Herlaai stel vir beginner!

Post Reply
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Herlaai stel vir beginner!

Post by PJB »

Goeie naand almal!
Ekt nou al mooi reg gekom op die forum omdat almal so nice help!

Nou kom daar weer n vraag asb? Ekt pas n 243 gekoop en sal graag wil self laai aangesien dit die goedkoopste en maklikste gaan wees op die lang duur! ( Ek hoop )

Nou wil ek hoor is daar iets soos n stel wat jy kan koop van die rak af wat volledig is? n Basic een want ek het nie duisende rande nie! Die stel moet iets in die omgewing wees van "ready to load" Dit hoef nie digitaal ens te wees nie! Ek sal mooi werk met oog ens as jy kan! Aangesien ek ook baie mooi groeperings op 100m met 100gr PMP Proamm skiet sal ek soortgelyke koeel wil skiet!

Ek sal dit waardeer as julle ook min of meer pryse by kan sit sodat ek kan weet waar en na wat om te kyk!
Ek kom baie by SO in PTA en ook by VLT!

Hoop vir die beste
Groete
Pieter
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by PWV »

Hallo Pieter

Ek het ook maar stadig begin met die aanskaf van herlaaigoed en later maar bygevoeg soos wat ek gevind het dit nodig is.
Het maar gekyk op plekke waar hulle adverteer en maar rondgevra by ouens op die skietbaan - kon nie nuwes bekostig nie.
Die belangrikste drie goed wat jy nodig het is 'n pers, matryse("dies") en 'n skaal.
Dan skaf jy 'n hand-apparaatjie aan wat jou doplengte kan sny en die skerp kante kan glad maak daarna ("debur").
Later kan jy 'n gasvlam-ding aanskaf as jy jou doppe wil "anneal".
Daar is "fancy" goed wat baie ouens het soos 'n "tubler", maar ek herlaai al jare en het nog nooit een gehad nie. Maak my doppe op 'n ander manier skoon.

Hier sal lede wees wat nog raad kan gee.

Groetnis
Pieter W.V.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by Pvdw »

Pieter ek neem aan jy is ook hier in Pretoria.

Wel as jy wil herlaai vir jag en plink sal ek LEE aanbeveel vir die begin.

Daar word gereeld baie eiertjies gelê oor LEE maar vir die jagter is dit al wt jy kort. Ek sal egter nie 375 of so met die kleiner LEE pers aandurf nie :P Het nog nooit nie en dalk is ek verkeerd.

Lee maak die Breech Lock Chalenger kit en dit het als in om mee te begin.

Bel rond en jy sal hom optel vir so R1650-R1850. Al wat ek sal bysit is 'n vernier om patroon lengte mooi te meet.

Skakel my of maak 'n draai by my as jy gou wil gesels.

082 920 3978

Peet
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by PJB »

Hi oom Pieter baie dankie ek sal dit verseker ook so doen! Maar met tyd oom tyd! Peet baie dankie die raad klink die heel beste! Ek is net besig die hele volgende 2 weke maar ek wil bitter graag daar uit kom sodat ek asb kan gesels oor die stel want ek wil regtig meer leer en so die nodige op doen om self te laai maar ek sal verseker gesels om daar uit te kom! Ek kan nie wag nie maar sal skakel vir planne Peet! Regtig baie dankie! Gesels weer! Lekker aand
Pieter
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by douw »

goeie naand pieter

ek het ook laasjaar begin herlaai vir my 300wm howa. ek sommer die lee breechlock stel gekoop by VLT. dit werk baie lekker en ek kan met alle eerlikheid sê dat dit vir 'n begin die beste opsie is. my beste groep self herlaai met die 300wm is 15mm op 100m. As jy wil draai maak as ek herlaai is jy welkom.

Groetnis
douw
User avatar
mw
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by mw »

Pieter,

Ipv om n goedkoop herlaaistel te koop, spaar eerder nog en koop eenkeer en koop reg, ek was in dieselfde bootjie as jy, het langer gespaar en toe RCBS by S&O gekoop vir R4900.Die ekstra goedjies wat nie in die kit was nie het my nog R3000 gekos,R7900 later het ek n herlaaistel wat my n leeftyd gaan hou!

( Ek kraak nie ander herlaaistelle af nie maar gewoonlik is goedkoop duurkoop!)

Groete
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by PJB »

Hi MW en Douw!
Baie dankie vir julle insette! Mw ek verstaan 100% wat jy daar se! Ek se dit ook altyd vir die manne in die vlieg hobby! Koop reg maar ek se n goedkoper heli vlieg baie die selfde as n heli met n naam! Jammer ek gebruik daai voorbeeld! Maar ek kan vir R7000 on menslik baie rondtes koop! Amper n 1000 rontes om meer presies te wees! Ek sal regtig een van daai stelle gaan kry wat Peet en Douw voor gestel het! Douw ek sal ook met graagte n draai wil kom maak! Ek sal regtig reel! En baie dankie vir die hulp! Lekker aand almal! Groete Pieter
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by JohanP »

Die waarheid is...Herlaai is ñ tameletjie.. (die res is tong in die kies :-)
Dit is ñ tweevoudige "ding"
Die voordeel van herlaai is veelvuldig, goedkoper, akurater, meer kwaliteit beheer ens ens
Die nadeel is... as jy dink jy begin krap aan groeperings met fabrieks ammunisie, wag tot jy herlaai...
As jy dink jy het al die megaftertjies wat jy nodig het, dink weer...
Herlaai is soos ñ beeldskone girlfriend... die addisionele vereistes en ekstras hou nooit op nie ;-D

As jy sport skiet, herlaai
As jy 3 maal per jaar gaan jag, en soveel keer skietbaan toe gaan..... Koop fabrieks ammunisie.
Ek wil jou nie afsit nie.... maar dit is feite

Ek het oor die R8000 spandeer aan al my goetertjies en megafterjies en musthaves en wantohaves en havebecausetheysaidso.
En ek sukkel steeds met die perfekte ladings vir my 3 x per jaar gaan jag...

MAAR.. ek hou van torring, en dit maak elke sent die moeite werd ;-)

Een ding wat ek geleer het is:
Die duurste, blinkste en wat voor op in die winkel se venster staan, is nie noodwendig die beste nie.
vra maar rond, en gebruik wyse oordeel.
Wat vir die Springbok Benchrest skut goed is, mag dalk te veel wees vir jou doeleinde.
Die Russe het ñ gesegde.. "Better is the enemy of good enough"

Geniet herlaai... dis werklik bevredigend
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by PWV »

JohanP wrote:Die waarheid is...Herlaai is ñ tameletjie.. (die res is tong in die kies :-)
Dit is ñ tweevoudige "ding"
Die voordeel van herlaai is veelvuldig, goedkoper, akurater, meer kwaliteit beheer ens ens
Die nadeel is... as jy dink jy begin krap aan groeperings met fabrieks ammunisie, wag tot jy herlaai...
As jy dink jy het al die megaftertjies wat jy nodig het, dink weer...
Herlaai is soos ñ beeldskone girlfriend... die addisionele vereistes en ekstras hou nooit op nie ;-D

As jy sport skiet, herlaai
As jy 3 maal per jaar gaan jag, en soveel keer skietbaan toe gaan..... Koop fabrieks ammunisie.
Ek wil jou nie afsit nie.... maar dit is feite

Ek het oor die R8000 spandeer aan al my goetertjies en megafterjies en musthaves en wantohaves en havebecausetheysaidso.
En ek sukkel steeds met die perfekte ladings vir my 3 x per jaar gaan jag...

MAAR.. ek hou van torring, en dit maak elke sent die moeite werd ;-)

Een ding wat ek geleer het is:
Die duurste, blinkste en wat voor op in die winkel se venster staan, is nie noodwendig die beste nie.
vra maar rond, en gebruik wyse oordeel.
Wat vir die Springbok Benchrest skut goed is, mag dalk te veel wees vir jou doeleinde.
Die Russe het ñ gesegde.. "Better is the enemy of good enough"

Geniet herlaai... dis werklik bevredigend
JohanP, het jy dalk van daardie "grand' goed wat jy wil verkoop?
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by JohanP »

Bitter min van my goed is "Grand"
Die Rand: Dollar wisselkoers het my gekou... :-)
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by PJB »

More Johan
Dit is presies wat ek ook aan gedink het! Veral as n mens gaan kyk na amper R8000 se toerusting! Baie geld en vrek baie rondtes! Ek wil regtig self laai maar ekt my mind op gemaak en besluit ek gaan die rigting van Peet en Douw gaan!
Weereens dankie vir julle hulp!

