Jak.jagters Uitnodiging

Post Reply
User avatar
christo gouws
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Jun 19, 2012 6:42 pm

Jak.jagters Uitnodiging

Post by christo gouws »

Vriende.
Ek wil graag weet of die jak.jagters van die Uitenhage,Despatch en so ook P.E omgewing nie daarin sal belangstel om n samekoms by te woon waar ons kan sit en gesels en so mekaar ontmoet en gesels oor die soort jag wat ons be-oefen.Daar is so baie onderwerpe waaroor n man kan gesels ivm die jag en so kan ons selfs n spreker nader om ons kennis uitebrei en daar is honderde dinge wat n mens kan doen om die jag te bevorder.
Ek dink aan verdere kursusse ,skiettegnieke,kursuse in die bestuur in 4x4 en selfs n dag waar ons almal kan saamtrek iewers met ons families en n braaidag hou.
Ek wil regtig almal uitnooi en kontak my en ons kyk of ons so iets kan reel.Die beste jak.jagters is tog hier uit ons omgewing en almal is welkom sover as Cradock ,en almal wat n bydra wil maak om hierdie sport te bevorder.
Ons moet net in gedagte hou dat meer en meer manne begin met die sport en sodoende is dit beter om saam te staan as elkeen vir homself.
Groete en Vrede vir almal vir die naweek.
User avatar
iceman1982
Hero Member
Hero Member
Posts: 538
Joined: Wed May 19, 2010 6:07 pm

Re: Jak.jagters Uitnodiging

Post by iceman1982 »

Christo,
Laat maar weet. My eerste jagters land in minder as 3 weke, so na dit sal dit maar moeilik wees.

Mooiloop,
stan man

Re: Jak.jagters Uitnodiging

Post by stan man »

mooi christo.
aanhouer wen . ek hoop die manne daar naby jou sal ook begin saamkom.
almal moet net onthou dit is kompetisie met n probleem, nie n probleem met kompetisie nie.
as ons saam werk maak ons die oplossings vir n probleem soveel makliker.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Jak.jagters Uitnodiging

Post by Jassie »

christo gouws wrote:..... meer en meer manne begin met die sport
Sport ?? Eina :'( :(

Miskien moet julle sommer die eerste hieroor praat,

Sukses met julle bymekaarkom

Groete
JAS
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jak.jagters Uitnodiging

Post by BLOK »

Eina!!
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
stan man

Re: Jak.jagters Uitnodiging

Post by stan man »

manne! sorry ek het net met n halwe oog gekyk. ja dit is nie n sport nie.dood is nie n grap nie.
ek vra nederig onverskoning.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Jak.jagters Uitnodiging

Post by BLOK »

Dink Jas het eerder bedoel die probleem "sport" ten opsigte van dat jakkals jag nie n sport is nie, maar eerder n ernstige probleem wat op n profesionele manier aangepak moet word. Dit is juis agv die naweek en "sports" jagters manne wat nie opleiding en die probleem reg benader nie dat jakkalse so skelm raak en veeverliese aanrig en almal weet teen die tyd dat as n jakkals eers skelm is dit n verskriklike duur en moeilike taak dan is om van so jakkals ontslae te raak.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Jak.jagters Uitnodiging

Post by theedge »

Christo skree as jy iets (datums) ingedagte het
User avatar
christo gouws
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Jun 19, 2012 6:42 pm

Re: Jak.jagters Uitnodiging

Post by christo gouws »

Naand Vriende.
Ek hoop regtig dat hierdie n beginpunt is van positiewe gesindheid van die lede en ja ek noem hierdie n sport vir my want ek kan nie n bestaan hieruit maak nie omrede ek klaar n loopbaan het en miskien wie weet kan ek ook eendag myself n volwaardige jak.jagter noem.Dit is ongelukkig nie te se as jy n kursus gedoen het en n pet het en n t-hemp jy is nou n ja.jagter van vormaat nie[ha-ha].Nee wat ek leer maar soos wat die leringe hulself voordoen.Dankie vir julle positiewe insette en gaan defnitief n bymekaar kom reel.
Groete. Christo
Post Reply