Kanker

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Post Reply
Fanie

Kanker

Post by Fanie »

Hier is iets om te lees oor kanker wat vir baie mense 'n bate kan wees.

http://www.rifemedic.co.za/documents.html

Laai die Kanker inligting / Cancer information - Kanker07 dokument af en lees daardeur.

Dis my boetie se werk daardie, so as ek enige skete en kwale het dan vra ek eers vir hom. Hy het op 'n stadium vir my van die MMS goed gegee en toe ek so ruk terug een of ander pes kry toe onthou ek daarvan. Paar uur later is die keelseer weg en die piep daarmee saam. Ongelooflike goed.

Ek het so paar jaar gelede begin benoud voel as ek saans gaan slaap. Dok se ek het so bietjie kolestrol wat ek besig is om te ontwikkel. Hy skryf toe vir my goed voor en dit help toe. Wat my toe nou vies maak is ek moet elke maand of so 'n nuwe voorskrif kry en dis geld. Ek bel my boet. Hy se ek moet rooipeper eet en gee my natuurlik sommer 'n lesing oor al die "moet's en moenie's", soos Vlakvark se bla bla bla, (ek kan nooit al die goed onthou nie). Ek het die rooipeper wel onthou, skepties aanvanklik, maar dit werk. Ek het meer energie, so bietjie gewig verloor, en ek voel beter oor die algemeen. Rooipeper ouens.

Ja en as jy te veel in jou kos gooi dan sal die rond dansery van die brand jou sommer fiks hou ook ;D Begin matig.

Sterkte.
Post Reply