Moeiliketyd??

Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Moeiliketyd??

Post by Danie01 »

Hallo manne

Hierdie mag dalk 'n simpel vraag en stellling wees, maar ek wil net meer hoor wat jul ondervinding is. Ek is nie n voltydse jagter nie en jag met al die min geleenthede wat ek wel kry en het dam ook nou al n paar ure die afgelope paar jaar in die veld spandeer.

Is moeiliketyd regtig die moeiliketyd? Ek het met my bietjie ondervinding meer groter of ouer jakkalse in hierdie tyd geskiet (April en Mei) as wat van November tot Februarie geskiet het. Alhoewel ek meer jakkalse, meestal die jonger jakkalse in hierdie maklike tyd skiet, skiet ek meer ouer jakkalse tydens moeiliketyd as tydens die "makliker" tyd.

Wat is jul ondervinding en wat kan die rede daarvoor wees? Dalk is dit maar net hoe my geluk gedraai het die laaste paar jaar, ek weet nie?

Hoor graag van jul?

Groete
Danie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by cassie_calvinia »

vir my is heel jaar moeilik
HOU HOM DAAI DIKTE
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Moeiliketyd??

Post by Danie01 »

Cassie, ja, heel jaar is moeilik, maar dit wil vir my voorkom of ek meer groot jakkalse in die "moeiliketyd" skiet is in die ander tye. Stel dit eerder so: Wanneer het jy jou meeste suskes op ouer jakkalse?

Ek jag ook in karoo en sukkel ook altyd, een jakkals n aand is vir my goed en baie naweke kry ek niks, al wanneer ek meer as 2 n aand skiet is gedurende Desember tot Februarie wanneer die jonges nog saam loop, of naby mekaar loop, het nog nooit meer as 2 groot jakkalse op een staanplek by ons (in karoo) geskiet nie.

Die laaste twee maande het ek tweekeer gaan roep en was drie nagte in die veld en kon slegs slaag met 1 jakkals en dit was ook nie n groot jakkals nie, breek n man se moed!!

Groete
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: Moeiliketyd??

Post by smitjs »

cassie_calvinia wrote:vir my is heel jaar moeilik
Ware woorde!!
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by johann »

Danie, van Sept - jan skiet ek saam met die klomp jonges ook baie ou jakkalse. Dai tyd van die jaar is die kleintjies of jonges die grootes se swakpunt en dit moet deur ons uitgebyt word. Jakkalse is oorbeskermd oor hul jongspan. In die moeilike tyd ( Mei - middel Jul) is die tyd wat ek die minste jakkalse skiet. In die moeilike tyd is dit belangrik om die kerngebied vas te stel ( by ons in die karoo soms moeilik omdat die loopgebiede baie groot is en jakkalse nie altyd antwoord in daardie tyd nie).

Groete Johann
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Moeiliketyd??

Post by Danie01 »

Johann

Ek hoor wat jy sê. Ek jag 80% van die tyd in die karoo, Britstown distrik op ons eie plaas, weet waar teelgate is en min of meer waar die kerngebied van verskillende pare is. Ek was nog nie so gelukkig om kleintjies by gate te kry nie, want een keer het werkers kleintjies gedood en die ander kere het ek net nie kans gekry om in daardie tyd van die jaar op plaas te kom nie en heel aan die begin was ek te nat agter die ore om te weet dis waar jy reeds die ouers betrap.

Dalk omdat ek nie kans kry om ouers by gate te skiet nie en min of meer weet waar die jakkalse loop, kry ek sukses gedurende moeilike tyd.

Ek glo dat ouer jakkalse dwarsdeur di jaar ewe moeilik is om te skiet, maar dat dit wel moeiliker is om die jonger jakkalse gedurende die moeilike tyd te skiet, reeds omdat hul skrikkerig is en ouer jakkalse weer begin pare maak en gebied afmerk.

Eintlik wil ek net hoor of daar nog jagters, maak nie saak waar in die land, wat wel jakklse skiet in moeiliketyd, ook meer ouer jakkalse in verhouding tot jonger jakkalse in die moeiliketyd skiet? bv Desember skiet ek 4 ouer jakkalse en 10 jonges, maart april skiet ek 3 ouer jakkalse, maar slegs 1 of 2 jonger jakkalse.

Groete
Danie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by cassie_calvinia »

danie, my meeste grotes?
jong, augustus-desember.
en dan weer so einde maart tot middel april.
ek is maar 'n stront jagter. my moet redelik plat op aarde nou.
dink ek moet als verkoop en gaan dobbel in las vegas
HOU HOM DAAI DIKTE
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Moeiliketyd??

Post by Danie01 »

Dankie Cassie

Ja my moet net so laag en het nie veel suskses gehad die laaste paar kere nie, daai kere wat jy uitgaan, ure op plek sit, skuif, weer n uur en so tot die son op kom en jy het niks geskiet, niks gehoor of niks gesien nie, daai breek n man, maar my pa sê altyd mens moet eintlik bly wees, want dit kan n goeie teken wees dat daar nie jakkalse is nie, maar dan net so week of wat wanneer jy weer skaap bymekaarmaak sien jy daar is maar lammers weg.

Ek het as jagter nog te min tyd in Augustus tot November in die veld spandeer, of altans by ons in die karoo, om te sê of ek sukses tydens daardie tyd het. Hier om kimberley op en om die besproeiings manne se lande en beeskampe kan jy maar enigetyd van die jaar gaan en dit wat daar is sal maklik inkom, so hier en daar n moeiliker een. Dis hier by hierdie manne wat dit nog erger raak om karoo toe gaan en mens kry hele nag deur niks geskiet nie, waar jy hier by lande en beeskampe sommer voor 12 al een of 4 gedop het.

Ek vra om nuuskurigheid oo ouer jakkalse gedurende moeiliketyd, want een van my vriende ondervind dit ook so.

Groete
Danie
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by johann »

Danie watse kant toe is jul plaas van Britstown af? Ons is tessun Britstown en Strydenburg, en daar stry ek nie dit is soms 'n gesukkel in daardie area!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by tafjak »

Danie

Is dit Largo? Waar skiet jy die groot/ou jakkalse?

Jy moet ook darem onthou dat in April - Mei nie meer jongjakkalse beskikbaar is nie, jakkalse bereik volwassenheid op 9maande ouderdom.

Mooiloop
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Moeiliketyd??

Post by Danie01 »

Johan

Vanaf Britstown op die Prieska pad.

Taffie,

Wel Largo het n jakkals gehad wat ek nie kon skiet nie, het 3 keer gegaan om hom/ haar te roep, twee keer het hy my geantwoord en een keer het ek geen antwoord of niks gekry nie. Di eerste keer wat ek in daardie kamp geroep het, het ek die 4 kleintjies geskiet en nie die ouers gewaar nie, dit was as ek reg onthou in 2jaar terug desember. Bo op largo se rante het ek vroeg (Kan nie presies onthou wanneer nie) verlede jaar 2 ouer (2jaar plus) jakkalse geskiet. Verder ook net 4 jonges wat bo op rante geskiet was.

Die ander het ek op Rosdenhof geskiet in die springbokkamp. Dit was 2 wat ingekom het, toe skiet ek een n na paar maande toe skiet ek weer die ander een. Dit was al wat ek die laaste twee jaar daar kon skiet.

Ek jag baie min op Britstown en kom as ek gelukkig is 2 - 3 keer op die plaas waarvan die weer partykeer so sleg is dat ek nie kan jag nie.

Oor Largo se jakkals was daar al voorheen op forum gepraat toe ek raad gesoek het, hy is glo reeds geskiet toe jagter oppad was huistoe en hom raak gelig het, skoot geloop, gehoor dis raak, bloed gekry, maar kon nie die jak kry nie, volgende dag gaan soek en kon hom ook nie kry nie, so ek weet nie meer of hy daar is of nie. Ek het ook laasjaar voor winter in daardie kamp laas geroep.

Dis ook waar wat jy se van die jongjakkalse wat volwassenheid bereik en ook klaar fisies groot kan wees en klaar verkleur het ook, maak dit moeilik om jare te skat, veral as jy nie elke dag met hulle werk nie, net tande kyk en dit gee dam n beter aanduiding, maar tog ook maar net n raming en kan nie presies deur ons gewone ouens vasgestel word nie.

Het jy onlangs daar (largo) geskiet? Hoor Pieter het gese dat jy by hom gaan jag.

Groete
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Moeiliketyd??

Post by Danie01 »

Taffie,

Ek self het nog nie n ou (5jaar, stomp tande) jakkalse geskiet nie en glo as Largo se jakkals nog lewe hy dalk as oud beskou kan word. Ek praat eerder van ouer jakkalse, wat volwasse is en voor laasjaar se kleintjies (1 jaar +).
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by tafjak »

Danie

Ek vra net waar jy die jakkalse skiet omdat ek een aand(6weke gelede) daar deur gery het en kon geen staanplek kry nie, tog naby die opstal geroep op redelike plek. Die weer was ook terrible en kon nie die rante werk nie, wou net weet om myself so bietjie te orienteer.

Het toevallig 'n stel gekry in die hoek van Largo, Rosenhof en Houwater wat nie my speelmaats is nie. Hel, ek weet nie hoe 'n mens 'n jakkals so kan ophel nie, een ou misskootjie windaf sal heeltemal te min wees. Miskien moet ons 2(nie geweet jy jag nog af en toe daar nie) net dinge so bietjie reel dat ons nie saam of te gou na mekaar daar jag nie. Ek dink ek sal uitsit en jy kan die jagwerk in Largo doen. Daardie omgewing het in elkgeval meer jagters as jakkalse en dink ek my dienste sal nie deug nie.

Mooiloop
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by Boertjie »

Hel, maar dit lyk vir my of die weerlig maar daardie jakke moet doodslaan, want n koeel gaan nie hul einde beteken nie.

Boera
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Moeiliketyd??

Post by Danie01 »

Taffie

Ek het reeds vir Pieter gevra of hy nie vir jou kan vra of ek saam met jou kan ry as jy weer daar jag nie. Ek staan gewoonlik op tweede laaste walletjie as jy van largo se opstal na Pieter hul se huis ry, maar die jak wat my ore aansit het die keer wat ek hom daar ingeroep het toe met paadjie teen voet van rant bo my ingekom en daar staan en skrou en wou nie afkom sodat ek hom kan sien, so ek sal nie weer daar staan nie maar eerder teen die draad aan voet van rant, so sal hy nie weer bo my kan inkom nie en mens het dam in mate nog genoeg sig na die vlei se kant toe. My sukses op largo is maar op largo se rante teen Piet Berg se grond, in Middelkamp by die hek na sy grond, net bietjie weg van kloof af en agter by vaalkop, verder sal ek nog net staan daar waar die twee hekke bymekaar sit waar 3 kampe buimekaar kom.

Largo het ook in vleikamp, soos jy na groen tenk toe ry, aan jou regterkant, n klein beperkte oop spasie wat slegs werk as wind reg waai, het al n jonge daar geklop, maar dis nie ideaal nie. Dalk is die beste oplossing in daardie kamp n dagroep??

Ek sal baie graag saam met jou daar wil roep, as jy weer soentoe gaan. Weet nie wie almal daar roep nie, maar wat ek van weet het ek so paar keer, Tomcat en Pieter self, dink sy broer een aand saam met hom, maar weet nie of hulmgeroep het of net rondgery het nie?

Tomcat my laas gevra om hom te laat weet as kleintjies by gate gekry word, toe ek op plaas kom het werkers klaar kleintjies gedood en ouers is steeds opmvrye voet, dit was seker n goeie kans gewees.

Groete
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1591
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Moeiliketyd??

Post by Danie01 »

Oja en ek weet nie of Pieter al ysters gestel het daar en of hy dalk n jagter het wat met ysters vang nie. In daardie omgwing het Houwater ook n jagter, ken nie die persoon nie.

Groete
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by tafjak »

Danie

Ek het nie weer met Pieter 'n afspraak nie, maar sal laat weet as ek daar is.

Mooiloop
User avatar
roux cf
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Sat Mar 26, 2011 7:38 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by roux cf »

Nou weet ek darem om nie daar te gaan roep, as Pieter my
Bel en vra nie. Hahahahaha

Ek pleit onskuldig met daai skelms, was nog nooit daar.

Hier is baie van daai jakkalse wat die weerlig sal moet dood!

Groete,
CF

Ps, oom Taf, ek sal ook graag n aand wil saamry, as oom hier rond is asb.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by tafjak »

CF

Ons maak so

Mooiloop
Pieter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 479
Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am

Re: Moeiliketyd??

Post by Pieter »

Danie en Cassie ek stem saam met julle, dit gaan ma met my ook so, ek moet by sê ek was gelukkig vanaf Desember om ou jakkalse (5-8jr) uit te haal waar jonges was, wys jou die beskermings drang van die ouers (moeilike/skelm) moet uitgebyt word, lyk my die moeilike tyd het vir my nou aangebreek, ek het nou 3 nagte nie 'n enkele jakkals hoor skrou of raak gery nie, hoop nie dit gaan 'n lang moedelose jaar wees nie.

