My "orele" loop.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
My "orele" loop.
Ek het met groot onsteltenis so 4 weke gelede op n Blesbok oes agtergekom dat my .25 06 nie heeltemal so mooi skiet soos wat ek gewoond is. Ek het my doppe wat nou al so bietjie langtand geraak het verdink, en toe dadelik vir my nuwe Nosler Custom doppe by S & O bestel. Met groot opgewondenheid het ek hulle gelaai en baan toe gevat. Groot was my terleurstelling toe hulle nog swakker was as die voriges. Ek laai toe weer, en dink dat "once fired" doppe beter sal doen. Nog slegter nuus toe dit al swakker word.
Per toeval laai ek toe 85gr Noslers, en dit gaan toe beter. Die afgelope naweek by die Vrystaat Ope van SAJSV kon ek amper nie slaap die aand voor die tyd, nadat ek op die inskietbaan die Vrydag, nie n beter groep as n groot lemoen op 200m kon skiet.
Die afstande op die dag was darm nie te v?r, maar die skiet posisies so bietjie trickey. Ek kon darm 9/10 gonge raakskiet, maar die een wat ek gemis het, was die maklikste een. Die papier teikens het so gemiddeld gegaan, maar my hart was in my skoene. Na die tyd het ek my loop se verweer gemeet, en tot groot onsteltenis gesien dat hy kapoet was. Ek kon darm 91.1% van wentelling aanteken wat vir my n groot verligting was, gegewe die vorige dag se uitslae op die inskiet baan. Ek het ook noukeurig boek gehou van hoe die "lands" verweer het en weggebrand het deur die hele lewens sieklus van die loop. Na die tyd kon ek die 100gr Sierras uit die dop uit stoot, voordat dit die "lands" geraak het. Dit is fataal vir n .25 06 wat daarvan hou om naby die "lands" geseat te word.
Die loop het presies 2301 skote geskiet tot voor die naweek. Dit was vir my verbysterend om te sien hoe vinnig hy gegaan het, toe hy eers begin gaan het. Vandat ek agtergekom het daars fout, tot hy heeltemal gevaal het, was omtrent 80 -100 skote. My eerste loop het presies dieselfde gedoen, maar met hom het ek nie presies boek gehou, soos met die een nie.
Het enige van julle ook presies boek gehou, en dieselfde waargeneem?

Last edited by Piet Breedt on Sun Aug 08, 2010 7:21 pm, edited 1 time in total.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: My "orele" loop.
Dis baie interesant...
Wat is die prosedure wat gevolg moet word om 'n nuwe loop in die hande te kry?
Wat se loop was dit wat jy nou mee geskiet het?

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: My "orele" loop.
Ek sal maar deur die regte kanale moet gaan om dit vervang te kry. Daar is blykbaar n prosedure wat voorsiening maak dat so iets moontilk vinniger sal gaan, as n normale aansoek.
Dit was n 28" "Pacnor Match" loop. Dit is die prys wat ons kompetisie skuts betaal vir spoed en so plat as moontlik skiet. Ek sal die volgende een so bietjie meer nurse en nie so aanjaag nie. Ek moet maar net my afstande beter skat. Die verskil wat mens kry in "bullet drop" tussen maks spoed, en so 5% minder, is in elk geval nie die korter looplewe werd. Ek het die 100gr Sierras teen sowat 3300ft/sek geskiet vir meeste van die loop se lewe, maar sal die volgende een teen sowat 3150 - 3200ft skiet.
Dit was n 28" "Pacnor Match" loop. Dit is die prys wat ons kompetisie skuts betaal vir spoed en so plat as moontlik skiet. Ek sal die volgende een so bietjie meer nurse en nie so aanjaag nie. Ek moet maar net my afstande beter skat. Die verskil wat mens kry in "bullet drop" tussen maks spoed, en so 5% minder, is in elk geval nie die korter looplewe werd. Ek het die 100gr Sierras teen sowat 3300ft/sek geskiet vir meeste van die loop se lewe, maar sal die volgende een teen sowat 3150 - 3200ft skiet.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: My "orele" loop.
Piet,
As jy nie omgee nie sal jy dalk verduidelik wat die stappe is dees dae by die SAPS...
Ek dink daar is baie manne wat graag sal wil weet hoe dit nou werk, ek in gesluit
As jy nie omgee nie sal jy dalk verduidelik wat die stappe is dees dae by die SAPS...
Ek dink daar is baie manne wat graag sal wil weet hoe dit nou werk, ek in gesluit
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: My "orele" loop.
Piet,
Nou hoe gemaak as jou geweer net groepeer met hoe(hoog) lading. My .25 groepeer eers met 51gr S365 100gr Sierra. Spoed is net oor 3400.
Nosler BT gebruik 50.8 teen 3380 gemiddeld.
Ek het begin by 49gr
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"

-
DSBW
- Sr. Member

- Posts: 344
- Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm
Re: My "orele" loop.
Raven/Piet
Eerstens dink ek 2301 skote uit 'n 25-06 is goed, gegewe verskeie ander waarvan ek weet wat heelwat minder as dit gedoen het. Dit het natuurlik gehelp dat jy 'n "custom" loop gebruik het, wat altyd beter hou as 'n fabrieksloop. Dit het ook gehelp dat jy so akkuraat telling gehou het, die meeste skuts sal vir jou vertel van lope wat 3000 tot 4000 skote (of meer) hou, terwyl hulle nie sorgvuldig rekord hou nie. In my opinie, wat ek basseer om my eie tellings, en die van skuts wat wel akkuraat telling hou, is daar baie min kalibers wat in kompetisie aanwending 3000 akkurate skote lewer, 308 en 6br is twee wat by my opkom, nie veel ander wat ek van weet nie.
Raven, my eie ondervinding van 7mm/6mm lope wat uitgeskiet is vertel vir my die volgende is tekens om na te kyk:
1) Geweer se groepperings begin oopmaak, en jy begin een onverklaarbare "flyer" kry, party keer.
2) Geweer groeppeer weer beter of soos altyd as jy die lading bietjie aanjaag
3) Geweer skiet beter as jy die punte abnormaal lank "seat"
4) Geweer skiet 'n hond uit 'n bos vir so 10-15 skote na jy hom goed skoon gemaak het met JB paste, dan begin hy weer lol.
So Raven,miskien moet jy iemand wat weet wat hy doen met 'n "borescope" daar in Windhoek se wereld kry om bietjie deur jou loop te kyk, al is dit net om seker te maak.Bogenoemde is maar my opinie, soos ek dit ondervind het.
Piet, as ervare skut glo ek jy het al al die truuks in die boek probeer, maar vir kompetisie skiet is my ondervinding tog dat Moly punte jou loop leeftyd bietjie rek, so 300 of bietjie meer skote.
My 1cent.
Dawie

Danie Lombard .243
Re: My "orele" loop.
Dit is sommer 'n gatslag gevoel as 'n ou se loop ingee na puik diens. Ek het so-so boek gehou van my .243 se looplewe. Dit was 2400 tot 2600 skote. Wat vir my so sleg was is dat net voor hy gegroet het hy so akkuraat geskiet het. Ek het een and met die geweer springbokke kop skote geskiet. Dag later het hy begin neuk en dit was die einde.
Die herloop proses staan bekend as verandering van besonderhede van vuurwapen. Jy gaan na jou wapen smit en vul die dokumentasie by hom in. Die aansoek word gestuur na CFR deur die plaaslike DFO, waar jy dan aansoek doen om toestemming vir 'n nuwe loop no. Die nuwe loop no en kal se besonderhede word in die aansoek genoem, asook die nuwe loop se fabrikaat. CFR stuur 'n skrywe terug na jou wapensmit toe wat dan vir hom toestemming gee om die loop te ruil. As die herloop proses klaar is word die geweer na SABS gestuur vir 'n kamerdruk proof toets. As hul klaar is word daar 'n SABS sertifikaat saam terug gestuur met die wapen na die wapen smit. Die wapen smit stuur dan weer die SABS proof sertifikaat saam ander dokumentasie terug na CFR waarna hul 'n nuwe lisensie kaartjie stuur met die nuwe loop nommer op.
Dit is 'n redelike vinnige proses wat nie jare neem nie.

hagar
Re: My "orele" loop.
Dit is nie sleg vir n 25/06 loop nie. Ek kry so 4000-5000 rondtes uit n 223 National Match AR15 uit, en gewoonlik net voor hy kaput is, skiet hy op sy beste, en dan sommer ewe skielik is hy des moer, en jy kan nie eers die teiken bord op 600 tree raakskiet nie. Op kort afstand (100-200 tree) sal hy dalk nog goed skiet, maar verder as dit kan jy vergeet. Jy kan ook agterkom net voor die loop gaan, het jy meer elevasie nodig as gewoonlik. Jy kan dalk jou loop so n 25-50cm laat korter sny en n nuwe kamer boor, gewoonlik is dit net die "lands" wat klaar is, en die res van die loop is nog skaflik. Jy kan so 2-3 keer met dit wegkom voor die loop heeltemal gedaan is.
As jy gewoonlik "boat tail bullets" skiet, kan jy dalk nog n paar 100 rondtes goeie akkurasie uit hom kry met "flat based bullets".

Last edited by hagar on Mon Aug 09, 2010 4:33 pm, edited 1 time in total.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: My "orele" loop.
Hagar, ek het toe ek die loop laat profile het, juis n langer nok laat sny om dit te kan doen. By verdere navrae blyk dit nie ekonomies om hom weer te laat sny nie, aangesien meeste wat dit al gedoen het, net sowat 500 goeie skote daarna kry. Om hom te laat sny, kos net so veel soos om n nuwe een te laat sny, dus is dit nie die moeite werd.
Ek het Berger Flat base ko?els met hom ook geskiet, maar dit het ook nie veel meer gehelp hier teen die einde.

