Jagluiperd

Post Reply
Thoei

Jagluiperd

Post by Thoei »

Hi manne ons het probleme met jag luiperds,ek soek raad om hulle met vanghok tevang.Kan die manne wat al meer met die tedoen kry my raad gee.

Dankie
Groette Thoei
tafjak

Re: Jagluiperd

Post by tafjak »

Thoei

Stel die hok waar hulle moeilikheid gee. Ry dan in die kamp laat middag rond en as jy jagluiperd sien, skiet hom en sit dit in die hok. Sommer grappie Thui, ek weet niks van sulke katte nie. Ook nog nie gehoor van hokke en inroep nie(een ou het my vertel dat hy jagluiperde inroep, maar dink hy het spelfout gemaak0.

Mooiloop
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Jagluiperd

Post by Mac »

Ons het spesifiek probeer om hulle in te roep hier in die GRT distrik. Naderhand na hulle toe gery en probeer, Niks, hy kyk jou net aan asof jy hom gevloek het. Selfde met hokke, lag die aas totaal af. Ek het ook al die storie gehoor dat hulle ingeroep was, maar ek stem eerder saam met Taffie oor daai storie. Wat wel "Meskien" sal werk is om 'n boerbok lammetjie in 'n aparte hok agter die vanghok te sit en in hulle kern gebied te stel. Was al vertel dit werk, maar ek het my bedenkinge.

Voorspoed met jou probleem.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Jagluiperd

Post by Francois Marais »

Riaan

AL hoe jy n Jagluiperd vang, is as jy hulle SPEELBOOM gekry het, n ,gewoonlik, Kameelboom of Witgat, met n stam wat skuins staan, waarop hulle speel en spring en ook MERK, dan moet jy bosse kap, die bosse so pak dat die boom BINNE in jou takkraal staan, nu maak jy twee of drie openinge na die boom toe, hang af hoeveel hokke jy het, stel nu jou hokke, die met twee deure wat as n deurloop gebruik kan word, in die gange, en jy het n BAIE goeie kans om hulle daar te kry, as jy eers een het, sit hum in die boom se skaduwee in die hok, en bly stel jou ander hokke. Jou takkraal moet so 20m van jou boom se stam wees, so dit moet n redelike kampie wees.

O ja, let maar op vir die halsbandjies, daar is omtrent nie meer n Cheetha hier wat nie n halsbandjie dra nie.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Thoei

Re: Jagluiperd

Post by Thoei »

Hi FM dit wat jy se maak sin,wat sit ek in as lok aas om die eerste tevang?

Groette
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Jagluiperd

Post by Francois Marais »

Riaan

Nee, niks lokaas nie, die takkraal moet die boom heel afseel, die kat moet deur die deurstap hok stap om by die boom te kom, die moeilikste ding hier is om die "SPEELBOOM" te kry.

Hulle kan die boom nie uitlos nie, en jy vang n hele familie by so n boom.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Jagluiperd

Post by .::Alwyn-U::. »

FM, dit klink baie interresant! Ek weet ek post BAIE laat maar ek is nou nuuskurig, was die luiperd ooit gevang?  En dit is sekerlik 'n luiperd en nie 'n Cheetah soos FM vemoed het nie?

Groete
Post Reply