More manne,
Ek kyk al n ruk deur die forum en het besluit om aan te sluit-ek geniet dit om deur die poste te lees aangesien ek het met n skietding in die hand groot geword. Ek het baie jare laas gejaag en skiet deesdae net met n pcp omdat dit so goedkoop is en skiet geleenthede is volop. Ek sal seker een of ander tyd weer n CF kry maar totdat ek dit kan bekostig moet die pcp's maar hul ding doen. Ek geniet lang afstand skiet en met 'pellets' wat so goedkoop is kan ek na hartelus skiet sonder om myself bankrot te maak.
Ek hoop om baie hier te leer.
Groete Nick
Hallo daar
- matewis
- Hero Member

- Posts: 1065
- Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am
Re: Hallo daar
Welkomo Nick, lekker om te ontmoet. Janee kry jou dinge maar in orde, jy gaan jouself mal maak hier sonder 'n roer!
Alles in goeie tyd...
Geniet dit hier!
Vanwaar in die Boland?
Alles in goeie tyd...
Geniet dit hier!
Vanwaar in die Boland?
- Riaan Beeslaar
- Hero Member

- Posts: 678
- Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am
Re: Hallo daar
Welkom hier en geniet dit.
Die gespeel met die pellet is lekker, maar die reuk van kruit wen darem.
Groete
Riaan
Die gespeel met die pellet is lekker, maar die reuk van kruit wen darem.
Groete
Riaan
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Hallo daar
Dankie manne, ja CF skiet is net anders maar ek moet bieg-die pcp gee my soort gelyke genot. My plesiertjie kom daarin om teikens op 100-150m te laat val met die pelletgun.
Matewis, eks van die Paarl/Wellington area. My pcp skiet net so hard soos n .22(std ammo) maar hy raas so bietjie meer-alwat kort is daai kruit reuk.
Matewis, eks van die Paarl/Wellington area. My pcp skiet net so hard soos n .22(std ammo) maar hy raas so bietjie meer-alwat kort is daai kruit reuk.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Hallo daar
Welkom hier.Skiet wrote:Dankie manne, ja CF skiet is net anders maar ek moet bieg-die pcp gee my soort gelyke genot. My plesiertjie kom daarin om teikens op 100-150m te laat val met die pelletgun.
Matewis, eks van die Paarl/Wellington area. My pcp skiet net so hard soos n .22(std ammo) maar hy raas so bietjie meer-alwat kort is daai kruit reuk.
Kry 'n knaldemper!
-
Skiet
- Newbie

- Posts: 34
- Joined: Mon May 27, 2013 10:31 pm
Re: Hallo daar
Dankie vir die 'welkom' oom Piet. Ek het n paar knaldempers maar gebruik hulle net as ek om die plaaswerkers se huise en buite geboue skiet.