Hernuwing van lisensie en bevoegdheid sertifikate

Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Hernuwing van lisensie en bevoegdheid sertifikate

Post by Gerhard »

Hernuwing van bevoegdheid en van vuurwapenlisensies wat in terme van Wet 60 van 2000 uitgereik is (die sogenaamde witlisensies), is vir geruime tyd reeds aan die gang.

Aansoeke vir die hernuwing van ?witlisensies? (dus uitgereik in terme van die ?nuwe? vuurwapenwet) moet 90 dae voor die vervaldatum van die betrokke lisensie ingehandig word. Hiervoor word die vorm, SAPD 518(a) ingevul, plus ?n Aanhangsel A wat by die polisiestasie beskikbaar is.

Let asb op die bepalings van Artikel 24 van die Vuurwapenwet (60 van 2000), wat lees:

24 Hernuwing van vuurwapenlisensies
(1) Die houer van 'n lisensie uitgereik ingevolge hierdie Hoofstuk wat verlang om die lisensie te hernu moet minstens 90 dae voor die verstrykingsdatum van die lisensie by die Registrateur aansoek doen om die hernuwing daarvan.
(2) Die aansoek moet-
(a) vergesel gaan van die inligting wat voorgeskryf word; en
(b) afgelewer word aan die Aangewese Vuurwapenbeampte verantwoordelik vir die gebied waarin die aansoeker gewoonlik woonagtig is of waarin die aansoeker se besigheid is, na gelang van die geval.
(3) Geen aansoek om die hernuwing van 'n lisensie mag verleen word nie tensy die aansoeker aantoon dat hy of sy steeds aan die vereistes vir die lisensie ingevolge hierdie Wet voldoen.
(4) Indien 'n aansoek om die hernuwing van 'n lisensie ingedien word binne die tydperk waarvoor in subartikel (1) voorsiening gemaak word, bly die lisensie geldig totdat die aansoek beslis is.

In terme van die hernuwing van bevoegdheid (competency) is daar in die huidige wetgewing en Regulasies wat in plek is, nie prosedures voorgeskryf nie.

Die veronderstelling is dus dat heraansoeke vir hernuwing van bevoegdheidsertifikate moet geskied op ten minste die datum waarop die verval. Dit word egter voorgestel dat vuurwapeneienaars wie hulle bevoegdheidsertifikate moet hernu, ook poog om die aansoeke 90 dae voor die verval daarvan in te handig. Hierdie bepaling is in die wetswysigings wat waarskynlik eersdaag geimplimenteer sal word. So doen dit nou reeds.

In ?n SAPD administratiewe direktief van 20 Mei 2010 word angedui dat bevoegdheidsertifikate geldig bly totdat aansoeke vir hernuwing afgehandel is.

Die SAPD erken die verskillende eenheidstandaarde wat deurloop moes word en waarvan die sertifikate nog deur POSLEC SETA uitgereik was. Hierdie eenheidstaandaarde wat deur POSLEC onderskryf was, moes voor 31 Desember 2007 deurloop gewees het. Na 1 Jauarie 2008 is opleidingsertifikate deur SASSETA onderskryf en is die nommers en inhoud van die eenheidstandaarde mettertyd verander.

Die eenheidstandaarde wat deur die SAPD erken word en wat deur die ou POSLEC sertifikate onderskryf word, is:

ES 10748: Gebruik van Handwapen
ES 10754: Gebruik van Haelgeweer
ES 10756: Gebruik van Handmasjienkarabyn
ES 10750: Gebruik van Geweer
ES 117705: Kennis van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000)


Verskans uself teen enige problem wat u negatief kan raak in die hernuwing van bevoegdheid of van vuurwapenlisensies.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Hernuwing van lisensie en bevoegdheid sertifikate

Post by MEERKAT »

Hernuwing

'n Vriend van my het onlangs sy hernuwings ingedien waarop almal afgekeur is.(3 Gewere en pistool)
Het al die chasa goete gedoen , lid van suid kaap jagters vereniging , jag tien maal meer as die gemiddelde jagter met al die nodige bewyse, en verklarings van boere.

Het toegewyde jagter status, ens.

Met aansoek vir gebruikspermit vir haelgeweer word die permit goedgekeur in dieselfde week, maar al die ander gewere afgekeur.
By verdere navraag oor redes vir die besluit word hy meegedeel hy moet maar appeleer teen besluit van die raad.

Wie het bietjie meer kennis rakende so 'n uitslag?

Mooi loop
MEERKAT
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Hernuwing van lisensie en bevoegdheid sertifikate

Post by Stefan764 »

As hy paar rand wil spandeer en n PUNT wil bewys kontak George Nel, hy sal help.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Hernuwing van lisensie en bevoegdheid sertifikate

Post by Christo »

Stefan764 wrote: As hy paar rand wil spandeer en n PUNT wil bewys kontak George Nel, hy sal help.
Hy het my ook gehelp, DIT VAT NET LANK. Ek het gedink hy en sy span kan dinge gouer gedoen kry.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply