Jak.jagters Uitnodiging
Posted: Sat Mar 02, 2013 12:11 pm
Vriende.
Ek wil graag weet of die jak.jagters van die Uitenhage,Despatch en so ook P.E omgewing nie daarin sal belangstel om n samekoms by te woon waar ons kan sit en gesels en so mekaar ontmoet en gesels oor die soort jag wat ons be-oefen.Daar is so baie onderwerpe waaroor n man kan gesels ivm die jag en so kan ons selfs n spreker nader om ons kennis uitebrei en daar is honderde dinge wat n mens kan doen om die jag te bevorder.
Ek dink aan verdere kursusse ,skiettegnieke,kursuse in die bestuur in 4x4 en selfs n dag waar ons almal kan saamtrek iewers met ons families en n braaidag hou.
Ek wil regtig almal uitnooi en kontak my en ons kyk of ons so iets kan reel.Die beste jak.jagters is tog hier uit ons omgewing en almal is welkom sover as Cradock ,en almal wat n bydra wil maak om hierdie sport te bevorder.
Ons moet net in gedagte hou dat meer en meer manne begin met die sport en sodoende is dit beter om saam te staan as elkeen vir homself.
Groete en Vrede vir almal vir die naweek.