Heerlike Mosterdsous oor Koedoetonge!!
MOSTERDSOUS
100ml olie
20ml koekmeel
100ml suiker
knippie sout
2t mosterdpoeier
200ml water
20ml suurlemoensap
80ml asyn
250ml mayonaise
Meng jou olie, meel, suiker, sout, en mosterdpoeier tot n pasta. Voeg die water, suurlemoensap en asyn by. Verhit dit tot kookpunt. Roer en kook dit vir 5min. Roer nou jou mayonaise by en skep dit oor jou gaar tongskyfies en bak dit in die oond vir so 15min. by 180*C Baie lekker en ons gooi altyd die tonge weg..ek kook dit sommer in my Stoompot to lekker sag anders kook dit so om en by 3h tot dit sag is ..jy kan die tonge ook in jou slowcooker gaarmaak [onthou om die velletjies af te trek en dan te sny



