Wouter Roets wrote:Hallo Francois
As alternatief vir S365 sal ek S355 sterk aanbeveel in die 30-06 met die Nosler 168gr koeel. Teen drukvlakke van 60 000psi is dopvulling net so raps kort van die 100% merk. Ontbranding is ook 100% so als in als n baie geskikte kruit vir die kombinasie.
S341 se dopvulling is in die orde van 90% teen dieselfde druk(60 000psi) wat al klaar aan die lae kant is vir konstante ontbranding. Die dag as ons Somchem se raad en aanbevelings as die Alfha en Omega begin sien in herlaai is die dag wat ons almal maar eerder moet berus om net met gekoopte aminusie te jag!
Groetnis
Wouter
Wouter
dankie man... ek voel dieselfde. In terme van herlaai beskou ek myself nog as n baba . . . maar weet darm al genoeg om veilig en akkuraat te wees.
ek het egter nog nie met verskillende kruit getoets nie omdat ek daar nog ver te kort skiet aan kennis.
dis juis hoekom ek aandagtig deurlees en almal se kommentaar waardeer.
in een van kassie kasselman se artiekels (iewers- kan nie meer presies onthou waar nie) het hy gepraat van "dop vul"
toe ek in die boekie kyk vir n alternatief het ek juis na daardie faktor gekyk en juis toe besluit om die "Jakkers" te vra,
ek sien dit was n goeie keuse gewees.
die vulsel bly egter skaars om ini hande te kry... zimbi en safari se mane het net gelag toe ek vra.
maar sal volgende week weer gaan hoor.