Bloedspoor Hondjie

Post Reply
User avatar
Felix
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm

Bloedspoor Hondjie

Post by Felix »

More manne.

Ek wil net by julle tips kry oor hoe om my hondjie te leer bloedspoor vat en op watter ouderdom mens met haar kan begin. Sy is nie n jaghond ras nie, sommer n baster skaaphondjie. Wil haar gebruik om bokke wat met die boog geskiet is op te volg.

Hoe moet ek te werk gaan?

Image

Dankie!
Felix
Vas!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bloedspoor Hondjie

Post by Geno »

Felix,
Ek het al twee metodes gebruik, altwee het gewerk.

Nommer 1: Het dit gebruik op 'n GSP van ses maande oud.
Maal polony en meng dit met kook water om die geur lekker deur te kry. Gooi dit in 'n tamatiesous squeeze bottel en maak 'n spoor. Begin eers met 'n konstante spoor so 10m lank. As die hond die spoor tot op die einde vat, gee vir hom 'n beloning.
Begin dan net hier en daar drip met die bottel om dit moeiliker te maak. Gaan so aan en vat die hond altyd saam veld toe sodat hy aan die verskillende geluide en reuke gewoond kan raak. Hou hom op 'n leiband sodat sy aandag nie afgelei kan word deur hase, fisante ens. wat opgejaag word nie. Vat hom dan op 'n jag en laat hom saam loop as jy 'n bok opvolg. Beloon hom elke keer as julle die bok kry.

Metode twee kan ek nie juis noem nie omdat party mense sal se dat dit wreed is.

Probeer die polony metode, dit werk regtig.

Lekker leer,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Felix
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm

Re: Bloedspoor Hondjie

Post by Felix »

Dankie Geno.

Ek sal dit n probeer gee!
Vas!
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Bloedspoor Hondjie

Post by iceman1982 »

Felix,
Wat ek gebruik het is ook n redelike goedkoop manier, en n bietjie meer natuurlik. Ek koop hierdie hoender lewertjies. As hy ontdooi, dan is daar redelikke bloedigheid wat ek sommer met n inspuiting sonder naald uitrek en dan so spoor maak. Soos Geno se, eers reguit lyn en konstant, dat die hond kan agter kom wat die punt is. Dan begin die druppels bloed verder uitmekaar uit strooi hoe beter die hond raak. Wanneer die bloed opraak in die houertjie, kan jy so bietjie water by sit om dit n bietjie te rek,want die water trek mos die bloed uit die lewers uit...en onthou jou beloning ! Anders gaan die hond nou nie dit die moeite werd sien nie. My hond was egter nie mal oor die lewertjies nie , so biltong het maar die job gedoen. Jy kan dan die lewertjies kook en sommer met n bietjie rys gee vir aand ete.
En prys jou hond wanneer hy die job doen! My hond het nadat hy geleer het sy eerste jag gedoen op 4 maande, maar ook gese hy het n uitstekende leeraar gehad, so steekbaard gedoente.Saam met die basiese beginsels, sal dit n bonus wees as jou hond saam met n geleerde hond kan hardloop.
Vat jou hond saam wanneer jy gaan skiet.Dit help nie hy sit in die bakkie nie. Ook as jy weet waar die bok is, wys hom waar n bloedspoor le, en dan waar die bok le. Enige oefening is goed.
Marius Goosen
Port Elizabeth , South Africa
bp@cybersmart.co.za
+27828205387
Post Reply