooiligte of nie
Posted: Fri Jun 28, 2013 4:28 pm
by tafjak
Cobus
Jy slaan die spyker nerens mis met hierie een nie!
Mooiloop
Re: Rooiligte of nie
Posted: Fri Jun 28, 2013 6:08 pm
by Karooklong
Dankie manne - ek sien die grootkanonne het geantwoord. Dit gee my baie meer duidelikheid.
Re: Rooiligte of nie
Posted: Fri Jun 28, 2013 7:23 pm
by wlm
Alle ligte wat 'n jakkals ken is wit----- maan, sterre,bakkie. Hy ken nie rooi nie en alles wat vir hom onbekend is beteken GEVAAR!
Re: Rooiligte of nie
Posted: Fri Jun 28, 2013 7:44 pm
by Cobus(Cobb)
wlm wrote:Alle ligte wat 'n jakkals ken is wit----- maan, sterre,bakkie. Hy ken nie rooi nie en alles wat vir hom onbekend is beteken GEVAAR!
....of iets nuuskierig waarna hy MOET gaan kyk....
Re: Rooiligte of nie
Posted: Fri Jun 28, 2013 7:58 pm
by wlm
Cobus
My jakkalse se ouers slaan kleintyd al die nuuskierig uit hulle uit.

Re: Rooiligte of nie
Posted: Fri Jun 28, 2013 9:51 pm
by Cobus(Cobb)
Taffie het my die volgende geleer...
'n Jakkals se daaglise oorlewing,.... is die toepassing van sy eie bekende roetine in sy eie area....enige iets buiten sy roetine waak hy teen...MAAR.... dis die selfde bekende roetine wat sy dood beteken as jy dit teen hom, korrek kan gebruik.
Cheers