Nat Sjokolade koek

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Nat Sjokolade koek

Post by Frikkiedbr »

Ek moet se dit is n heerlike klam koek en almal kan gerus probeer mense sal net meer en meer wil he
Nat Sjokolade koek
2 eet lepels kakao
1 koppie Kookwater
3 eiers geskei
1 koppie suiker
½ koppie olie
1 koppie koekmeel hoog vol
3 tee lepels bakpoeier(1 tee lepel in wit van eier)
¼ tee lepel sout
Maak kakao met kookwater aan.
Klits eers eier witte styf met 1 tee lepel bakpoeier.
Klits eiergele, suiker, olie romerig.
Voeg kakao mengsel by eiermengsel.
Sif droe bestandele by.
Voeg eierwitte by mengmet metal lepel.
Bak by 180° vir 30 min.
Stroop
1½ koppie water
1½ koppie suiker
Kook vir 5 min. Voeg 1 tee lepel vanilla geursel by.
Gooi stroop oor warm koek met lepel.
Versier met caramel treat condensmilk

Maak die beslag dubbel aan en bak in swart oond pan
Post Reply