Wat se koel vir die swb

Post Reply
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Wat se koel vir die swb

Post by Hein (Haan) »

Hi almal
Ek wil net bietjie julle raad vra oor n koeel wat ek wil gebruik in my 243 vir SWB
Ek het Barnes 80gr TTSX.
en Nosler 95gr Ballistic tip hunting.

Moet ek maar net kyk watter een is die mees akkurate koeel in my geweer?
Ek het van altwee koeels so moet nou net een kies maar kan nie besluit nie.
Dit gaan my eerste SWB wees so ek wil die regte koeel kies.Ek het al die ander bokke wat ek al met die 243
geskiet het in die kop geskiet met die 87gr v-max maar ek is bang as n kop skoot nie n opsie is nie.

Hoop iemand kan my help.

Groete
Hein
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Wat se koel vir die swb

Post by FCLoretz »

As die kopskoot nie 'n opsie is nie en jy moet bladskoot gaan. Sal ek net Barnes TTSX laai. veral omdat jy .243 skiet
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat se koel vir die swb

Post by BLOK »

As dit nie kopskoot is nie hoop ek jy tref mooi op die blad. Bbees is n taai etter en as daai skoot nie mooi is nie kan jy baie lank loop agter hom aan. 243 Is vir my net effe te lig vir n Bbees maar as jy moet kan die Barnes koels werk die Nosler Ballistic tip selfs die Hunting's is heeltemal te sag in die kaliber vir die doel en meer geskik in die 243 vir kleiner wild as n bbees. As jy nosler sou wou gebruik sal ek eerder die 100g Partitions aanbeveel of dan die 90 Accubond altwee gee uitstekende resultate.

Anders as jy sukkel met die kan ek ook seker die Hornady se 100g Interlock's aanbeveel.

Onthou soos jy se jy gaan eerder vir die kop probeer maar as jy nie kan nie sal al die genoemde koels sterk genoeg wees om diep genoeg te penetreer. Dan die belangrikste as jy die 243 gaan gebruik maak 100% seker van jou skoot die error margin is soveel groter met die kaliber op n Bbees as bv met n grooter stuk loot in n meer geskukte kaliber.

Blowildebees word nie verniet arm man se Buffel genoem nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wat se koel vir die swb

Post by DWB »

Blok, hy wil Swart Wildebees skiet wat nie so taai is nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat se koel vir die swb

Post by Gerhard »

SWB kopskoot is moeilik agv sy hoorings.

80gr TTSX en n bladskoot en jou bok ry bakkie
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: Wat se koel vir die swb

Post by Alvar »

More

Ek skiet ook die jaar my eerste swb en het oorweeg om my 6mm Musgrave te gebruik met 85gr Nosler Partitions. Ek het toe maar daarteen besluit en besluit om 160gr TTSX'e te gebruik in my 8x57.

Ek dink nie die Ballistic tip is die veilige opsie nie. Ek stem saam Gerhard dat die TTSX'e wel die ding sal kan doen.

Alvar
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Wat se koel vir die swb

Post by FHM »

Ek wil niemand se spoed breek hier of iemand se voorstel en raad in twyfel plaas of beweer die 243 is te lig vir BWB's nie.
Ek wil net graag noem dat ek al op baie BWB jagte was en al baie gesien het dat manne met groter ketties as 243 van .270 tot 300's heerlike vrek lang dae gehaad het oor foutiewe skootplasing.
Dis nie verniet alombekend dat BWB's siek gebore word nie - dis hoekom hulle lyk soos hulle lyk, en dat hulle met elke skoot op hulle net beter en beter voel nie...maak nie saak of jy met armour piercing rondtes skiet nie - as jy daai manne nie kop of hart/long stukkend skiet nie gaan jy n laaaaaang dag he ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wat se koel vir die swb

Post by DWB »

SWARTWILDEBEES..............SWB
BLOUWILDEBEES................BWB
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Alvar
Full Member
Full Member
Posts: 160
Joined: Mon May 07, 2012 7:26 pm

Re: Wat se koel vir die swb

Post by Alvar »

Jip, ons praat hier van Connochaetes gnou, nie Connochaetes taurinus nie.

Die een met die handlebars soos 'n chopper, nie 'n harley nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Wat se koel vir die swb

Post by tau »

SWB of BWB skiet hom sleg en jy gaan plaas kyk. Ek was al op plase wat die boer die manne oes met sy .243 en dit kan gedoen word. Ek weet nie hoe goeie skut of ervare jy is nie.

As jy nie tot en met 200m in jag omstandighede daai koel op die nommer kan sit keer op keer soos 'n boer of oes/probleem jagter wat daagliks amper skiet nie sal ek dit nie aanpak nie. My langste kwesbok dae was agter SWB wat te ver agter met 'n .375 H&H geskiet is en hy was lelik aan die bloei, maar daai ding is siek gebor een lood smaak my maak hom gesond.

Ek is seker te min maar ek sou nie, ek is deesdae 'n geleentheids jagter en so is baie van ons en moet ons nie onself hiervolgens beperk oor wat en waarmee ons jag.

Ek het laasjaar een bietjie verder geskiet as wat ek gedink het en die 150gr 7mm Barnes TTSX het die hart net geskram, maar die longe verpletter. Daai SWB steeds 40 m gehardloop met af slagare en ) longe. In die bos is dit net genoeg om hom te verloor.
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Wat se koel vir die swb

Post by Hein (Haan) »

Baie dankie vir die raad julle.
Ek sal maar die ttsx laai en met hulle gaan jag, sal julle op hoogte hou oor hoe dit gegaan het maar dit sal eers in Junie wees.
Sorry oor die afkorting sal maar volgende keer dit uitskryf :P
Nou moet ek maar net weer met lading ontwikkeling begin.

Groete
Hein
Post Reply