Geweer aksies

Post Reply
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Geweer aksies

Post by rudib »

Is daar iemend wat Stiller of Remington aksies invoer? Daar is n groot tekort aan goeie aksies.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Geweer aksies

Post by Arnold »

Probeer Armtec vir n Barnard met Rem700 footprint. Hulle was R16500 twee weke terug vir die aksie alleen.

My slotsom was dat om n Remington geweer te koop goedkoper was as om n Remington aksie in te voer.
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Geweer aksies

Post by rudib »

Ek hoor jou Arnold. Begin sterk dink daaraan.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Geweer aksies

Post by Arnold »

Dit is nie n lekker situasie nie ....
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Geweer aksies

Post by rudib »

jy weet presies.....
Zack Benade

Re: Geweer aksies

Post by Zack Benade »

Arnold
My slotsom was dat om n Remington geweer te koop goedkoper was as om n Remington aksie in te voer.
Stem saam met jou.

Die geweer, jag wereld is maar 'n deurmekaar spul in Suid Afrika.
Iemand het iemand aan die B*l's beet. (dis nie net Adriaan stauss nie) ++>: ++>:

Ek wonder wat ons sal doen as jy 'n nuwe motor moet koop as jy net die engine wil gebruik????? :o :o
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Geweer aksies

Post by rudib »

;D ;D
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Geweer aksies

Post by Riaan Beeslaar »

Die geweer, jag wereld is maar 'n deurmekaar spul in Suid Afrika.
Iemand het iemand aan die B*l's beet. (dis nie net Adriaan stauss nie) ++>: ++>:

Miskien moet ons ook so de-m@er in word soos Adriaan Straus, dalk help dit ++>: ++>: ++>:
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Geweer aksies

Post by Eugene »

Riaan Beeslaar wrote:Die geweer, jag wereld is maar 'n deurmekaar spul in Suid Afrika.
Iemand het iemand aan die B*l's beet. (dis nie net Adriaan stauss nie) ++>: ++>:

Miskien moet ons ook so de-m@er in word soos Adriaan Straus, dalk help dit ++>: ++>: ++>:
Miskien moet 'n organisasie soos SA JAgters hulle eie invoermaatskappy stig en begin om hulle lede te voorsien van bekostigbare toerusting. Dink net hoe gaan daai 32000 (askies, 31999 + Kopskoot ;) ) lede vermeerder, as jou lidmaatskap jou toegang gee tot goedkoper toerusting deur die middelmanne uit te sny...
Aim small, miss small
Zack Benade

Re: Geweer aksies

Post by Zack Benade »

Eugene
Dit wat jy sê maak sin en dit kan verseker prakties wees tot voordeel van die jagter en die organisasie.

Wat ek nie kan begryp nie. Sekere verskaffers voer gewere in as "barrel actions" en sit later die kolf vas., Dit kos hulle heelwat goedkoper. Maar as jan publiek 'n aksie soek word hy basies gedwing om die hele geweer te koop. Dit klop nie vir my nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Geweer aksies

Post by Arnold »

Onthou ook dat meeste custom aksie vervaardigers in Amerika reeds op backorder is en hulle gaan eers hulle plaaslike mark voorsien.
In baie gevalle is dit nie dat die winkels nie die aksies wil invoer nie maar eenvoudig dat hulle nie aksies kan kry nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Geweer aksies

Post by Eugene »

Zack Benade wrote:Eugene
Dit wat jy sê maak sin en dit kan verseker prakties wees tot voordeel van die jagter en die organisasie.

Wat ek nie kan begryp nie. Sekere verskaffers voer gewere in as "barrel actions" en sit later die kolf vas., Dit kos hulle heelwat goedkoper. Maar as jan publiek 'n aksie soek word hy basies gedwing om die hele geweer te koop. Dit klop nie vir my nie.
Zack, $$$$$$$ is waaroor dit gewoonlik gaan...

Hoekom kos 'n teleskoop wat ek self invoer, my 50% goedkoper (na shipping en import duty!) as wat ek dit by 'n plaaslike agent kan koop? Hulle koop tog in grootmaat en kry beter pryse en die shipping word tog verdeel tussen 'n klomp artikels?

Almal moet geld maak en almal het overheads, maar 'n 100% markup?

Nee wat, ek sal nie weer verneuk word nie, dan koop ek eerder dit wat ek kan self oorsee en voer dit in...
Aim small, miss small
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Geweer aksies

Post by tafjak »

Kry iemand wat die goed teen bekostigebare (lees RSA) pryse kan maak! daar is manne wat dit kan doen - nou die dag so proeflopie gedoen - kan nie so duur wees nie.

Dink tog dat so rondom R6k die goed gemaak kan word

Mooiloop
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Geweer aksies

Post by ZKK »

Is daar enige ander aksies behalwe Barnard aksies huidiglik in RSA beskikbaar?
(die Barnard is nie vir my n mooi aksie nie, net my persoonlike smaak)
As enigiemand weet wie aksies invoer en pryse sal ek baie waardeer as hulle dit hier kan post.

Miskien kan iemand vir my n aanbeveling maak.
Watse aksie sal n lekker duel enkelskoot jag/skyfskiet aksie maak (verkieslik enkelskoot).

Jammer as ek die post so rapsie hi-jack
Groete
ZKK
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Geweer aksies

Post by tripodmvr »

Hoekom kontak julle nie Ralph Badenhorst - hulle maak hul eie valblokaksie en het CNC masjiene.
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: Geweer aksies

Post by ANDRIES »

Ek probeer al seker 5 jaar lank op magnumaksies can CZ af te kry.Volgens hulle is die aanvraag vir gewere te groot om los aksies te verkoop.
Post Reply