Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Wismit,
Dit is 'n interessante illustrasie van die skag van die Sierra PH. Dit is die norm dat die punt heeltemal disintegreer wanneer mens 'n gemantelde loodkern gebruik. Ek is verbaas dat jy die punt teen die pens gekry het, het jy miskien 'n foto daarvan? Dit sal insiggewend wees om te sien waar die Sierra gebreek het en die skag en die punt van mekaar geskei het. Die punte wat nie herwin is met die rooibokke se skiet nie, is ook algemeen. Kon jy darem die skagte herwin of het hulle deurgeskiet?
Die foto hierbo is die enigste foto wat ek het van wat ons uit die B/W teen die pens gekry het of wat oorgebly het van die koel. Ons het niks anders gekry nie.
Last edited by Wismit on Mon Oct 11, 2010 11:13 pm, edited 1 time in total.
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
Geno,
Daar is twee tipes Sierra PH koeels, 'n rondepunt en 'n spitser. Die rondepunt het 'n krimpgroef en dit is nie buitengewoon vir die koeel om by die krimpgroef te breek nie. Op die foto van die skag het die mantel in die omgewing van die krimpgroef gestop en, toe Wismit se die punt is teen die pens gevind het ek aanvaar dat dit van die skag afgebreek het. Die illustrasie impliseer dit en ek het maar net gewonder hoekom daar 'n foto van die skag van die koeel is en geen foto van die afgebreekte punt nie.