Goeiemore almal.
Nou hier volg `n dom vraag vir al die hondmanne, wat ek na baie "gegoogle" nog sukkel om uit te klaar.
Ek verstaan die verskil tussen die twee tipes, en lei af dat die Parsons gewoonlik bietjie groter en hoër op die been is. Maar van die hondjies wat ek hier op die forum gesien het (soos Foxcreek se mooi honde) is klaarblyklik "gewone" JRs, en ook redelik hoog. Die honde wat ek ken as Jack Russels is gewoonlik kortbeen hondjies, so vandaar my verwarring.
Ek is op soek na `n Jack Russell, een met `n "broken coat" en hoog op die been (dis hoe ek by die Parsons uitgekom het). Sal `n veldhondjie wees, wat ek mettertyd wil leer om bloedspoor te vat/gekweste wild te soek. Dalk hier en daar met jakkals ook help (nie rerig in gate in nie).
Ek sien KUSA erken altwee. So is daar oorvleuling tussen die twee?
My post is half deurmekaar, maar ek sal dit waardeer indien iemand my in die regte rigting kan wys.
O ja, ek het tans `n Irish Terrier (en het vantevore Giant Schnauzer gehad), so ek verstaan hulle nukke. Maar my IT is nou al `n ou man, stokdoof, so ek begin kyk na `n nuwe brakkie.
Dankie.
Schalk
Jack Russell vs Parson Jack Russell
-
Schalk75
- Full Member

- Posts: 214
- Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am
-
bullseye
Re: Jack Russell vs Parson Jack Russell
More Blackplastic jy kan vir Giep van Tonder by Marquard skakel hy is een van die voorste telers in die land hy teel die langbeen Jack Russels.
Sy nommer is 0843027883 of 0519910327
groete
Bullseye.
Sy nommer is 0843027883 of 0519910327
groete
Bullseye.
-
Schalk75
- Full Member

- Posts: 214
- Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am
Re: Jack Russell vs Parson Jack Russell
Dankie Bullseye.
Het na sy honde op sy website gaan kyk. Lyk na waarna ek soek.
Groete.
Het na sy honde op sy website gaan kyk. Lyk na waarna ek soek.
Groete.