Page 1 of 2
S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Sun Mar 31, 2013 11:40 pm
by LongWolf
Hallo Almal
het hulp nodig asseblief.
lyk my S365 is so skaars soos hoendertande!!!
is daar n plaasvervanger wat goed werk vir die 30 06 wat meer gereedlik beskikbaar is ?
of moet ek maar eerder wag tot die "stock" op die rake is.
ek gebruik 168gn Nosler Custom Competitions.
ek sien die boekie gee S341 en S335 ook aan.....Maar wat se julle?

Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Sun Mar 31, 2013 11:48 pm
by tripodmvr
As dit so is dat jy glad nie meer kan skiet nie, sal ek S341 aanbeveel synde dit bykans dieselfde werkverrigting as S365 gee. Die winter is op hande en dan sal die temperatuur sensitiwiteit nie aanleiding gee tot te hoë druk nie.
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Mon Apr 01, 2013 4:30 am
by mariusr
Sal ook se S341 is ook goedkoper! Onthou net om magnum primers te gebruik!
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Mon Apr 01, 2013 8:25 am
by LongWolf
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Mon Apr 01, 2013 9:38 pm
by LongWolf
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Mon Apr 01, 2013 9:51 pm
by mariusr
Liewe magtig VLT,SO,Moot wapens,La arms,Zimbi en Pro-shot Arcadia!!??
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Tue Apr 02, 2013 4:17 am
by tripodmvr
S361 en S385 is baie naby aanmekaar.
S341 is vinniger as S365, maar behoort beter te wees as S361 wat te stadig gaan wees.
Somchem toon 3 dryfmiddels wat hulle in die 30-06 gebruik het nl. S365, S341 en S335. S341 se werkverrigting is amper soortgelyk as S365 vir 'n breë spektrum van koeëlgewigte. Daarom my aanbeveling.
S335 is te vinnig en val veral uit met die swaarder koeëls.
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Tue Apr 02, 2013 6:20 am
by mariusr
Probeer Camdix in Krugersdorp!
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Tue Apr 02, 2013 7:09 am
by DWB
S355? Baie goeie alternatief op die 30-06?
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Tue Apr 02, 2013 9:06 am
by BRNO (Pierre)
mariusr wrote:Probeer Camdix in Krugersdorp!
mariusr wrote:Liewe magtig VLT,SO,Moot wapens,La arms,Zimbi en Pro-shot Arcadia!!??
Ek was tot die naweek in Shelly Beach, en kon van die Noslers daar koop wat Safari nog nie ingekry het nie, waarvoor ek wag. Daar is ook nie n blik kruit in sig nie.
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Tue Apr 02, 2013 2:14 pm
by KC
Stem saam met tripodmvr,
as jy dan iets anders wil probeer dan sal jy heel moontlik goed doen met S341
S335 is te vinnig vir n 165
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 9:47 am
by Vaalboer
Hi
Ek gebruik eerder S341 as S365. Ek sukkel om met S365 die spoed te kry wat ek verlang.
Gebruik tans 53 grein S341 op 168 grein Nosler balistic tips.
Groete
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 10:27 am
by mariusr
Genade mense dan is hier 'n krisis op hande met kruit wat so skaars is!
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 7:50 pm
by Wouter Roets
Hallo Francois
As alternatief vir S365 sal ek S355 sterk aanbeveel in die 30-06 met die Nosler 168gr koeel. Teen drukvlakke van 60 000psi is dopvulling net so raps kort van die 100% merk. Ontbranding is ook 100% so als in als n baie geskikte kruit vir die kombinasie.
S341 se dopvulling is in die orde van 90% teen dieselfde druk(60 000psi) wat al klaar aan die lae kant is vir konstante ontbranding. Die dag as ons Somchem se raad en aanbevelings as die Alfha en Omega begin sien in herlaai is die dag wat ons almal maar eerder moet berus om net met gekoopte aminusie te jag!
Groetnis
Wouter
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 8:09 pm
by LongWolf
Wouter Roets wrote:Hallo Francois
As alternatief vir S365 sal ek S355 sterk aanbeveel in die 30-06 met die Nosler 168gr koeel. Teen drukvlakke van 60 000psi is dopvulling net so raps kort van die 100% merk. Ontbranding is ook 100% so als in als n baie geskikte kruit vir die kombinasie.
S341 se dopvulling is in die orde van 90% teen dieselfde druk(60 000psi) wat al klaar aan die lae kant is vir konstante ontbranding. Die dag as ons Somchem se raad en aanbevelings as die Alfha en Omega begin sien in herlaai is die dag wat ons almal maar eerder moet berus om net met gekoopte aminusie te jag!
Groetnis
Wouter
Wouter
dankie man... ek voel dieselfde. In terme van herlaai beskou ek myself nog as n baba . . . maar weet darm al genoeg om veilig en akkuraat te wees.
ek het egter nog nie met verskillende kruit getoets nie omdat ek daar nog ver te kort skiet aan kennis.
dis juis hoekom ek aandagtig deurlees en almal se kommentaar waardeer.
in een van kassie kasselman se artiekels (iewers- kan nie meer presies onthou waar nie) het hy gepraat van "dop vul"
toe ek in die boekie kyk vir n alternatief het ek juis na daardie faktor gekyk en juis toe besluit om die "Jakkers" te vra,
ek sien dit was n goeie keuse gewees.
die vulsel bly egter skaars om ini hande te kry... zimbi en safari se mane het net gelag toe ek vra.
maar sal volgende week weer gaan hoor.
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 8:37 pm
by Jaco Swart
Simon
Sorry ek hi jack jou post
As daar manne is wat S 365 soek, ek het nog so paar blikke oor.
Groete
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 8:40 pm
by mariusr
Prys !?
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 8:54 pm
by BRNO (Pierre)
Jaco Swart wrote:Simon
Sorry ek hi jack jou post
As daar manne is wat S 365 soek, ek het nog so paar blikke oor.
Groete
As jy nog lot66 het sal ek n paar blikke neem. Laat weet asb.
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 8:56 pm
by BRNO (Pierre)
Camdix het gister gehad teen 285/blik. Zimbi ook maar dit is uitverkoop.
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 8:57 pm
by Jaco Swart
Lot 69
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 9:00 pm
by Andre CZ
Naand Almal !
Het vandag S365 by Centurion indoor gekry hy het nie baie nie maar seker nog so 20 blikke
Groete
Andre
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 9:08 pm
by Jaco Swart
Longwolf.
Sien hulle sê daar is by Centurion. Hoor eers daar dan laat weet jy my. Dit sal dan help dat jy nie die courier kostes het soos by my nie.
As jy nie regkom nie laat weet maar.
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Thu Apr 04, 2013 9:31 pm
by LongWolf
Jaco Swart wrote:Longwolf.
Sien hulle sê daar is by Centurion. Hoor eers daar dan laat weet jy my. Dit sal dan help dat jy nie die courier kostes het soos by my nie.
As jy nie regkom nie laat weet maar.
Jaco
dankie sal laat weet.
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Fri Apr 05, 2013 6:56 pm
by Andre CZ
Julle ouens toe reggekom met S365 ?
Re: S 365 / plaas vervanger ?
Posted: Fri Apr 05, 2013 7:19 pm
by LongWolf
Andre
eks by die huis na n operasie , so sal eers volgende week centurion toe kan gaan vir kryt.