Luiperd byt 36 skape dood.

Post Reply
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Luiperd byt 36 skape dood.

Post by GreyGhostGear »

User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by spekieries »

Hulle kan sê wat hulle wil, ek weet wat ek sou doen as dit my skape was!!!!!!!!!!!!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by Lourens »

"Dis nie noodwendig die beste opsie om die luiperd dood te maak nie"

Is die mense gek of net helemal onigelig?? Dit verstom my elke dag net meer....
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by Beyers »

Stuur die R36000 rekening vir Bool
Zack Benade

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by Zack Benade »

Lourens
As 'n boer R40 000 in een nag verloor is daar 'n GROOT probleem.
Ek glo ook vir jou is R40 000 baie om te verloor veral as jy soos ek 'n salaristrekker is.

Ek self sal nie 'n luiperd wil jag nie maar as hy 'n probleem dier is sal ek graag sy mince en biltong wil proe.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by mariusr »

Ai toggie watse skade hoop hy kon van die vleis red!Jammer ek was nie daar met die 9,3 sou verseker nie gewag het vir my cities permit!!!! ;) Daai man gaan terug kom dit was net te lekker hoop dan gaan hy sy verdiende loon kry! ;)
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by Lourens »

Zack, Ek stem heelhartig saam met jou. Daai is nie kleingeld nie. Daai kat moet vrek en klaar, daar is nie eers 'n storie daaroor nie. Ek sal hom met graagte van kant maak.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by JK »

Dis katte se manier as hy in n kraal klim om vrek te byt soveel hy kan. G'n uitsondering.

Vang kom en gee hom daar vir die ouens wat hom wil lewendig hou dat hulle hom kos gee. >:D
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by jamalley »

Ek stem saam, vang hom en oorhandig aan die regte mense, maar die skade wat daai boer gelei het is baie erg
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by jaracal »

Ek sien die wonderlike kommentaar dat die kat bedreig voel deur die skape en dan homself beskerm om nog en nog te vang. Shame arme "katjie", hy het seker van sy Apex leer afgeval en dan sal die mense dit nog glo ook.

Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by Johan Nel »

As ek die eienaar van daardie skape sou wees, gaan ek nie baie opgetrek wees met sulke onvanpaste opmerkings nie. Ek sal die kommentator as 'eienaar en stigter' van die organisasie wel onmiddelik die vir die rekening verantwoordelik hou aangesien hy dan nou die 'skermheer' van die luiperd wil wees, en dan sien ons hoe vinnig 'backpedal' hy. Skiet die bogger as jy hom kry, finish en klaar. (Ek is nie 'n voorstaander van net links en regs luiperds dood te skiet nie, maar as mens sulke skade ly, is daar 'n perk oorskry en die boosdoener [of beskermers van hom] moet betaal.)

My innige simpatie aan die boer wat die erge skade gelei het.

Groete,
JHN
Last edited by Johan Nel on Fri May 10, 2013 8:22 am, edited 1 time in total.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by JK »

Ek ken daai gevoel, 20% van my kalwers oes so twee jaar terug, dit was 2 groot katte.
User avatar
Riaan Beeslaar
Hero Member
Hero Member
Posts: 678
Joined: Tue Mar 05, 2013 9:09 am

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by Riaan Beeslaar »

Dis hier waar die SSS reel geld

Groete
Riaan
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by mariusr »

:confused: Daar is nie so ding dat kolkat se kop uit hak hy hou van doodmaak nie soos oom leeu wat tevrede ls met net een maar hy sal dood maak vir die lekkerte hy is bekend daarvoor hy het in die kraal gespring en net begin doodmaak en niks geeet dis wat hy doen
!
snor
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Sat May 11, 2013 7:44 pm

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by snor »

Dankie vir al die simpatie. Ek het die luiperd die volgende aand in die fuik gehad, maar hy het die draad oopgebreek en uitgekom. Die probleem is nie die luiperd nie, maar die groenes. As hulle R50 000 in een nag verloor (wat hulle elkgeval as skenkings gekry het) sal hulle 'n ander deuntjie sing. Almal van ons wat boer weet daar is hekkies wat oorkom moet word, maar jy moet heeltyd oor jou skouer kyk of jy nie die wet oortree nie. Die bewaarders kry net wette gemaak en die boere moet net inval. 'n Bewaarder verloor meestal perspektief en neig daarna om 'n extrimis te wees, wat die balans in die natuur op sy beurt versteur. Die mens is bo aan die voedselketting en moet sorg dat hy bo bly.
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Luiperd byt 36 skape dood.

Post by JK »

Ai, dis n jammerte, ek maak my vanghokke met expanded metal. Vark draad is nie sterk genoeg vir daai man nie. Nou om hom weer in die hande te kry, want hy gaan maar sku wees om weer in n hok te loop.

Maar ek het al van daai slimmes gevang , maar dit vat baie geduld. Gereeld vars aas , of n hok permanent waar hy gereeld loop met aas, kamofleur die hok ook bietjie, en laat hom maar lank staan dat die mens reuk verdwyn. Of as jy n vang plek kry om hom voor te sit. Sit iemand aan om maar gereeld te soek vir n vang plek.

Die groenes is oral n kopseer. Ek vermoed katte word hier naby ons gelos wat gevang word op ander plekke, hulle is almal geleerd. Jy kan sien aan die manier wat hulle die aas bere of weer terug kom by die aas of nie, hy is al n trick of wat geleer. Al n slag van daai halsbande versuip ook al.

Daai mooi katte hoort op ander plekke nie in komersiele boerdery areas nie. Ek het n groot probleem met die sogenoemde bewaarders wat op ander mense se grond will bewaar.

Hoop jy kom reg.!
Post Reply