Consentricity guages

Post Reply
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Consentricity guages

Post by Benman »

Hallo Manne

Ekhet bietjie julle raad nodig met die herlaai tool. Ek kyk na die Hornady Lock n Load Consentricity Gauge. Het julle al die tiepe van gauges gebruik?

Ek lees graag oor julle bevindinge

Vriendelike Groete
Benman
Skiet raak en praat die waarheid...
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Consentricity guages

Post by DSBW »

Benman

Ja, ek het al 'n soortgelyke instrument gebruik, hoewel nie Hornady spesifiek nie. Probeer gerus, jy sal dalk verras wees met die resultate, negatief of positief. Soos met alle hulpmiddels, is daar uiteenlopende opinies oor die waarde van die instrument. Die "hardcore benchrest" manne is gewonlik van die opinie dat dit 'n moet is, en 'n verskil maak, en ek stem gekwalifiseerd saam. Vir manne wat jag, en af en toe 'n paar groepperings skiet, heelwat mider belangrik, my opinie.

Dawie
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Consentricity guages

Post by Hein M. »

Benman,

Ek gebruik Forster se tool.  Sinclair s'n word wyd as die beter een aangeprys en ek stem saam. 

Stem saam met Dawie.  Dit is lekker om die runout te sien en reg te maak, maar daar is beslis meer waardevolle tools wat jy kan koop met die oog op beter dopvoorbereiding... 

Hein M.
Last edited by Hein M. on Sat Oct 23, 2010 9:40 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Consentricity guages

Post by Piet Breedt »

Ek gebruik ook die Forster runout gauge en beskou dit en n Tube Micrometer waarmee ek die dop nekwand diktes vir konsentrisitet meet, as die 2 gadgets wat die grootste verskil in my groeperings gemaak het van al die fancy gadgets wat ek oor die jare gekoop het. Ek ken nie die ander make nie, maar die Forster werk nie sleg vir my.

As jy die 2 gadgets reg gebruik, is "flyers" bykans iets van die verlede

Dit is verbasend hoe groot van die manne se runout is as ek dit vir hulle meet, en hulle skiet al baie jare so.
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: Consentricity guages

Post by Benman »

Kerels

Baie dankie vir die skrywes sover. Watter ander tools stel julle voor om doppe mee beter voor te bery? As nekke te dik is na sizing, kan ek hulle sny binne? Gaan dit ook werk as nekke net aan een kant dikker is as anderkant?

Groete
Bennie
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Consentricity guages

Post by Raven »

Ben,man,
Die wat ek nou al geleer het, en ek leer nog elke dag, sal ek jou afraai om doppe aan die binnekant te sny. Sny die nek aan die buitekant kosentries, en flyers "gaan by die deur uit"

Raves.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Consentricity guages

Post by DSBW »

Benman

Raven slaan die spyker op die kop, hy sal weet, hy het so pas deur die oefening gegaan met uitstekende resultate.

Dawie
User avatar
Benman
Full Member
Full Member
Posts: 126
Joined: Thu Aug 13, 2009 8:49 am

Re: Consentricity guages

Post by Benman »

Manne


Dit is dan so, ek gaan julle raad graag gebriuk. Met watter firma se tools sny julle die buitekant van nekke, en wat noem jy dit. Ek wil dit sommer op my volgende laai probeer.

Sny jy die buitekant konsentries na of voor die sizing? My ander vraag is dan, doen jy full of neck sizing?

Groete
Bennie
Skiet raak en praat die waarheid...
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Consentricity guages

Post by Raven »

Benna,

Sny buitekant van nek na jy klaar nekke gesize het.
Ek fullsize nie meer baie my doppe nie.

Lees hier: http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=5

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Post Reply