tafjak
Re: My "orele" loop.
Piet
Ek weet nie wie jou kamers doen nie, maar dit is in my geval baie meer ekonomies om nog 2kamers met die lang nok te sny as sommer summier nuwe loop op te sit. My eerste 243 loop het 4000+ skote(met 2 ekstra kamers) gedoen. En dit was nie eers 'n nice loop nie.
As jy die nuwe kamer oorweeg, sorg dat smit die hele kamer afsny voordat hy nuwe kamer sny. Laat ook sommer 25mm by kroon afsny. Uit 30 duim loop kry jy baie waarde vir geld. Die laaste loop was net 22duim lank het 'n barshou geskiet. Sien ook sommer dat hierdie storie van 1duim gelyk aan 100fts is, ook baie keer 'n snot-storie is. Op die langlope kan jy stadiger kruit gebruik en hoe korter die loop, hoe vinniger die kruit.
Net my opinie.
Taffie

Ek sluit aan by Taffie.
Ek laat my lope geleidelik vanaf die nok tapper na voor sny die dag as ek 'n nuwe loop laat opsit op die aksie. Ek meen daar is genoeg staal om 'n nuwe kamer te sny as die bestaande kamer kaput is. So kry ek ook geleentheid om die loop te laat herkamer met groot sukses. 'n Nuwe kamer gee sommer weer nuwe lewe aan 'n ou loop. Vir my beslis die moeite werd.
Rek 'n rand.
Ek laat my lope geleidelik vanaf die nok tapper na voor sny die dag as ek 'n nuwe loop laat opsit op die aksie. Ek meen daar is genoeg staal om 'n nuwe kamer te sny as die bestaande kamer kaput is. So kry ek ook geleentheid om die loop te laat herkamer met groot sukses. 'n Nuwe kamer gee sommer weer nuwe lewe aan 'n ou loop. Vir my beslis die moeite werd.
Rek 'n rand.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: My "orele" loop.
Wat is julle ervaring. Hoeveel goeie skote kry jy nadat die loop weer herkamer is?
Die geweersmit wat my loop gesny het, vra my R1500.00 om weer die kamer te sny en die loop te pas.
Die geweersmit wat my loop gesny het, vra my R1500.00 om weer die kamer te sny en die loop te pas.
-
tafjak
Re: My "orele" loop.
Piet
Wat kos dit om nuwe loop op te sit? Werk en parte seker gelyk aan R7000, of hoe? 7000 gedeel deur 2300=3,klomp goed. So elke skoot kos R3-00 op die loop. Nuwe kamer gee my op 243 omtrent(getel) 1500 skote. So, = R1-00 'n skoot. Die 25-06 behoort 1000 goeie skote te gee. Jou 25-06 het nie regtig 2300 goeie skote gegee nie, miskien eerder 2100 en dit maak die loopkoste nog meer as die R3-00 wat ek veronderstel.
Maak net seker 2duim van kamer word afgesny, dit veroorsaak dat jy gesonde lands sal kry. Die 10-20mm op die kroon maak weer seker dat die kroon nuut is en die "bell bottom" weg is. Die bell bottom word veroorsaak deyr vlamme(stadige kruit) en die skoonmaak proses(as dit rof gedoen is).

Last edited by tafjak on Mon Aug 09, 2010 10:04 pm, edited 1 time in total.
-
tafjak
Re: My "orele" loop.
Piet
As jy besluit om nuwe loop op te sit en al die rick meroll. Verander dit sommer na 6mm! Doen net beter.

- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: My "orele" loop.
Ou Taffie.
As dit nou nie die beste raad is wat iemand in 'n lang tyd gegee het nie, dan weet ek darem regtig nie.
6mm!!!! Whooha!
Weet jy of Jagterdok al die besending 70gr Balistic tips bestel het? Ek stel ook belang.
Groete.
Jaco

Dont tell me, show me......
-
tafjak
Re: My "orele" loop.
Jaco
Hulle was nog "out of stock" en het 'n email gegooi Vrydag. Sal laat weet wat aangaan.
Hulle was nog "out of stock" en het 'n email gegooi Vrydag. Sal laat weet wat aangaan.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: My "orele" loop.
Dankie ou Taf -ek wag geduldig.......die bonus betaal eers einde van die maand uit!
Dont tell me, show me......
-
Danie Lombard .243
Re: My "orele" loop.
Lyk tog vir my dat die 6mm koeel een van die wonders van die wereld is. Ag, maar hy loop tog te mooi.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: My "orele" loop.
HEY
Julle begin wer met jullese woefie poefie.....niks beat a tru quarterbore nie....
Taffie en britsman :
dis soos land cruiser vs land rover
Danie342...dis soos ford teenoor mazda.....
willem: dis soos toyota vs aisiestog (lees isuzu)
di soos simson vs tarzan.
dis soos takoeza vs ruiter in swart..
dis soos Die Arend teenoor Kid die swerwer...
Skiet wat jy like man heokom want jy kan....bonzai 243 bo!!!!!!
JB

Shoot straight and tell the truth!
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: My "orele" loop.
Danie .243 wrote: Lyk tog vir my dat die 6mm koeel een van die wonders van die wereld is. Ag, maar hy loop tog te mooi.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein