Regsadvies
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3613
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Regsadvies
Wil net graag hoor wat die implikasies sou wees as ek in 'n padblokade beland met 'n vuurwapen waarvoor ek 'n tydelike storings permit het en waar die Lisensie reeds goedgekeur is maar waar ek nog wag vir my kaartjie?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Regsadvies
Ek wil nie jy wees nie jy gaan betaal en huil. Hulle gaan jou toesluit want hulle ken nie die wet nie. Moet nie die kans vat nie. Net my mening.
Beretta
Beretta
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Regsadvies
Fanta, jy sal moet kyk en ons laat weet wat gebeur het!
Op 'n ernstiger noot, ek weet nie. Ek en baie ander prokureurs is van oordeel dat 'n bewys dat jy 'n vuurwapen lisensie het, voldoende is en dat die plastiek kaartjie net 'n verdere bewys is dat jy die gelisensieerde eienaar van 'n spesifieke lisensie is. 'n Uitdruk dat jou aansoek goedgekeur is, behoor derhalwe in my opinie voldoende te wees, aangesien dit maklik bevestig kan word. Neem byvoorbeeld die geval waar jou kaartjie verloor en jy vir 'n nuwe aansoek doen, is jy nou onwettig in besit van die vuurwapen omdat jy nie 'n plastiek kaartjie het nie? Die bewoording van die wet, laat ook by my die idee dat jy jou kaartjie kan kom toon, sou jy dit nie by jou gehad het nie.
Ongelukkig gaan die vertolking van die wet deur die betrokke polisieman of Offisier in Bevel gedoen word en kan jy moontlik, onnodiglik, 'n nag in die selle deurbring...
Of jy egter in die hof skuldig bevind sal word, betwyfel ek sterk!

Aim small, miss small
- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Regsadvies
Stem 100% saam. Ek kon al, maar het nie die kans gevat nie.Beretta wrote:Ek wil nie jy wees nie jy gaan betaal en huil. Hulle gaan jou toesluit want hulle ken nie die wet nie. Moet nie die kans vat nie. Net my mening.
Beretta
Veiligheid eerste manne!
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Regsadvies
Eugene
Stem saam met jou dit is hoe die sap lid dit sien en nie hoe dit moet wees nie. Maar as hulle jou vang gaan dit vir jou geld kos verseker. Al is daar n hof uitspraak oor dit kry hulle nie die inligting nie. En gaan jy maar net eish hoor.
Beretta
Stem saam met jou dit is hoe die sap lid dit sien en nie hoe dit moet wees nie. Maar as hulle jou vang gaan dit vir jou geld kos verseker. Al is daar n hof uitspraak oor dit kry hulle nie die inligting nie. En gaan jy maar net eish hoor.
Beretta
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Regsadvies
Mag my kinders en hulle pa ook mooi goedjies kry? Iewers moet ek geld maak, so moenie vir almal vertel nie, 'n paar manne sal een vir die span moet vat!Beretta wrote:Eugene
Stem saam met jou dit is hoe die sap lid dit sien en nie hoe dit moet wees nie. Maar as hulle jou vang gaan dit vir jou geld kos verseker. Al is daar n hof uitspraak oor dit kry hulle nie die inligting nie. En gaan jy maar net eish hoor.
Beretta
Aim small, miss small
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Regsadvies
En kontant! Ek gaan nie vir jou borg kan kry op 'n vuurwapenklag nie, maar ek sal jou kom moed inpraat, teen 'n nominale fooi....Piet-Skiet wrote:Kaanse is hulle gan jou toesluit tot hulle op die sisteem kan sien dat hy in jou naam is en jou dan lat gan. As dit in die aand is sal dit die volgende dag wees,op 'n naweek sal dit die maandag wees. As jy dit doen vat I baadjie saam. Die selle is nogals koud die tyd van die jaar.
Aim small, miss small
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Regsadvies
Eugene
Ek gun die geldjies vir jou
Beretta
Ek gun die geldjies vir jou
Beretta
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Regsadvies
Jou situasie is effens anders as myne, jou lisensie is wel al goedgekeur.
My DFO het my'n aparte dokument laat teken dat ek slegs 'n storingspermit het en nie die wapen enigsins mag verwyder van die perseel, of nie mag gebruik op die perseel nie. Toe sy die permit vir my gee, het sy aangedring om agter my aan te ry na die maat by wie ek die wapen gekoop het om dit by hom te gaan haal, en sy het dit na my perseel geneem. Ek mag nie die vuurwapen vervoer het nie. Sy het tot daarop aangedring om te sien dat ek die geweer in my kluis toesluit ! Party mense vat hulle werk ernstig op jong !
Sy het my twee keer in die ses maande daarna, geskakel en gevra of die vuurwapen steeds in my kluis is ..... ek weet nie wat het sy gedink gaan ek vir haar sê nie : "Nee dame, ek het hom uit die kluis verwyder en ïs tans besig om met hom te jag, kom arresteer my gou abs !"
Hier by ons maak hulle BAIE duidelik onderskeid tussen 'n storingspermit en 'n gebruikspermit !

Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !

- hencohugo
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm
Re: Regsadvies
Spanner, ek dink sy het ander planne met jou gehad, maar jy het net oëSpanner wrote:Jou situasie is effens anders as myne, jou lisensie is wel al goedgekeur.
My DFO het my'n aparte dokument laat teken dat ek slegs 'n storingspermit het en nie die wapen enigsins mag verwyder van die perseel, of nie mag gebruik op die perseel nie. Toe sy die permit vir my gee, het sy aangedring om agter my aan te ry na die maat by wie ek die wapen gekoop het om dit by hom te gaan haal, en sy het dit na my perseel geneem. Ek mag nie die vuurwapen vervoer het nie. Sy het tot daarop aangedring om te sien dat ek die geweer in my kluis toesluit ! Party mense vat hulle werk ernstig op jong !
Sy het my twee keer in die ses maande daarna, geskakel en gevra of die vuurwapen steeds in my kluis is ..... ek weet nie wat het sy gedink gaan ek vir haar sê nie : "Nee dame, ek het hom uit die kluis verwyder en ïs tans besig om met hom te jag, kom arresteer my gou abs !"
Hier by ons maak hulle BAIE duidelik onderskeid tussen 'n storingspermit en 'n gebruikspermit !
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Regsadvies
Spanner, henco het darem nou vir jou goeie "regsadvies" gegee
, net jammer dit is laat
Skuus, ek is van die draad af.
Skuus, ek is van die draad af.
-
Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Regsadvies
Die wet is duidelik itv storingspermit!
Jy mag slegs daai wapen stoor en glad nie gebruik nie! Jy mag hom nie eers self vervoer vanaf die persoon se huis tot by joune nie. Daarvoor het jy n vervoerpermit nodig wat nie moontlik is om te kry nie!!
Die "huidige" eienaar is veronderstel om die wapen vir jou te bring. Ons almal weet in praktyk gebeur dit nie.
As sersant of warrant "orifice" Skosana jou aftrek is jy verseker babba sin!!
Die kans is nie al jou ander lisensies werd nie!
Jy mag slegs daai wapen stoor en glad nie gebruik nie! Jy mag hom nie eers self vervoer vanaf die persoon se huis tot by joune nie. Daarvoor het jy n vervoerpermit nodig wat nie moontlik is om te kry nie!!
Die "huidige" eienaar is veronderstel om die wapen vir jou te bring. Ons almal weet in praktyk gebeur dit nie.
As sersant of warrant "orifice" Skosana jou aftrek is jy verseker babba sin!!
Die kans is nie al jou ander lisensies werd nie!
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3613
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Regsadvies
Baie dankie vir al die raad. Gelukkig hoef ek nie proefkonyn te wees nie
Half uur voor ek ry kom die sms en kon ek my kaartjie gaan haal.
Praat van goeie tydsberekening
Half uur voor ek ry kom die sms en kon ek my kaartjie gaan haal.
Praat van goeie tydsberekening
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Regsadvies
Geluk. Jy gee my nou 'n plan. Lyk my jy moet jou jag datum en vertrek tyd op die aansoek sit.Fanta300 wrote:Baie dankie vir al die raad. Gelukkig hoef ek nie proefkonyn te wees nie
Half uur voor ek ry kom die sms en kon ek my kaartjie gaan haal.
Praat van goeie tydsberekening
Groete.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer