Eerste boog jag
- Musketeer
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Sun Apr 01, 2012 6:59 pm
Eerste boog jag
More manne,
Ek reken dit is tyd dat ek seker my bydrae ook lewer. So is ek die naweek saam my neef en broer Warmbad toe vir my eerste boogjag. Ek oefen nou al 'n jaar met die boog en het al 2 keer gaan probeer maar het weens omstandighede buite my beheer nie kans gekry op iets nie.
So sit ek toe Saterdag al van vroeg af in die skuiling met slegs 'n Nyala bul wat inkom en my koggel... seker omdat die knaap geweet het ek beplan nie om my eerste boog jag my hele begroting leeg te skiet nie. Ongelukkig het die res van die dag nie iets opgelewer en is ek later die aand terug kamp toe, met 'n baie swaar hart. My neef het intussen 'n baie mooi rooibok ram uit sy skuiling geskiet en so ook my broer 'n vlakvark uit sy skuiling uit.
Gisteroggend besluit ek om weer te gaan sit tot ons moet ry so middagete se kant. Ek klim in die skuiling, sit my sak neer lampie op die kop om te sien waar ek wat nie moet omstamp nie toe ek 'n geluid agter my hoor en wraggies hier staan meteens 'n klompie Europese bosvarke reg voor die skuiling en vreet in die skemer lig van die son wat opkom. Ek kon dit nie glo nie want daar was niks to ek in die skuiling geklim het nie, en dit is nie eers 'n 2 minute na ek die deur van die skuiling toegemaak het nie.
Het so sag as moontlik my boog probeer uit die sak haal, release opgesit, pyl gelaai en gestaan tot een van die groteres in die groep eenkant staan en laat waai. Het nie eers die pyl sien tref nie, maar gehoor hoe deurboor hy 'n boom agter. Die vark het opgespring geskree en seker 5 tree gehol en mors vrek dood neergeslaan. Die slick trick het soos die spreekwoordelik warm mes deur botter deur albey sy long gegaan.
Het 20 min gewag om op te hou bewe, die PH gebel en was bietjie meer as 'n uur nadat ek uit die kamp uit is weer terug, net betyds vir koffie.
Setup: Hoyt rampage op 70lb met 'n 340gr easton pyl, 100gr Slick Trick.
Ek heg sommer my neef se foto ook aan.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Eerste boog jag
Baie geluk met jou eerste Kill!!!
Hoop daar gaan sommer nog baie wees.
Mooi skoot plaasing daai.
Hou van jou broad heads ook...
Hoop daar gaan sommer nog baie wees.
Mooi skoot plaasing daai.
Hou van jou broad heads ook...
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Eerste boog jag
Netjies!! Baie geluk en mag daar baie meer wees.
- Musketeer
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Sun Apr 01, 2012 6:59 pm
Re: Eerste boog jag
Dankie menere,
Ek moet sê dit was 'n ongelooflike ondervinding wat my vir altyd sal bybly.
@Gerhard, daai BH's loop soos 'n haai op 'n houtkatrol. Het amper dat iemand my in 'n mechanical ingepraat so maand terug maar is vrek bly dat ek by my oorspronklike oortuiging gebly het.

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Eerste boog jag
Geluk ou Peet, baie bly vir jou!!
Gaat die boog saam Natal toe?
Gaat die boog saam Natal toe?
-
Christo J
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm
Re: Eerste boog jag
Baie geluk. Ja nee, die boogskiet is baie anders as die geweer, ne?
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Eerste boog jag
Baie geluk, lekker vleis daai.
Hopenlik kan ek ook my eerste met die boog plattrek die jaar.
Groete
JP

- egenis
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am
Re: Eerste boog jag
Baie geluk en mooi gedoen!
Haal maar as jy in die ide kom die boog klaar uit die sak en sit jou trigger ook klaar aan - dan spaar jy bietjie tyd en maak minder geraas as jy jouself moet begin reg kry.

Zack Benade
Re: Eerste boog jag
Baie geluk my vriend. Mag jy nog baie geleenthede kry met die boog.
Geniet elke boogjag ten volle.
Geniet elke boogjag ten volle.
- Musketeer
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Sun Apr 01, 2012 6:59 pm
Re: Eerste boog jag
Baie dankie menere,
@Petrie, hy gaan verseker saam selfs al gooi ek net paar pyle in die butt in.
@Christo, dit is verseker heeltemal anders, kan nie wag tot die volgende geleentheid nie.
@JP, sterkte maat dit is verseker iets wat jy nooit sal vergeet nie.