verkyker.

Post Reply
User avatar
Gerhards
Full Member
Full Member
Posts: 152
Joined: Wed May 16, 2012 12:34 pm

verkyker.

Post by Gerhards »

Hêllo almal.

Ek weet nie of dit n dom vraag is nie maar hoe belangrik is n verkyker as n mense jag. Vir wat kyk n mens as jy n verkyker wil koop.

Groete Gerhard.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: verkyker.

Post by VdWalt »

Ek het ook gedink vir wat sal mens n verkyker in die bosveld gebruik waar mens nie
meer as 100 m ver kan sien nie, tot ek in die hide met die boog gaan sit het.
Ek het n klein Pentax 8x25 wat ek saam gevat net. Jy kyk deur die bosse met die
verkyker. Jy sien nie beter nie. Jy sien goed wat jy nie met die blote oog
kon sien nie. Dit voel of hy my stads oe in plaasjapie oe verander.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: verkyker.

Post by Jakkalsgat »

Die belangrikiste is maar om te besluit waarvoor jy hom gaan gebruik en as dit vir stap is sal ek 'n kleiner ligter verkyker aanbeveel maar bly weg van hierdie R200 se "luckypacket" verkykers wat jy by ketting winkels kry aangesien jy dan eerder met vergrootglas in jou bosak kan rondloop. (daai goed is net goed om "girls" op die strand te kyk en vuur aan te steek as jy nie vuurhoutjies het. "n verkyker met 'n "offset" is beter vir wild kyk terwyl verkykers met mono tubes beter is vir wild kyk. As jy gaan stap met hom kry vir jou 'n harnas wat oor jou skouers gaan , is meer stabiel en glad nie so swaar op jou nek nie.

Ek myself het 2 10 x 50 Bushnell's wat in die bakkies le aangesien ons baie bakkiejag doen en die 50 gebruik ek weer vir nagskiet, om seker te maak iemand skiet nie( weer) waterbok vir 'n rooibok nie. Ek stapjag ook met hierdie 2 en is nog nooit spyt dat ek hulle gekoop het nie. Ht behoort jou nou so R 1500 te kos wat baie bekostigbaar is vir 'n redelike verkyker.

Groete
Jaco
Post Reply