Groetnis
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by johans »

cassie_calvinia wrote:vir my is heel jaar moeilik
haha!nee vir my ook cassie
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by johans »

cassie_calvinia wrote:danie, my meeste grotes?
jong, augustus-desember.
en dan weer so einde maart tot middel april.
ek is maar 'n stront jagter. my moet redelik plat op aarde nou.
dink ek moet als verkoop en gaan dobbel in las vegas
cassie onthou dit hang ook baie af waar jy jag,ons kan nooit dieselfde getalle skiet as die manne wat om die stede of in saaiwereld jag nie,veegebiede se jakkalse word al honderde jare gejag.ek sal seker slae kry hieroor maar niemand sal my verkeerd bewys nie
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by cassie_calvinia »

johans wrote:
cassie_calvinia wrote:danie, my meeste grotes?
jong, augustus-desember.
en dan weer so einde maart tot middel april.
ek is maar 'n stront jagter. my moet redelik plat op aarde nou.
dink ek moet als verkoop en gaan dobbel in las vegas
cassie onthou dit hang ook baie af waar jy jag,ons kan nooit dieselfde getalle skiet as die manne wat om die stede of in saaiwereld jag nie,veegebiede se jakkalse word al honderde jare gejag.ek sal seker slae kry hieroor maar niemand sal my verkeerd bewys nie
ja nee, dit is seker so.
'n karoo jakkals speel nie!
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Francois Hugo
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Wed Jun 16, 2010 11:59 am

Re: Moeiliketyd??

Post by Francois Hugo »

Hello julle Jakkals jag sukkelaars!!!! 8)

Ek geniet dit darem om te sien dat, dit nie net ek is wat sukkel met die Karoo/Namakwaland jakkalse nie!!! ;D

By my skoonpa is dit sekerlik makliker om in Januarie tot Maart jakkalse in te roep en die huidige te laat veruil vir die ewigheid!
Ek skiet ook reg deur die jaar met 'n klomp gesukkel tussen in, jakkalse maar al verskil volgens my is dat in die "moeilike" tyd vat dit net soveel langer?? - Meer as 1 jakkals op 'n slag ?? - nog net 2 maal vanaf 2005!!!! En albei kere in vroeg Januarie - nodeloos om te vertel dat dit die vorige jaar se aanwas is

Ek dink dat Taffie reg is met die dat ons dan meer ouer jakkalse skiet, die jongetjies is dan al reeds by 'n ander blyplek en ons skiet dan net die oueres wat agter gebly het, dink ek maar in my dommigheid. ???

NS: Lekker om jakkals stories weer op die forum te sien. ;D ;D

O ja ek moet erken dat die "topic" effe vir my laat wonder het, hoekom kla jy as jy makliker in die moeilke tyd skiet? :o 'n Dooie jakkalse is een wat nie nie vang nie!!! ::) en ook nie my slag geleenthede beduiwel daar by skoonpa nie!!! :angel:

Groete uit die Namakwaland
Francois
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Moeiliketyd??

Post by Louis102 »

Ek wonder:

Is die term "moeilike tyd" nie maar deur die beroepsjagters uitgedink nie? Gaan dit nie maar eerder oor die groter getal jakkalse (inkomste) wat geskiet word op 'n aand / in 'n nag nie, eerder as die graad van moeilikheid om spesifieke jakkalse in te roep nie? Sekerlik is daar 'n baie groter moontlikheid om sê 6 jakkalse van 1 staanplek te skiet in Januarie, gemeet teenoor kanse om die in Junie-maand te doen? Net so is die kanse om in Januarie die hakke aan die tralies vol jakkalse skiet, sekerlik beter as in Mei / Junie.

Ek gee toe dat dominante stelle minder agressief en instinktief reageer op sekere roepe gedurende paartyd, as gedurende die laat dragtige fase of wanneer die kleintjies nog soog. Tog glo ek dat die standaard roepmetode soos oorspronklik deur Heinrich Funck uiteengesit, dinge vir ons baie makliker gemaak het gedurende die "moeilike tyd". Soveel so dat, indien ouer / dominante jakkalse nie "slim" gemaak is vooraf nie, hulle eintlik relatief maklik skiet, selfs in die moeilike tyd.

Persoonlik hou ek nie van die term "moeilike tyd" nie. Ek glo vas, dat indien jou huiswerk voor jy gaan roep behoorlik gedoen was, die "moeilike tyd" eintlik eerder die "makliker tyd" is om werklik impak te maak op veeverliese a.g.v. roofdierskade. D.w.s. jy gaan minder jakkalse tydens die "moeilike tyd" skiet, maar die impak wat sukses in die moeilike tyd het, is dat skade a.g.v. roofdiere minder gaan wees in die na-jaar.

Hoop wat ek hier gorrel maak sin.

Mooiloop.
Post Reply