Sako en Norma doppe.

Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Sako en Norma doppe.

Post by Chevvy SS »

Ek het vanoggend volume van beide geweeg nadat ek 3 doppe van elk eers afsondelik geweeg het. Die volumes is werklik baie naby aan mekaar.

Ek het ook êrens gehoor die doppe word of in dieselfde fabriek, of volgens dieselfde toleransies vervaardig.

Die doppe is presies dieselfde voorberei- kan ek dus aanvaar dat ek die doppe kan meng?

Dankie.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Sako en Norma doppe.

Post by THOMAST »

Is hulle interne volumes dieselfde?
Net omdat hulle amper diesefde weeg, beteken maar min. Die een dop mag 'n swaarder web en kop hê met dunner wande, die ander miskien omgekeer.
Beste is maar om self te laai en te skiet en kyk wat maak hulle (verkieslik op 200m+)
Ek vermy maar om verskillende fabrikaat dope te meng, ek sê nie dit kan nie gedoen word nie, dis net een minder veranderlike vir my.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Sako en Norma doppe.

Post by BRNO (Pierre) »

Sou die samestelling van twee fabrikaat doppe nie ook kan verskil dat dit sagter/ harder is, en dan verskillend reageer wanneer n skoot afgetrek word nie? Of die een dop rek meer as die ander, dws jy sny meer brass af wanneer jy jou nekke sny, en die interne volume begin na drie of vier skote verander.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Sako en Norma doppe.

Post by Chevvy SS »

Thomas, die volumes is amper dieselfde soos ek gesê het.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Sako en Norma doppe.

Post by THOMAST »

Jammer Chevvy SS ek lees maar sien nie raak nie :-[
Is die nekwand diktes dieselfde? Skouer dimensies?
As hulle almal uitgegloei is, is die kanse seker goed dat hulle baie naby aan mekaar sal wees i.t.v. groepering en POI.
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Sako en Norma doppe.

Post by Chevvy SS »

Thomas, almal is dieselfde lengte gesny, buitewande dieselfde, flasholes dieselfde, selfde gesize.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Sako en Norma doppe.

Post by Johan Nel »

Chevvy,

My ongekwalifiseerde mening: ek meng nie 170g Hornady koeels en 170gr Sierra koeels wanneer ek herlaai nie en gebruik hulle dan gemeng om 'n groepering te skiet nie. Ek meng ook nie Federal en CCI slagdoppies vir 'n groepering skiet nie, dan gaan ek ongemaklik voel om twee verskillende make doppe te meng en saam te gebruik vir 'n groepering,:- my gevoel ! Mens kan al hierdie dinge so doen, maar die resultate kan hoogs waarskynlik nie na wense wees nie. Dalk bewys jy my verkeerd!!

Groete,
JHN
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Sako en Norma doppe.

Post by Chevvy SS »

Jhan, ek is ook glad nie 'n voorstander van meng nie, maar koeéls is 'n ander storie.

As jy lees wat ek reeds genoem het, is daar basies geen verskille in die doppe nie.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Sako en Norma doppe.

Post by Johan Nel »

Is reg, toets maar en kyk maar na die resultate,

Groete,
JHN
Jaco B
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Tue Aug 21, 2012 9:51 am

Re: Sako en Norma doppe.

Post by Jaco B »

Hi Chevy

Ek stel voor jy herlaai altwee vir gebruik, maar gebruik hulle wel afsonderlik.
Ek , bv. gebruik Winchester doppe met CCI en Winchester primers, maar skiet groepering met slegs die een of die ander. Nie gemeng nie.

Hoop, dit help en maak sin.

Jaco
Miroku: ML-22
Sako Vixen: .222
Sako: 25-06
Musgrave Mod 98: 30-06
Taurus PT92-AF : 9mm P
Sauer & Sohn: .44 Magnum Chief Marshall 6"
Rossi : .44 Magnum Lever Action
Martini Henry .450
Beretta S56E 12br
Post Reply