Page 1 of 2

hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Wed Apr 10, 2013 10:19 pm
by Pvdw
Manne ek wil graag hoor watse ondervindings julle het met doppe wat vassit tydens full size?

Wat het julle gevind laat doppe baie vassit en hoe het julle dit reg gemaak.

Wat van die volgende is moontlikke oorsake. Swak/verkeerde lube, te min/te veel lube, vuil dies, vuil doppe?? Wat van die maak baie probleme en wat nie.

Is daar regtig sekere make dies wat meer vassit as ander??

Luister graag.

Peet.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Wed Apr 10, 2013 10:26 pm
by Johan Nel
Peet die grootste enkele oorsaak wat ek beleef het is weens te min of geen lubing nie, met baie pyne om daai doppe uit die matrys uit te kry agterna. Doppe fabrikate wat ek gebruik het kon ek nie noemenswaardige verskil tussen fabrikate onthou nie, maar dan het ek maar 'n spesifieke fabrikaat op 'n keer gebruik (PMP, Winchester, Sellier & Bellot).

Groete,
JHN

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Wed Apr 10, 2013 10:33 pm
by Cobus(Cobb)
Al my vassit kere was agv te min of geen lube in die bek van die dop, daai decapping pin byt lelik was...het al 'n shelholder so verwoes, en moes daai doppe met sukkel uitkry

Cheers

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Wed Apr 10, 2013 10:39 pm
by LongWolf
Cobus

vra vir interessantheid - watter maak dies gebruik jy.
ek oordoen glad nie die lubb nie en het nog nie so probleem ondervind met my RCBS dies nie.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Wed Apr 10, 2013 10:54 pm
by Carl
Lube Peet dis volgens my al wat kan probleem gee. Ek laai nog nie lank genoeg om sif matryse probleem mee te sit nie.
Ek gebruik RCBS en het nog nie 'n vassit gehad nie, as hy effens stram raak rol ek die doppe weer op die smeermiddel. Nog nooit duike gehad van te veel lube nie.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Wed Apr 10, 2013 10:57 pm
by LUAN
Het sopas 50 doppe vir die 303 gesize en als. Gebruik Lee dies en Lyman case lube en Lee buisie lube in die doppe se bek. Ek het nog nie n dop gehad wat vas sit maar aai daai decapping pin trek darem die doppe skeef runout se moses. Ek het al decap pins kleiner gefyl met die hoop om dinge te verbeter maar dan size die nekke weer te klein en word die koeel so styf geseat die dop "bulge". Kry maar n necksizer.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Wed Apr 10, 2013 11:56 pm
by NEGE3
Ek het ook ondervind dat te min lube 'n groot oorsaak is. Te veel veroorsaak weer dat daar so klein duikie op die skouer verskyn. Ek smeer so elke 3de dop se nek aan die binnekant met 'n oorstokkie.
Na elke 10 doppe was ek die setmaat met thinners en 'n kwassie uit en blaas hom droog.
Aan die begin het ek ook doppe gekry wat vassit en het vir my so gereedskap stukkie gedraai soos wat op GS Custom se web blad onder Usefull Stuff gewys word. Hy beskryf die hele proses daar.
Ek gebruik Lee, Lyman en RCBS setmate en almal werk goed vir my.
Weet nie hoeveel keer jy 'n dop gebruik nie maar dopverharding kan ook 'n oorsaak wees glo ek.
Groete.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 3:42 am
by Giepie
Laai nog baie kort, maar het klaar agter gekom wat se verskil die lube maak. Aan die begin Lee se buisie wit lube gebruik wat goed werk, maar nou 'n "pad" gekry met Lyman lube. Gee elke dop maar so vryf aan die binnekant ook.

As ek klaar gevorm het vee ek elke dop maar weer skoon, veral die nek. Ek het gesien hoe sit die kruit in die nek aan die lube vas. Sal op die volgende groep na vorm en decapping eers skoonmaak binne en buite.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 6:06 am
by Armand Steenkamp
Kan dalk jou dis ook wees, haalbietjie uit mekaar ek kyk of jy iets snaaks sien. Ek het op n kol lee se lube gebruik en toe na n lang tyd haal ek die dies uit mekaar ek sien dat daar roes sit. Dit kan moontlik n dop laat vassit.

Groetnis

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 6:13 am
by Giepie
Het al oopgemaak, daar was geen roes nie. Die dies is gebruiktes en dit het wel gelyk of van die olie dik geword het. Dit skoon gemaak, maar toe juis gevoel of dit weer stywer is. Die doppe ge"lube" en werk toe beter.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 6:49 am
by tripodmvr
Vuil doppe en nie oordentlike verspreiding van die smeermiddel is die 2 hoofredes vir vassit. Het nog net een dop in my herlaai tydperk van 20jr + gehad wat vasgesit het - vuil dop.

My aanbeveling sal wees - skoon matryse, Imperial sizing wax, vryf wande van dop ook met smeermiddel en skoon doppe en jy behoort geen probleem te hê nie.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 6:59 am
by BRNO (Pierre)
Volgens my is die twee vernaamste plekke wat kan vassit die dop se nek, en die onderste derde van die dop. Dit moet gelube word, maar soos genoem ook nie te veel nie. Uit persoonlike ondervinding weet ek dat as jy waar die skouers en nek bymekaar kom aan die binne kant nie lube nie, is die kans feitlik 100% dat die binneste sizing rod die dop gaan skeef trek soos hier bo genoem.

Vernem die Lee dies moet gereeld sommer oornag in parrafin gele word, om seker te maak dat alle ou olie en lube skon kom. Ek gebruik, Lee, RCBS en Redding dies vir my gewere, en het al in almal n dop gehad wat vassit (eergister weer), en elke keer was dit a.g.v. te min lube.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 8:41 am
by LUAN
Dankie vir daai een Pierre ek smeer bietjie Lee se wit buisie lube aan die binnekant van die nek maar nooit tot onder waar die skouers bymekaar kom. Sal dit volgende keer probeer hopelik kom die doppe meer reguit uit. Ja mens moet eintlik jou die skoonmaak reg na jy gesize het ek sien daardie pin hou van vinnig begin roes.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 8:48 am
by Jean Marais
tripodmvr wrote:Vuil doppe en nie oordentlike verspreiding van die smeermiddel is die 2 hoofredes vir vassit. Het nog net een dop in my herlaai tydperk van 20jr + gehad wat vasgesit het - vuil dop.

My aanbeveling sal wees - skoon matryse, Imperial sizing wax, vryf wande van dop ook met smeermiddel en skoon doppe en jy behoort geen probleem te hê nie.
Ek stem hier saam. Die enigste keer wat 'n dop by my vasgesit het, was to ek te min lube opgesit het. Ek gebruik ook Imperial se sizing wax. Dis baie goed. Ek sit egter nooit smeermiddel binne die dop nie. Ek gebruik 'n baie fyn Mica of grafiet poeier waarmee ek my nekke aan die binnekant "smeer". Maak 'n reuse verskil. Dit help ook dat die koeël gladder set.

Hier's die tipe wat ek gebruik: http://forsterproducts.com/catalog.asp?prodid=701223

Groete

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 8:49 am
by SV MAD (Henk)
Het enige iemand al issues gehad met Hornady dies? Ek het nog nooit 'n dop gehad wat vassit met hornady nie/ Hornady dies het ook so 'n klein gaatjie dat as jy te veel lube het dan druk dit daarso uit, dan vervorm jou dop nie.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 8:52 am
by Carl
Ek het sommer 'n "carborator cleaner" spuit kannetjie by Builders gekoop. Ruik soos petrol, paar spuite na 'n ruk se gebruik en dan mooi uitvee met lap wat nie afgee nie.
http://www.wynns.co.za/index_htm_files/102.jpg
Dit wys jou net ons is almal eens, smering/"Lube" is soos in ander aspekte van die lewe baie belangrik, Kampvuur kuier :police: , Honeymoon >:D ens

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 9:00 am
by NEGE3
SV MAD (Henk) wrote:Het enige iemand al issues gehad met Hornady dies? Ek het nog nooit 'n dop gehad wat vassit met hornady nie/ Hornady dies het ook so 'n klein gaatjie dat as jy te veel lube het dan druk dit daarso uit, dan vervorm jou dop nie.
Geen probleem met hulle nie. Werk baie lekker en die afwerking is ook goed.

As ek nuwe setmate koop maak ek seker dat die sizing pin baie glad en blink is. As ek enigsens masjineer merke daar sien los ek hom.
Groete.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 9:01 am
by LUAN
SV MAD (Henk) wrote:Het enige iemand al issues gehad met Hornady dies? Ek het nog nooit 'n dop gehad wat vassit met hornady nie/ Hornady dies het ook so 'n klein gaatjie dat as jy te veel lube het dan druk dit daarso uit, dan vervorm jou dop nie.
Lee se dies het ook so gaatjie.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 9:43 am
by KC
Ek stem saam met almal. Dis te min lube wat jy gebruik.

Te veel en jy "dent" jou doppe veral op die skouer gedeelte.

Ek gebruik Lee se buisie wax base lube en nog nooit het n dop vasgesit in n die maar met RCSB dies kan jy maklik die skouer gedeeltes duike in kry met n biedjie te veel lube.

Onlangs het ek vir my n Redding body die aangeskaf en nog nooit weer daardie duike ondervind op die skouer gedeelte.

Ek is miskien gelukkig maar dalk is die die so ontwerp om van die oortollige lube weg te werk

As jy nie n neck sizer het dan kan dit wys wees om die binne kant van die nekke met die lee lube te smeer omdat daardie expander ball baiekeer ook maar stram deur die nek gedeelte beweeg

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 10:01 am
by jamalley
Ek weet dat die nie heeltemal by hierdie vraag inval nie, maar maak julle manne so dan en wan julle dies skoon en indien wel, waarmee? Is dit nodig - ek sien iemand het hierbo genoem van parafien? Ek het gevind at met Lee se lube pak my expander ball partykeer aan en sal graag die regte advise hieroor wil bekom.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 10:07 am
by KC
jamalley wrote:Ek weet dat die nie heeltemal by hierdie vraag inval nie, maar maak julle manne so dan en wan julle dies skoon en indien wel, waarmee? Is dit nodig - ek sien iemand het hierbo genoem van parafien? Ek het gevind at met Lee se lube pak my expander ball partykeer aan en sal graag die regte advise hieroor wil bekom.

Vee hom met n skoon lappie af . Ek trek sommer n skoon lappie deur die body die dit haal al die oortollige lube af.

So dan en wat spuit ek die buitekante met n dun lagie Q20 om roes te voorkom en vee dan weer met n lappie af

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 10:21 am
by jamalley
Dankie

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 10:33 am
by LUAN
Ek gebruik net asetoon lappie om skroewedraaier gedraai en vee die binnekant mooi uit en klaar.

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 10:36 am
by jamalley
Ek het al gehoor van die asetoon manier, sal dit beslis gebruik, dankie

Re: hoekom sit doppe vas tydens sizing??

Posted: Thu Apr 11, 2013 12:08 pm
by Jean Marais
Ek gebruik lighter fluid