Lekker dag!
Groete
Pieter
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by JohanP »

Herlaai is baie pret, en ñ mens word ge forseer om dieper in die skiet kuns in te delwe.

enjoy the journey !

Groetstes
User avatar
Trevor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Thu Apr 12, 2012 3:22 pm

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by Trevor »

Niks fout met 'n Lee stel nie, doen wat hy gemaak is om te doen! En ek self laai baie lekkerder met my Lee "dies" as met my een Hornady "die" stel. En omdat ek elke dag met die goed werk het ek al baie stuck cases uit Hornady dies gehaal en nog nie een uit 'n Lee "die" stel van kliente nie.
In my winkel staan 'n Lee kit en Redding kit en dan is dit maklik om te sien waar die prys verskille in kom, as jy net na die debur tool kyk, Lee sin is plain en simpel en Redding sin is fancy maar altwee doen dieselfde job
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by ZKK »

Die bottom line is, ek dink ouens wat herlaai is geneig om meer gereeld skietbaan toe te gaan (Hierdie is n baie bree veralgemening), En enigiemand kan daaruit baat deur meer gereeld te skiet.

Om te herlaai is gewoonlik nie goedkoper nie, want mens skiet soveel meer, en met soveel beter komponente.
Ek skiet net vir sosiale plesier, en ek het in twee jaar 500 rondtes met my .308 uitgeskiet.
(en in die proses lankal my Redding press afbetaal met die geld wat ek gespaar het, ek spaar so R7 n rondte met die .308)
So 1000 rondtes is regtig nie so baie soos wat mense dit laat klink nie.

ONTHOU NET DIS N ADICTION, want ewe skielik is jou 1 duim groepering wat jy met fabrieks ammo geskiet het nie meer goed genoeg nie. Jy kan nie wag vir die week om verby te gaan sodat jy kan baan toe gaan om uit te figure hoekom jy die vorige naweek so k#@ geskiet het nie. En mens bly altyd karring om jou ladings te verbeter, ander koeels, ander doppe, ander kruite. Maar ultimately glo ek dit maak van jou n beter jagter, want mens skiet meer gereeld.
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by PJB »

Hi ZKK
Ek verstaan jou presies! Ek sien uit om dit te gaan try! Dankie baie vir die insette!
Groete
Pieter
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het verlede jaar Maart my Lee herlaai stel gekoop, en kyk vandag nie vir n oomblik terug nie, maar as ek dit weer van voor af moet doen sal ek dit soos volg benader. Ek sal eerder los komponente koop, en nie n stel nie, veral nie die Lee nie. Ek reken die Lee press is net so goed soos enige ander press, dus sal ek hom verseker aanbeveel, maar dan is daar n Powder charger en skaal, wat jy seker kan gebruik, maar dit is maar eindlik stront van die duiwel (vergewe my, ek weet hier is mense wat dit gebruik). Na ek die press gekoop het sou ek vir my n balk skaaltjie gaan koop (Lyman 500), dan n elektroniese verneer by Builders wharehouse, en van die begin af RCBS dies. Die die werk vir my persoonlik net beter as die Lee, maar daar is verseker nie fout met Lee dies nie. En so sal ek los komponente aanskaf tot my herlaai kamer volledig is.

Daar is verseker items wat jy in elk geval gaan moet addisioneel koop by enige stelle.
Veiligheid eerste manne!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by Eugene »

PJB, as ek my eiertjie mag lê, sal dit as volg wees: Ek stem saam met Pierre, koop eerder los komponente en koop reg. EK het self die Lee press en hy werk uitstekend vir my. Daar is baie ouens wat begin met 'n LEE press en dan later opgradeer en met 'n ekstra press sit. Monrique (SJ) op die forum het nou die dag een verkoop vir R600. Kyk ook om gumtree en bid-or-buy. Die LEE powder dispenser werk lekker met fyn tipes kruit maar nie so lekker met die growwes nie. Die skaal kan jy vir kinders gee om mee te speel. Dis onmoontlik om dit te zero en dit gaan jou gat lam maak elke keer wat jy daarmee werk!

As jy egter vir die "kit" wil gaan, hou ingedagte dat jy die volgende gaan moet bykoop:

1. Ordentlike skaal;
2. Powder trickler;
3. Vineer.
Aim small, miss small
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by smitjs »

Eugene wrote: Die LEE powder dispenser werk lekker met fyn tipes kruit maar nie so lekker met die growwes nie. Die skaal kan jy vir kinders gee om mee te speel. Dis onmoontlik om dit te zero en dit gaan jou gat lam maak elke keer wat jy daarmee werk!
1. Ordentlike skaal;
2. Powder trickler;
3. Vineer.
Die Lee kruit gooier is goed. Geen een van daardie kruit gooiers werk lekker met growwe kruit nie. Dis of in drup met die hand of elektronies. Nie eens die duur duur Harrel tipes nie. Vir skaal enigiets soos die RCBS 505.
Lee matryse is strate beter as RCBS. Die ding waarvoor RCBS die bekendste is, is dat die ronde 'expander ball' die dop se nek skeef trek. Dis verouderde ontwerp, as jy dit moet gebruik, haal daardie balletjie uit.
Mens laai beter patrone met 'n Lee hand stelletjie as met 'n RCBS stel.
By die vernier darem ook die goedjies om die lengtes te meet op die ronding van die koeel.
Geniet dit!
User avatar
PJB
Full Member
Full Member
Posts: 208
Joined: Tue Oct 23, 2012 10:00 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by PJB »

More
Ek gaan vandag my stel koop! Ek glo ek sal dit baie geniet en ek kan nie wag om te begin laai nie! Ek sal wel later en met tyd vir my die goed koop wat dit beter en makliker gaan maak!

Baie dankie an almal wat gehelp het en insette gelewer het! Groot waardering!

Beste groete
Pieter
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by Eugene »

Pieter geniet dit en moenie bang wees om hier te kom vra as jy vasbrand nie! Daar is nie so iets soos 'n dom vraag nie!
Aim small, miss small
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by KalahariKlong »

Pieter, naand my maat.
Almal praat waar. Dis 'n baie lekker hobbie en die bevrediging wat jy daaruit kry as alles by mekaar uitkom is ongelooflik.
Die tyd wat ek begin herlaai het, het ek ook baie huiswerk ingesit en rond gesoek en baie gelees wat die slim manne gesê het.

Ek heg vir jou 'n lysie aan om te gebruik as verwysing as jy wil.

Lyman 1200 DPS 3 R2818.00
Powder funnel Lee - R33
RCBS Rock chucker IV press Rock chucker supreme - R2000.00
Loading trays 2 x 50 (universal case loading blocks) MTN R198.00
Electronic vinieer and comparators Lyman R431.00
Flash hole uniformer Lyman R135.00
Doppe (200) Norma – R2580.00
Kinetic bullet puller Lyman - R185.00
Lee auto prime R239.00
Lee auto prime shell holders R90.00

Totaal R8709.00 (courier uitgesluit)


Dis my stel wat ek aangeskaf het vir 'n begin en soos die manne noem, dit hou nooit op nie.
Ek sê altyd, om te dink jy spaar as jy begin herlaai.. nee wat, nie maklik nie. MAAR dit wat ek daar uitkry gaan my 10x soveel kos in terapie by enige top sielkundige.

Groete
KK
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by smitjs »

KK Kathu, ek weet darem nie van die kinetic puller nie. Die collet tipes is baie beter. Enige potlood het 'n uitveer nodig.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Herlaai stel vir beginner!

Post by KalahariKlong »

Nee verseker smitjs. Die paar foutjies wat ek maak regverdig dit net nie.. ;)
Post Reply