Jakkals maniere

Post Reply
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Jakkals maniere

Post by GIDO »

naand mense

kom vanoggend by die skape wat lam en daar le 4 lammertjies gevang.2 van die lammers is opgevreet en die ander 2 net doodgebyt.bytplekke is almal aan die kop.gate onder die onderkaak en bo-op die kop.1 lam se kop is ingeduik bo-op van die krag van die byt.dink dis jakkals,maar my vraag is moet ek more-aand gaan soek na hulle of vanaand.ek weet n rooikat vang elke 2de aand,maar wat is die jakkals se manier,as dit wel n jakkals is?

groetenis GIDO
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jakkals maniere

Post by jaracal »

Gido
Hoe wyd is die boonste of onderste gate uitmekaar. Maw tussen die slagtande. Hoe oud is die lammers, is die karkaste gesleep tot op 'n plek en daar gevreet. Is dit op die slaapplek gevang. Is die totale karkaste opgevreet of is die skelet (bene) nog in plek.Rooikat wyfie met kleintjies kan elke nag vang.
Jammer vir al die vrae maar dit is moeilik om 'n opinie te gee met die gegewe inligting.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: Jakkals maniere

Post by GIDO »

naand heinrich

weet jy die bytplekke is net een gat onder en bo-op die kop was dit moeilik om te sien(kon net een gat duidelik sien).weet nie of daar n slagtand onder uit is nie.die lammers is so n week oud min of meer.3 van hulle le omtrent so 20 meter van die slaapplek af terwyl 1 wat kaal afgeeet is so 150 m van slaapplek by n kloof in bossies le.1 lam se kop en een agterboud het oorgebly.ander 1(die 150m lam) se karkas was al wat oor was(alle vleis skoon afgeeet).ander 2 net doodgebyt.hoop die inligting help,want ek moet die ding vrek maak.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jakkals maniere

Post by jaracal »

Moet se^ die slaapplek inligting dui daarop dat dit moontlik 'n kat is, moontlik ma met een of twee groterige kinders vir die hoeveelheid wat hulle eet. Wat bietjie pla is die boud wat oorbly en dan die karkas (bene)- kat eet gewoonlik vel, been en vleis, jakkals eet vleis van bene en vel af, net die vel en bene bly oor.

Hoop dit help
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
GIDO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Fri Feb 01, 2013 10:26 am

Re: Jakkals maniere

Post by GIDO »

jis heinrich

ag dankie vir die inligting.ek waardeer dit.jy maak my eintlik bly as jy dink dis n kat.die ding is katte jag ken ek goed,maar rooijakkalsjag is nog n leerskool.ons sal ons maar moet inrig vir jakkalsjag,want hulle word oral nou in die wes-kaap opgemerk en hulle begin nou regtig skade aan te rig in ons area.
groetenis
Post Reply