Jakkals geweer zero

Post Reply

Waar zero jy jou jakkals geweer?

Poll ended at Wed Jun 19, 2013 10:54 am

50
2
3%
50-100
1
2%
100
16
25%
100-150
2
3%
150
4
6%
150-200
4
6%
200
35
55%
 
Total votes: 64

User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Jakkals geweer zero

Post by Cobus(Cobb) »

Waar zero jy om optimal te wees vir daai 40m by die roeper en 300m windaf skote?
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Suidwes
Full Member
Full Member
Posts: 104
Joined: Fri Jul 13, 2012 2:52 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Suidwes »

Cobus,

Ek wens ek het die voorreg gehad vir 300m windaf skote, terrein laat dit nie toe nie. Ek zero op 100m, maar met my tactical scope maak ek seker waar skiet my geweer op verskeie afstande, indien dit nodig is.

Groete
Suidwes
Danie Lombard .243

Re: Jakkals geweer zero

Post by Danie Lombard .243 »

My persoonlike voorkeer zero afstand vir my ongedierte nag jag geweer is 220m in die nag gezero met skiet lamp.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Gerhard »

Duim hoog op 100m...

Met geduld en reg roep kry n mens die jakkalse redelik tot op 150m en nader vir n skoot waar ek roep...

Maar so nou en dan kry een op 250m snif inni neus en dan moet hy pak kry
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Louis102 »

Dis 'n interessante vraag. Ek reken 'n mens kan baie kreatief raak en bietjie met jou zero rondspeel solank jy die trajek van jou amunisie mooi verstaan. Neem dan maar 'n besluit oor waar jy wil zero, beproef dit en hou daarby as dit vir jou werk, want vertroue en ondervinding met wat jy het, is die belangrikste.

Ek dink waar jy moet besluit om te zero, hang seker baie af van die spoed en gewig koeel waarmee geskiet word? Ek wil so min as moontlik afmik (of verstel) vir afstand, omdat dinge maar vining gebeur en daar nie altyd tyd is om akkuraat afstand te skat tydens 'n roepsessie, veral in die nag, nie. In my boek is dit nie nodig dat elke skoot "dead centre" presies deur die hart te tref nie, belangriker vir my is dat die skoot presies moet loop en ek nie aan die sneller moet ruk of pluk as dinge in die stoel gespanne nie. Ek vertrou my geweer se trajek totaal om 'n doodskoot te lewer tussen 40m en 240-250m indien ek presies in die middle van die jakkals mik en ek die skoot mooi laat loop. Hier is hoe ek dink oor zero:

Ek skiet tans 'n 60gr koeel teen gem 3620 vps en weet die trajek is plat genoeg om op 200m (of selfs effe verder) te zero. D.w.s. va 40-250m sal ek 'n doodskoot skiet indien ek in die middle van die jakkals by die blad area mik. Die 200m zero laat dan toe dat ek van 220m af slegs in die boonste helfte van die jakkals moet mik en op 300m beswaarlik die jakkals bo die rug moet "los" met die kruishaar, om steeds 'n doodskoot te skiet. Ek skiet egter baie selde bo 250m op 'n jakkals en met 'n 200m zero het ek nie nodig om te veel te dink of baie goed afstand te skat nie. Meestal mik ek slegs in die middel en laat loop.

200m zero (of 'n of 2 duim hoog op 100m) is egter baie gevaarlik indien met swaarder koeels teen stadiger spoed geskiet word. Die gevaar is dat die swaarder koeels se trajek bo-oor (of baie na aan bo-oor) die jakkals sal skiet op ongeveer 130m en dit (130m) is 'n afstand waarop ek baie jakkalse skiet.

Ek hou ook nie van 'n 100m zero nie, omdat dit dan te veel afstand skat en afmik vir my klein koppie teweeg bring.

Maar, dit waaraan jy gewoond is en die tegniek (zero) wat die individu vertrou, is seker die belangrikste. Daar's nie fout met jou zero nie, solank die jakke net val nie!

Mooiloop
Louis
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by BLOK »

As jy weet watse koel jy skiet en teen watter spoed asook die grote van die vital area wat jy wil skiet kan jy op die program (http://www.jbmballistics.com/cgi-bin/jbmtraj-5.1.cgi) jou point blank range gaan uitwerk. Dit gee die afstand waarop jy die scope moet instel om virseker op die maksimum minimum en maksimum maksimum afstand raak te skiet sonder opmik of afmik
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Cobus(Cobb) »

Ek is verbaas oor die groot % wat op 200m zero.....
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by tripodmvr »

Met 200 zero is jy binne 3 duim van jou siglyn tot oor of by die 230m merk. Mik vir middel en laat waai. Jy wil nie vleis spaar nie.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by BLOK »

tripodmvr wrote:Met 200 zero is jy binne 3 duim van jou siglyn tot oor of by die 230m merk. Mik vir middel en laat waai. Jy wil nie vleis spaar nie.

