Soek asb bietji hulp

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Soek asb bietji hulp

Post by Albert_7 »

Hi manne
Ek bevind tans bietji probleme met my QL. Ek probeer sierra 125gr SP te laai vir my 308 maar die spoed kom nie naastenby naby QL se voorspelling nie. Het vandag geskiet en het 'n gemiddelde spoed gekry van 2670 fps (doplengte 2,01" TPL 2,675" h20 kapasiteit 54,3) met 42.5gr S335 lot 699. Het ook met 43gr geskiet en gemiddelde spoed gekry van 2710 fps. QL voorspel byna 400 fps vinniger vir beide ladings so ek verstani of ek iewers iets verkeerd doen ni?

My geweer het nou so 50 skote deur die loop, kan dit 'n rol speel?

Geweer info:
Remington 700 vls 308
26" loop
Kamerlengte 60.4mm

Sal enige hulp baie waardeur
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Soek asb bietji hulp

Post by James Wilson »

400f/s? Sjoe, dit klink nie teg nie. Ek wonder of die fout nie by die crony le nie?

Ek het n boksie 125 grn sako koeels gekry by n vriend. My 308 het n 22 duim loop en ek kan jou se my spoed was op die stadigste 250fs vinniger as jou spoed.neem nou in ag dat jou loop 4 duim langer is, dink ek nie die fout le by ql nie, maar by jou crony. Moet se ek het nie jou gegewens deur Ql gesit of met my ladings vergelyk nie. Maar n 308 kan nie sommer met 125 grn 2690fs skiet nie viral nie met n 26 duim loop nie. Ek dink jou meting is die probleem, anders gestel ek dink jy skiet vinniger as wat jy dink
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Soek asb bietji hulp

Post by Albert_7 »

Danki vir die skrywe, dis die enigste wat ek ook dink kan fout wees! Gaan more weer gaan skiet en kyk hoe dit vegelyk met vandag se spoed. Was nogal beindruk dat al 4 skote wat ek vandag geskiet het binne 10 fps van mekaar gemeet was, maar sal laat weet as ek more geskit het
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Soek asb bietji hulp

Post by James Wilson »

Ek wil nie vir jou preek nie maar het al probleme met my crony gekry as ek nie:
- so na as moontlik aan 12 uur die middag skiet nie
- nie die crony 5 m plaas nie
- nie die crony waterpas opstel nie
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Soek asb bietji hulp

Post by Albert_7 »

Di enigste kan die waterpas een wees so sal ma een saamvat vanmiddag ;D
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Soek asb bietji hulp

Post by Armand Steenkamp »

James,

Ek het die selle met 110gr vmaxse gekry. Ek reken dit is omdad die nuwe lotte 335 se brandspoed baie stadiger is. Ek moet amper 3gr meer gooi om by my vorige spoed uit te kom .

Groetnis
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Soek asb bietji hulp

Post by Albert_7 »

Ok nou net terug gekom by die huis en die resultate is as volg

Sierra 125gr SP 42.5gr 68mm tpl teen gem spoed van 2667 (was gister 2670)
Sierra 168gr match king 41.5gr teen gem spoed van 2626

Spoed op 125gr lyk vir my te laag maar skiet 1.05 moa groepering op 100m so ek weet nie meer ni!

168gr wil nogi groepeer nie so werk nog aan hulle
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Soek asb bietji hulp

Post by tripodmvr »

Uit dit wat jy gee is 43gr op 'n node met 2710vps. Die volgende een hoër is by 2943vps wat naby 46,7gr gaan wees.
willeman
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Tue Jan 29, 2013 7:58 pm

Re: Soek asb bietji hulp

Post by willeman »

Is jou TPL nie dalk 'n bietjie lank nie - smchem boek gee tpl van 64.3 vir 130gr punte.

Ek is self besig om 'n lading te probeer vind vir my Howa .308 met die sierra 125gr pro hunter sal julle manne laat weet as ek hulle oor die crony gejaag het.

Ek gaan begin met 46.5gr S335 en tpl van 64.5 mm.

Wat is hierdie "nodes" wat julle slim manne van praat ?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Soek asb bietji hulp

Post by James Wilson »

Willeman, ek steur my maar min aan wat die Somchem boek te se het oor tpl. Hoe weet daardie boek wat is my geweer se afmeting?

Wat die nodes betref, kyk hier is n afdeling met die naam van quickload. Daar sal jy n teutorial kry. Lees daardie afdeling deur die hodes word daar verduidelik.

Ek sien jy is nuut hier, welkom. Jy kan jouself voorstel by die nuwe lede en dan kan ons mekaar lekker leer ken. Hoop jy geniet dit hier by ons
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply