Mastitus

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
slang
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:11 pm

Mastitus

Post by slang »

Naand manne

Ek sukkel my mal met mastitus onder my melkbokke, het al als gespuit en getry maar kry die nie reg nie. Die een bok het nog nie eens gelam nie en daar verhard al reeds n gedeelte van haar uier.

Het iemand vir my raad?
Weet iemand hoe werk dit om melk/bloed te laat ontleed en dan n spesifieke mastitus entstof vir my probleem te laat maak? En wat dit kos?

Ek sal enige raad waardeur, my hanse is honger!!!!!

Jannie
As jy loop moet jy oop loop
Spekboom
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Wed Nov 14, 2012 4:40 pm

Re: Mastitus

Post by Spekboom »

Slang

Ek dink ook jy moet vir jou ander kraal of slaapplek vir die bokke kry, verkieslik waar die son die plek kan warm bak om die kieme te dood.
Hou ook die bokke met mastitis weg van die gesonde bokke en laat net sekere lammers aan hulle drink moet ook nie dat die lammers wat aan die siek bokke drink by die ander lammers kom nie.
Jammer Pine ek gaan met jou verskil, mastitis is `n bakteriese infeksie wat die uier deur die speenkanaal binne dring.
Moenie tetrasikliene in die uier spuit nie dit gaan jou uier weefsel beskadig of selfs laat doodgaan.
Voorkoming is beter as genesing as jy lammers speen, gebruik `n droekoei behandeling in jou geval sal dit droe bok wees.
Ek dink ook die kieme het `n weerstand teen die produkte wat jy gebruik so jy moet `n heeltemal ander aktiewe bestandeel gebruik. Probeer iets soos Mastijet Fort vir koeie wat `n voorskrif middel is. dis duur maar hy werk goed.
Probeer ook n speendoop aansit as die lammers klaar gesuip het.
Vra `n veearts of `n melkboer naby jou vir hulp.

Stekte met die stryd ek hoop jy wen.

Groete Daan
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Mastitus

Post by Pappabeer »

As ek nie die pot mis sit nie is Mastitis gewoonlik die gevolg van n Gram positiewe bakterië, M.a.w. sal die antibiotika van keuse iets soos Cloxacillin of n 1e of 2e generasie Cephalasporin soos Cephalexin of Cefuroxime wees. Van die middels het gewoonlik ook n Steroïd, Prednisoloon by om die inflamasie te onder druk.

As dit jou mens was sou ek met meer sekerheid kon sê wat om te doen... :laugh: :laugh:
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
slang
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:11 pm

Re: Mastitus

Post by slang »

Naand

Wil net laat weet dat ek n produk met die naam Norotrim by veearts gekry het wat my probleem uitgesort het, en ek melk nou 3 keer per dag.
Dankie vir die hulp
Jannie
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Mastitus

Post by FrancoisN »

Slang bly jy het reggekom. Wanneer jy blou uier kry is daar nie iets wat n uier red soos Clamoxil RTU of nog beter Sinulox nie.
Die Sinulox wil net elke keer met n droe spuit en naald gespuit word anders kristaliseer die waterdruppels in die botteltjie.

Groete
Post Reply