weatherby sub moa

Post Reply
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

weatherby sub moa

Post by mossie »

Goeie naand

Is daar iemend wat ondervinding het van die Weatherby sub moa reeks en dalk nog meer spesifiek in 243 Win. Groepeer die goed oor die algemeen goed? Ek weet hulle word onder lisensie in Japan gemaak- beteken dit "store in a cool, dry place" of kan jy die yster vertrou?

Laat weet asb!!!!!

Mossie
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: weatherby sub moa

Post by DSBW »

Mossie

Ek het ondervinding van so 'n Weatherby in .257 Weatherby Magnum. Die roer het 'n barshou geskiet, vir 800 skote, toe groet die lopie, wat normaal is vir die kaliber, niks met die roer se kwaliteit te doen nie. Daai een het dodelik geskiet in sy kort leeftyd.

Dawie
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: weatherby sub moa

Post by Piet Breedt »

Mossie die Weatherby Vanguard word deur Howa in Japan vir die Weatherby maatskapy vervaardig, en ons almal weet teen die tyd dat die Howa n uitstekende akkurate geweer is. As die Sub MOA ook van daar af kom, kan jy hom maar koop. Kyk maar net of jy nie dalk baie goedkoper kan wegkom deur eerder n Howa te koop.

Toe ek in 2007 in Amerika gaan skiet het, was die Amerikaners gaande oor die Howa's. By een groot geweerwinkel het die verkoopsman my meegedeel dat die toleransies op die Howa mod 1500, wat n namaaksel van die Remington mod 700 is, selfs nog beter is as die van die Remington, en ook dat die staal baie harder is. Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar toe ek vir my n Jewell sneller laat opsit het op my Howa, s? die geweersmidt vir my dat hy in sy hele loopbaan as geweersmidt nog nooit op so n harde aksie gewerk het nie.
hagar

Re: weatherby sub moa

Post by hagar »

Ek het n Howa Vanguard 30/06 gehad wat ek aan een van my vriende in SA verkoop het, die ding het geskiet dat die byle huil. Het pas n Browning Micro Medallion 22/250 verkoop wat deur Howa gemaak is, die geweertjie het baie netjies geskiet, 1/2 moa met n goeie lading, maar ek jag deesdae nie meer ongediertes nie, sal wag tot ek teruggaan Arizona toe.

Ek het ook n 340 en n 338 Mark V, een is in Japan gemaak en een in die VSA, hulle lyk identies, en altwee skiet baie goed, ten minste 1moa of beter. Jy moet egter net 3 skoot groeperings skiet met die 340, want op skoot #4 knyp jy jou oge toe voor jy die sneller trek!
Post Reply