Maklikste bos poeding, Ek gaan dit ordentlik dokumenteer:
1 x brood deeg (wat jy oppad na die jagveld by die supermark koop en in die coolbox gooi)
2 x Rolo stafies of ander sjokolade blokkies
Bruinsuiker
Room of ingedampte melk (Ideal Milk)
1 x Lui huisvrou vla (Ultramel)
Rolle deeg bolle, sit in die middel 'n tjoklit of 'n Rolo.
Bestrooi die spul met bruinsuiker en versuipd it in die room.
Laat dit rys en voeg stadige hitte of oond by!
Jy gaan LEKKER vreet ou pel! Gooi Vla oor.
Maak die oorskiet moreoggend as jy koffie maak vir die babbelaas pelle klaar.
Maklikste bos poeding
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Maklikste bos poeding
Vroulief maak 'n soortgelyke gereg met patats ipv sjokolade. Ek vervreet my elke keer!