Point blank zero
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Cobus(Cobb) »

So, jy is in die bull op 40m, 80m is jy 3.2cm hoog, op 120m is jy 4.1cm hoog, 200 is jy weer in die bul, 240m is jy 5.8cm laag en op 300m is jy 18cm laag...

So enige Jakk tussen roeper en 230m ry bakkie sonder dat jy hoef af/oor te mik....

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by tripodmvr »

Lyk my jy het na die ballistiek gaan loer. Ek het maar op geheue en ondervinding gewerk. As jy die 243 bietjie aanjaag met die ligter koele skiet hy plat.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Dawie »

Ek skiet my 22-250 met 40gr NBT in op 100m en stel 4clicks(1 MOA) op, dan Zero hy +- 235m. Hy skiet dan ook nooit hoër as 4cm hoër as siglyn nie, 300m is hy 9cm laag

Die 243 met 70gr'ers het ek op 100 ingeskiet en 5 clicks opgestel dan het hy rondom 220m weer gesny. Hy skiet dan ook nooit hoër as 1.7duim nie, 300m is hy 12cm laag

Jou hoogte van jou teleskoop bo jou loop speel 'n groot rol. Ek het dit ook eers met JBM uitgewerk gechrony en getoets...

Speel eers met 'n balistiese program rond met al die veranderlikes en besluit dan. Dis makliker en gouer om op 100m in te skiet en jou clicks op te stel in die veld as om op bv. 233m in te skiet.

Ek poog om nie hoër as 1.5duim te gaan bo siglyn nie want ek skiet gewoonlik bo-oor mis.
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Blackie Swart »

Ek het my 243 gezero op 200m.Moet se dat ek skiet als plat wat tot en met 250m inkom.Met die geweer is ek nogals gelukkig dat al staan jak se kind naby kan ek maar op die blad vat.Gewoonlik skiet ek dan die rug af as hy naby staan.Dit is n remington BDL 243 met 1/10 twist.Skiet n 100gr pmp pro-aim punt.
Groete Blackie
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Blackie Swart »

Het vergeet om by te se dat ek gebruik S365 kruit met n CCI 250 primer.Spoed beloop ongeveer 2900ft/sekonde.Met die rontes jag ek tot my springbokke ook.Die beste geweer om springbokke mee te jag.
Groete
Blackie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by tripodmvr »

Met al die nuwe teleskope van hoë vergroting en verstelbare "turrets" moet mens nie die praktiese elemente vergeet nie. Die "kiss" gedagte (keep it simple stupid) het baie meriete. Jy het parallaks verstelling (kom daai woordjie voor = moeilikheid), afstandverstelling, verligte kruishare, zoom en nog jou ligverstellings. Stel jou geweer in op 200m, vergroting op 10x (of wat vir jou die beste werk) en die parallaks op 100 of 200 en nou het jy net die ligte om jou oor te komkommer.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Dawie »

Wat sou julle sê is die maksimum hoogte wat jy bo siglyn kan gaan?
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Jassie »

Dawie wrote:Speel eers met 'n balistiese program rond met al die veranderlikes en besluit dan. Dis makliker en gouer om op 100m in te skiet en jou clicks op te stel in die veld as om op bv. 233m in te skiet.

Ek poog om nie hoër as 1.5duim te gaan bo siglyn nie want ek skiet gewoonlik bo-oor mis.
Wat 'n blink metode- prakties en eenvoudig.

Wat betref jou ander vraag: Ek sou sê jou 1.5 duim is in die kol, miskien 1 3/4 as jy nou nie so 'n platskieterkombinasie het nie.

Groete
JAS
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by Geno »

My trajek lyk so tot op 300y/275m.
Ek zero op 230y/ 210m

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Jackal/Trajek%20204%2032gr.JPG
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jakkals geweer zero

Post by tafjak »

Ek het nie die posts gelees nie, maar om enige kaliber(ongeag spoed en gewig koeel) te "zero" vir jakkalsjag sal ek voorstel(net 'n voorstel-geen aandring nie) dat dit 30mm hoog op 'n 100 skiet. Gaan check op 140meter dat die trajek nie bo 45mm bo die kruis klim nie en jy behoort ge-waks te wees.

Moenie met stories kom dat jy nie verder as 150meter sal skiet nie, dat die staanplek van so aard is dat jy nie verder as 150meter kan sien nie en allerhande verskonings. Jy sal moet verder as 150(in die 240meter bracket)meter kan skiet(dood verkieslik).

Dink Geno se skets hierdbo verduidelik hoekom jy nie jou geweer iewers zero nie, eerder om te sorg dat die koeelbaan nie die 2duim reel bo die kruis sal oorskry nie.

Mooiloop
Post Reply