Mes Skerpmaker

Enige iets tov messe.
Post Reply
Zack Benade

Mes Skerpmaker

Post by Zack Benade »

Hallo almal

Ek het hulp nodig. Ek is moeg vir stomp messe as ek met vleis werk.
Ek dink in die rigting van 'n beld sander om dinge maklik en vinnig te maak maar ek sal graag die regte een wil koop.

Tans kyk ek na 'n beld sander by Adendorf machinery vir R750.

Wat stel julle manne voor wat messe ken?
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Mes Skerpmaker

Post by mariusr »

Zack dit gaan nou af hang of dit nou goeie messe is of net slag messe! Messe wat jy voor lief is moet maar op die Lansky manier skerp gemaak word wat maar tyd vat anders beskadig jy die lem en as dit eers gedoen is bly die skade daar! Gewone slag messe is daar paar apperate maar het ook nog nooit een tee gekom beter as lansky of Warthhog mes skerpmakers nie! ;)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mes Skerpmaker

Post by Gerhard »

Vir my is daar net een manier...

Warthog Multi Edge
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Mes Skerpmaker

Post by junglejulian »

Op die slaghuis tipe messe werk daai belt sander(selfde as blade buddy) goed.Dit vat so rukkie om die grade reg te kry maar werk lekker vinnig daarna.Ek het sommer by Eddies power tools n paar verskillende grids gekoop. maar enige iets tussen die 400-700 grid het vir my die beste skerp spoed ratio gegee.
Zack Benade

Re: Mes Skerpmaker

Post by Zack Benade »

Dankie vir die terugvoer.

Dis maar slag messe wat ek skerp wil he met die minste tyd. Jou hande is klaar vol veils en vet.
bullseye

Re: Mes Skerpmaker

Post by bullseye »

Zack ek weet nie baie van messe en metaal nie maar het gehoor dat die beltsanders behalwe blade buddy se spoed te hoog is ,dit veroorsaak glo dat lem gouer warm word waar blade buddy nie so gou die lem warm maak nie en mes dalk sy temper verloor nie. Miskien moet een van die mesmanne ons vertel of dit so is of nie.
groete
Bullseye.
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: Mes Skerpmaker

Post by NEGE3 »

Daar was so masjien op die Huntex Skou. Was net duur as ek reg onthou. R1200 of so iets.
Groete.
Groete,
Koos de Beer
Post Reply