Dit voel glad nie soos 'n week wat julle al weg is nie, want ek en
Jannie geniet ons baie. Ek het eintlik vir Pa baie slegte nuus. Ou
Anna
wat in die huis sou ingeslaap het terwyl Pa hulle oorsee is, se Tannie
is dood en ek het toe maar vir haar ges? sy kan die hele tyd wat pa
hulle oorsee is by haar familie in Soweto kuier. Dalk het Pa haar
tannie
geken en is ek nou die een wat die slegte nuus moet oordra. Pa en Ma
moet nou nie oor ons worry nie want ons is OK.
Ek het pa se nuwe suit vir haar man geleen vir die begrafenis, pa gee
mos nie om nie.
Ek het Pa se kruisboog uitgehaal so ons kan onssself verdedig. Jis
maar
die ding skiet h?? Ons het cowboys en kroeks gespeel toe skiet ek na
daai ou bank van ma wat oumagrootjie nog vir haar gegee het. Die pyl
gaan deur hom.
Jannie het nogal baie bloed in hom, ons het per ongeluk swembadsuur op
die eetkamer stoelle laat kom toe ons die houer laat omval het nadat
ons
daarvan op die bloedkolle gegooi het. Daai kolle sit nog, maar nie
meer
so erg nie.
Die dokter wat vir Jannie steke in sy boud ingesit het, het ges? ons
moet dit liewers nie meer doen nie. Ek het toe maar die bank vir die
mense gegee wat die vuilgoed wegry want ons moes hom stukkend sny om
die
pyl uit te kry.
Gelukkig was dit die oue wat ma altyd s? kom van Napoleon se tyd af.
Ek
het my per ongeluk raak gesny en toe mos ek ook 'n paar steke kry.
Die dokter s? pa gaan ons moer, ek weet pa sal nie want ons kyk mooi
na
ons goed n? pa?
Pa, ek het toe daardie stellasie wat aan die dak van die garage hang
wat pa altyd bang was val op die kar, vir pa afgehaal. Ek weet pa dink
nou dit het bo op die Ferrari geval, maar dit het nie, want ek het
gedink dit sou 'n helse skade wees en toe trek ek en Jannie hom eers
uit. Ongelukkig het die rak toe geval, maar net op die vloer en van
die
blikke verf het toe uitgespat en geloop. Van dit het teen ma se nuwe
BMW
gespat maar ons het dit dadelik met paintremover afgehaal. Ek weet nie
hoekom nie maar dit het meer verf afgehaal as wat gespat het. Ek het
pa
se kar weer ingetrek, maar die vloer was toe baie glad van die verf en
toe wil hy nie gou genoeg stop nie en nou staan 'n gedeelte van sy
bonnet in die kombuis waar die stoof gestaan het. Die stoof is nou
naby
die yskaste waaroor ma dalk bly gaan wees. Want sy s? mos altyd sy
loop
haar dood tussen die stoof en die yskas. Die kar se boot lyk nog mooi.
Die stoof het ons aan vergeet op high en toe brand daai nuwe AMC pot
so
aan dat ek dit saam met die bank weggegooi het.
Ons het gister vir ons lekker vleis in die kaggel gebraai want dit het
gereent buite en die hout was ook alles nat. Jis, het pa geweet petrol
ontplof as jy 'n blik vol oor die hout gooi. Pa s'n het nog nooit
ontplof nie maar Jannie s? hy dink pa gooi diesel oor. Shame, die
hond
en ma se persiese kat het groot geskrik en die hele big screen TV
ongehardloop.
Hulle mae het sleg gespuitpoep. Ek dink dit was van die skrik, dit
stink so effens in die studeerkamer. Die hond se maag het sleg gegaan
op
pa se stoel, die leer een in die studeerkamer.
Daai noodhulp lesse het nogal goed te pas gekom want ek het hulle
dadelik in die Jacuzzi gegooi om die vlamme dood te maak. Ek dink
hulle
hou meer daarvan in die hitte noudat hulle nie meer hare het nie.
Pa moenie worry oordat die borrels nie meer uitkom in die Jacuzzi nie
ons het van daai verf wat op die garagevloer geval het daar geverf en
die gaatjies is bietjie gestop. Ma het altyd ges? sy hou daarvan as
die
ding blou was. Oordat ons big screen gebreek het en ons nie kan TV kyk
nie, slaap ons nou sommer in julle kamer en kyk daar TV. Die kaggel
lyk
nou kaal oor die Persiese mat nie meer daar is nie.
Pa en Ma moet julle nou oor niks bekommer nie. Ek het die versekering
gebel en hulle het al kom kyk na dit wat gebeur het. Hulle sal seker
binnekort kom regmaak omdat pa dit gereeld betaal het. Die ou wat hier
was het gepraat van repireer oor nodige voorsorg wat pa getref het.
Ek
dink nie die ou wat hier was van die versekering kan spel nie want in
die brief staan repudieer weens nodige voorsorg.
Nou ja, ek is moeg geskryf en ons wil nog gaan kyk of ons nie die
molle wat besig is in die tuin kan uitrook nie.
Wagter het die oom wat die water en ligte lees sleg gebyt. Hy het uit
die jaart gekom want Jannie het met die grassnyer deur die elektriese
hek gery.
Die sprinklers werk nie meer so lekker nie, hy het dit afgesny. Dit
spuit nou regop in die lug, nou is dit eers mooi. Die dokter dink nie
die oom is te sleg gebyt nie. Die steke en inspuitings was maar net R4
500.
Hy het iets gepraat van pa sue dat pa geen klere aan jou gat het nie
maar ek dink hys deurmekaar. Dit is seker familie van hom, tannie Sue,
soos pa se sussie, ek verstaan nie waarom hy kwaad is nie.
Ons het die swembad leeggetap en nou skaats ons lekker in die le?
swembad.
Daai pomp by die swembad het sulke rook gemaak en nou werk hy nie meer
nie.
Ma weet daai skildery by die familiekamer, van die ou met die lap om
sy
kop, van Gog of ietsie. Jannie het dit bietjie meer kleur gegee. Hy
het
die lap weg geverf en 'n oor opgeteken, lyk nou sommer stukke beter.
Hyt ges? hy gaan die een in die studeerkamer, laaste nagmaal of what
ever ook bietjie renovate nadat hy daai Monalisa in die voorportaal
blond gemaak het.
Ek het regtig nie geweet Jannie kan so mooi teken nie. Julle kan
regtig
trots wees op hom, eks bly my boetie is so slim. Al het hy die dvd
player laat val het en die ding nou nie meer werk nie.
Julle moet nou glad nie worry nie.
Geniet die 5 weke wat julle nog oorsee is en ek skryf volgende week
weer.
Ek kan nie bel nie Jannie het die selfoon per ongeluk in die toilet
laat val, hy vang niks op nie.
Liefde
Pietie
Liewe Pa en Ma
-
NICO
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm
Liewe Pa en Ma
As long as there's lead in the air there are hope
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Liewe Pa en Ma
Laaities...
Daai huis gaan nooit weer dieselfde wees nie.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- namhunt
- Sr. Member

- Posts: 387
- Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm
Re: Liewe Pa en Ma
Daai 5 weke gaan baie korter word as wat Pietie dink.
-
Ambessa
Re: Liewe Pa en Ma
Hallo Freek
Pappie hier kom 'n ding?
Ambessa
Reg, maar die huis en als is in elk geval reeds vodde of plein poertelsin...Freek wrote:Laaities...![]()
Daai huis gaan nooit weer dieselfde wees nie.
Pappie hier kom 'n ding?
Ambessa
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Liewe Pa en Ma
As ek Pietie is laat ek my aanneem op n ander dorp, gou!
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Liewe Pa en Ma
Klink vir my ek en Pietie kon pelle gewees het in my jonger dae.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Danie Lombard .243
Re: Liewe Pa en Ma
En die ergste is dat ou Pietie iewers erens eendag iemand se skoonseun gaan wees.
Dankie vader ek het nie kinders of in die geval dogters nie.
Die klein bl*ksem.
Dankie vader ek het nie kinders of in die geval dogters nie.
Die klein bl*ksem.

