jakkals voorsit

Post Reply
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

jakkals voorsit

Post by johans »

wie van julle boere doen nog die voorsit jagte.waar 5of 6 manne in n nek van die een voet van die berg oorsit tot aan die ander kant.dan word daar aangejaag met honde vuvuzelas en enige ding wat lawaai maak van die ander kant na die voorsitters toe.ons doen dit nog hier.raak net moeilik om genoeg manne bymekaar te kry omdat almal besig is en arbeid duur.dit bly maar lekker
leendert
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sun Mar 17, 2013 12:15 pm

Re: jakkals voorsit

Post by leendert »

Hier in ons omgewing doen ons dit nog met perde en voorsitters. Ons is gelukkig nog ñ klompie boere wat mekaar help maar dit is maar ook nie altyd suksesvol nie. Die jakkalse leer dit ken en dan maak hul ander planne.
"Responsible Hunting for Sustainable Live"
. PHASA
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: jakkals voorsit

Post by Jassie »

Leendert

Het jy 'n idee wat hulle doen as hulle jou storie geleer het?

Groete
JAS
User avatar
Arno Pienaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 280
Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm

Re: jakkals voorsit

Post by Arno Pienaar »

Johan
Ons doen dit nog,baie lekker,vlek word lekker gekap.
Groete Doons
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: jakkals voorsit

Post by hebron »

Lank terug het ons boere dit ook nog gedoen; maar die sukses was maar min.
Die bymekaarkom en kuier na die tyd het opgemaak vir die jakkals wat weggekom het!!

Nog in die Le-metford tyd het een boer (goeie skut) met sy roer opgedaag maar sy patrone by die huis vergeet, gelukkig het die meerderheid nog met 303s geskiet en baie was bereid om amo te verskaf siende dat die oom een van die beter skuts was. Met die vraag hoeveel koeels hy wil he, vra hy toe vir die eienaar van die plaas hoeveel jakkalse hy het en met n antwoord dat daar slegs 1 is vat hy toe ook net 1 koeel.En daar skiet oom Chrisjan daai jakkals in volle vaart op 200yaarts nog voor enige van die ander mense nog die jakkals kon sien.

Sien; dit was lekker, 30+ jare later onthou n mens nog daai een jakkals

Groete Willem
Post Reply