Page 1 of 2
Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 10:00 am
by johnny
Jagkamp vir my beteken n donkie, n jaghut met net basies n bed , longdrop , parafien lampe, slaapsak, braaiplekkie, slagplek waar ons self slag en wild beskerm teen elemente...
OF donkie, tente,stretcher, slaapsak, longdrop , braaiplekkie, slagplek in boom of windpompype waar ons self slag , en wild beskerm teen elemente, daai sit om n kampvuur met net naggeluide, en sterre , die helse koue van die winternag daar om die vuur.
Waarom verdwyn dit ,

?? Wil ons te gemaklik lewe , hoeveel van jag en die naweek weg onder die sterre kan jy ervaar in n lodge met dstv, bediendes, kroeg ens ens, kan ons regtig se ons het die""manne"" ding gedoen en gejag? of het ons in die veld geloop vir n paar uur en iets geskiet haastig terug want rugby gaan begin ,,,en terug by lodge agteroor gesit en n koeldrankie geniet terwyl ander afslag skoonmaak en kos voorderei?Ons wil by binnebraai en kaggels en elektriese komberse le. Is dit jag???? of is dit waarnatoe ons beweeg as die nuwe jagter??
Het die lodges ontstaan as n ding vir die buitelandse jagter en later het boere gesein hulle kan meer geld maak uit biltong jagters as hulle n """lodge""" bou ? Ons gaan na wilparke en reservate om te gaan kamp en die buite lewe te geniet , maar ons gaan jag om in n lodge te bly??????
Ek weet nie , het nie die antwoorde nie .
Ek weet net ek verkies geen lodge of iets dergliks nie, ek wil nie bedien word nie en ek wil self my wild afslag en help dra uit veld en my eie pens uithaal. Ek wil gedaan moeg wees as ek vanaand by die kampplek , hut kom en moet kan slaap soos n leeuvel"" doodstil"" Ek wil my rooiwyntjie drink en sterre sien.
groetnis
Johnny
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 10:11 am
by THOMAST
As ek 'n keuse het kamp ek liewerste in 'n tent en maak kos op 'n vuurtjie. Dit was nog altyd die lekkerste manier van jag vir my. Self een jaar in 'n klip kraal in die Frazerburg distrik tent opgeslaan. Met 'n goeie slaapsak pla die koue nie so erg nie.
Hoe eenvoudiger, hoe lekkerder, vir my.
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 10:12 am
by Eugene
Ek dink ons raak te sag en te lui..... Gemak is deesdae alles....
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 10:22 am
by Marc
$$$$$$$

Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 10:28 am
by FHM
Interressante onderwerp!
Persoonlik dink ek dat hoe en waar ons vandag kamp met n jagtrip hang af van ons roots en huis tradisie. Het jy met jagtrips saam met jou pa grootgewrod - hoe het julle jagkamp daaityd daarna uitgesien, het julle in die bos gekamp of in die plaashuis oorgeslaap? Dis dan ook net vanselfsprekend dat ons weer op ons beurt die roots of tradisie soos ondervind saam met oupa en pa, sal oordra aan ons seuns.
Nog n faktor reken ek is dat baie seisoen jagters vandag self jag-geleerde manne is wat nie uit n jagterfamilie afkomstig is nie. Dus het hulle nie die begrip van n boskamp en hoe om een op te rig nie, dis dan normaal en vir hulle net soveel makliker om by die boer se huis of moderne jaglodge oor te bly, waar bediening en alles en nog wat gereed en wagtend is.
Neem in ag 100 jaar, selfs 50 jaar terug was jaarlikse jagtrips oor die algemeen baie meer van n nasionale instelling onder die mans families-en-vriende geslag as wat dit vandag is. Luukshede was nie aan die orde van die dag nie en daar is gekamp soos dit maar deur oupa en pa gedoen is, so het dit maar afgewater na die suens toe.
Ek dink mens kan se dat die groot meerderheid van vandag se jagters beweeg na n meer 'moderne' jagkamp, as mens dit so kan stel. Nie omdat hulle nie hou van n eenvoudige boskamp nie, maar omdat hulle nooit blootgestel was en geleer het van dit nie.
My opinie
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 10:29 am
by Born2Late
Stem 100% saam.Hoe primitiewer hoe beter.As ek wil tv kyk kan ek net sowel by die huis bly.
Jagtyd is tyd om lank in die vuur te staar en net die stilte te waardeer.
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 10:38 am
by johnny
FHM
Ek dink jy het iets beet , party ouens weet nie, maar is dit nie dalk ook van hulle ontneem deur die lodges etc nie ?? Jy sal wel ook dieslfde ou kry wat in n lodge bly maar tog gaan kamp saam met sy familie??
Hoe gaan ons dit terug kry as daar so baie ouens is wat eerder die eenvoudige verblyf wil he?? Hoe gaan ons vir die boer laat verstaan dat sy lodge te veel is , ons wil eerder onder die doringboom in die rivierloop wees of onder daai kameeldoringboom ,
groetnis
Johnny
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 10:57 am
by FHM
johnny wrote:FHM
Ek dink jy het iets beet , party ouens weet nie, maar is dit nie dalk ook van hulle ontneem deur die lodges etc nie ?? Jy sal wel ook dieslfde ou kry wat in n lodge bly maar tog gaan kamp saam met sy familie??
Hoe gaan ons dit terug kry as daar so baie ouens is wat eerder die eenvoudige verblyf wil he?? Hoe gaan ons vir die boer laat verstaan dat sy lodge te veel is , ons wil eerder onder die doringboom in die rivierloop wees of onder daai kameeldoringboom ,
groetnis
Johnny
As jy al n paadjie met die boer gestap het, dus n gereelde jagter is by hom, dink ek nie hy sal snaaks dink as jy vir hom vra dat jy of julle manne dit bietjie
primitief wil ervaar en in n revierloop onder n boom of n oorhangende rots wil kamp nie. Aan die ander kant - ek dink die boer by wie jy n eerste keer gaan jag sal dalk sy inhibiesies he oor so boskamp storie - eenvoudig omdat julle vreemdelinge is.
Ek het n paar plekke wat ek gereeld jag hierdie kant - van die boere dring aan dat jy in die jagtershut / rondawel oorbly, maar ek het 2 plekke waar die reeling vasgestel is as ek kom jag, is dit groet / drukkies / vis afgee en daar trek ek boskamp toe. Dit kom maar met mekaar leer ken, kommunikasie en wedersydse respek. En dan natuurlik dat jy elke jaar weer daar is.
Jy kan nie van n boer verwag wat elke jaar nuwe jagters onthaal om elke keer met nuwe name en gesigte aan versoeke om n boskamp op te slaan te voldoen nie. Nee, hy sal eerder daai vergunning maak aan die man wat hy leer ken en wat hom elke jaar ondersteun glo ek.
Dis dan waar dit ook uiters belanrik is, indien boskamp jou ding is, dat as jy jou jagtrip begin beplan - om vooraf navraag te doen buy die jagplaas of n boskamp opsioneel is of nie. Help nie jy kom op die plaas en nou word daar versoek om in die bos te kamp nie. Doen navraag en tref sulke reelings vooraf.

Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 11:05 am
by Marc
FHM
Dink jy het die goud geslaan, vandag se kinders en jong volwassenes leef in 'n heel ander omgewing en het totaal ander behoeftes en begeertes as wat ons gehad het. Die dat daar aangepas moet word om by hulle behoeftes in te val, soos die ou manne en hulle behoeftes al minder raak. Ons het in oop terein grootgeword, die hele blok was my teritorium, vandag se kinders het slegs die voorkant of agterkant van 'n meenthuis om bloodgestel te word aan die natuur.
Mens sit mos maar voor vir die massas en nie die mindeheid nie, dis hartseer maar dis wat dit is en gaan heel moontlik nog baie erger raak. Bly ek het my deel kon kry terwyl daar nog was om te neem. Die nostalgie waarna ons verlang is so te sê reeds in 'n Museum opgesluit.
Die verskaffers bied wat die mark vrae, ons manne wat wil gaan kamp en jag se aanbod is heeltemal te min

Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 11:20 am
by johnny
Fhm
Dink jy is doodreg, maar ek vra hoekom het dit in die eerste plek ontstaan , het ons as jagters dalk daarvoor gevra??? het ons die buitlanders begin na aap , of is dit n manier vir die boere om nog geld te maak uit biltong jagters, ? Ek weet nie.
Marc
Ek hoop regtig nie jy is reg dat ons te min is nie, ek hoop net party ouens wil eerder weer terug, dis elk geval nie iets wat ek enige van my 2 kinders wil ontneem nie, al moet ek dan kamp met net n kamera .
groetnis
Johnny
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 11:26 am
by Zack Benade
Johnny
Ek hou van jou brief my vriend. Dankie daarvoor.
Ek is ook 'n persoon wat hou van primitief jag. Net die nodige goedjies om 'n lekker vuurtjie. Jy moet moeg huistoe gaan. Jy kan maar 'n week vat om uit te rus na die jag.
Ek weet alles gaan oor geld maak. Die biltong jagter word amper gedwing om van die geriewe gebruik te maak anders kan jy nie jag nie. Gelukking is daar nog plase wat omgee vir die gewone biltong jagter wat primitief wil jag teen 'n bekostigbare prys.
Die nuwerwetse jagter wil in 'n 5 ster lodge bly want dis sy besluit en net hy sal self besluit hoe hy jag.
Hy is bang vir 'n spinnekop en 'n verdwaalde muskiet langs die kampvuur. Hy wil sy 8 ure slaap inkry want 'n ware jagter moet rus kry op sy 5 ster sealy delux matras. As hy aan die slaap raak is hy 'n jagland. Lekker ne??
As dit die volgende oggend by jag kom is die volgende is uit.
1. Jy mag nie bakkie ry nie.
2. Jy mag nie jag naby water nie. Die plaas mag net een windpomp hê.
3. Jy mag nie dit nie ,Ens , Ens
Die gewoonlik hierdie manne wat vertel jag van 'n bakkie af is direk van die hel. As jy vinniger by die hel wil uitkom moet jy 'n bok met 'n boog by 'n water gat skiet. Jammer as ek op iemand se tone trap maar ek moes dit sê.
Die manier hoe jy jag bly tog 'n persoonlike besluit. Of jy langs 'n boom in die veld onder die sterre aan die slaap raak of op jou 5 ster sealy Delux dit besluit bly joune.
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 11:33 am
by Marc
Johnny
"Ons" het nie noodwendig daarvoor gevra nie, maar ek dink jagter, soos hulle deesdae bekend staan, het.
Soos jy, maak ek my kinders ook op die grond groot en nie op die plank vloer of mat nie. Ek probeer in elk geval dit so doen, die meerderheid van die bevolking in die land doen dit ongelukkig nie. Raai wie gaan wen op die ou einde.
Dis hartseer, maar waar. Gelukkig ken ek heel paar boere persoonlik en weet ek sal altyd na hulle toe kan hardloop as die lewe druk

Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 11:35 am
by Varminter-308
Dis hoe ons nog jag 2 keer n jaar. (soos ons pa's het...!!!)
En ons geniet dit elke minuut as ons daar is.
Die Kamp.
Stort baie min.
Slagplek.
Laasjaar se kamp.
Wat jy sien as jy opstaan....
Resultate van so lekker in die bosveld.
Niks kan dit verbeter nie...
Groete
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 11:41 am
by Jacko
Dis interessant om die verskillende perspektiewe te hoor. En elkeen maak 'n geldige punt of twee.
Hier is egter 'n ander perspektief of twee:
Vir my wat grootgeword het met familie wat grond met wild besit, was die idee om 'n vreemdeling te betaal vir wild vir jare baie vreemd. Vir my was dit sinoniem met kuier by familie en die hele gedoente. Nouja, 'n mens is seker bederf, maar as ek kan kies tussen jag by familie in Namibie of die Noord-Oos Kaap en betaal om iewers by 'n boer te jag, raai wie/wat gaan wen?!
So ek het nooit "in die ou dae" op die grond of in tente geslaap as ek gejag het nie.
Dan die ander punt. Ek sou se die meeste jagters wat betaal vir wild (ek doen dit ook soms) werk in stede/groot dorpe. Ons het eenvoudig nie die tyd/lus om 600km te ry, rof te slaap, te jag en weer al die pad terug te ry nie. 'n Mens vra nie baie nie. Jy wil net 'n warm bed en stort he. En 'n lekker kuierplek om die vuur en 'n goed toegeruste selfsorg kombuis. En goeie slaggeriewe. Want alhoewel ek 'n city slicker is, slag ek meestal my eie bokke. Daarvoor het ek geriewe nodig.
As 'n mens jou eie baas is en baie verlof het, kan jy dit dalk rough 'n tough. Maar vir ons ouens wat soms net 'n naweek of langnaweek het, moet ons dit so effektief as moontlik doen. En soms is kamp meer van 'n pyn in die g*t as wat nodig is.
Miskien moet ons nie praat van "tradisionele jag" (en dan by implikasie slaap op die grond/in 'n tent) versus "luukse lodge" nie. Daar is baie soorte geriewe tussenin en ek dink die meeste ouens verkies dit so.
Vir my is die belangrikste egter nie die soort verblyf nie, maar die soort geselskap. Want 'n paar p******le kan enige trip bederf!

Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 11:42 am
by Jacko
Varminter-308 wrote:Dis hoe ons nog jag 2 keer n jaar. (soos ons pa's het...!!!)
Groete
Het jou pa-hulle ook verkoelde sleepwaens gebruik?

Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 11:44 am
by Varminter-308
Yip... maar het nog met steenkool en water gewerk....

Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 11:57 am
by Piet Pille
Ek dink die grootste faktor is dalk ook tyd..
Vir ons oupas- hulle was jag 'n maand safari met Bedford lorries waar jy tot jou drinkwater moes saamry. jy het 3 dae geneem net om die kamp (wat jou blyplek vir die volgende maand sal wees) op te slaan,nadat jy 3 dae gery het om die jagarea met 'n 2-spoor paadjie te bereik. Die jag-area was 'n 40 000Ha konsessie.
Dit was die kultuur wat sinoniem met jag was en ek dink die hunkering na primitief kamp as ons jag is oorblyfsels hiervan.
Vandag is die hele jagtrip miskien 'n week as jy gelukkig is. Dikwels net so 3 of 4 aande. Baie manne het dus bloot nie die tyd om dag 1 en 4 aan kamp op- en afslaan te spandeer nie, want dit beslaan dan 50% van sy totale tyd. Ekself trap ook soms in hierdie gat- Ek verkies ook die kamplewe, maar as ek nie vir minstens 5 aande gaan oorbly, is dit nie die moeite werd om die tent, kombuistent, tafels stoele ens. alles saam te ry vir die meer as 800km soos die geval hier in Namibie is as ek gaan visvang of Springbokjag nie. Dan maak 'n ingerigte (basiese) selfcatering huisie dalk meer sin.
Dis waarom rooftop tente en 4x4 sleepwaens/karavane so gewild is deesdae- jy spaar baie tyd met die kamposlaenery, maar kan nogsteeds "claim" dat jy rou in die bos gekamp het.... Is dit werklik dieselfde? Ek weet nie..
Die gejaag na wind van die morderne tyd verswelg die tradisies en verander ons kultuur onwetend elke dag..
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 12:00 pm
by FHM
Pieter Vorster wrote:Ek dink die grootste faktor is dalk ook tyd..
Vir ons oupas- hulle was jag 'n maand safari met Bedford lorries waar jy tot jou drinkwater moes saamry. jy het 3 dae geneem net om die kamp (wat jou blyplek vir die volgende maand sal wees) op te slaan,nadat jy 3 dae gery het om die jagarea met 'n 2-spoor paadjie te bereik. Die jag-area was 'n 40Ha konsessie.
Dit was die kultuur wat sinoniem met jag was en ek dink die hunkering na primitief kamp as ons jag is oorblyfsels hiervan.
Vandag is die hele jagtrip miskien 'n week as jy gelukkig is. Dikwels net so 3 of 4 aande. Baie manne het dus bloot nie die tyd om dag 1 en 4 aan kamp op- en afslaan te spandeer nie, want dit beslaan dan 50% van sy totale tyd. Ekself trap ook soms in hierdie gat- Ek verkies ook die kamplewe, maar as ek nie vir minstens 5 aande gaan oorbly, is dit nie die moeite werd om die tent, kombuistent, tafels stoele ens. alles saam te ry vir die meer as 800km soos die geval hier in Namibie is as ek gaan visvang of Springbokjag nie. Dan maak 'n ingerigte (basiese) selfcatering huisie dalk meer sin.
Dis waarom rooftop tente en 4x4 sleepwaens/karavane so gewild is deesdae- jy spaar baie tyd met die kamposlaenery, maar kan nogsteeds "claim" dat jy rou in die bos gekamp het.... Is dit werklik dieselfde? Ek weet nie..
Die gejaag na wind van die morderne tyd verswelg die tradisies en verander ons kultuur onwetend elke dag..
+ 10

Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 1:51 pm
by TOKELOS
So lank daar warm water (donkie, gas ketel) is, is ek happy!
Lodge, tent, karavaan , boom, enige een is "olraait", want wat weet ek tog van wat om my aangaan terwyl ek slaap!
Dis die wakker- tyd wat tel:
die opstaan met vars plattelandse lug,
die vuurmaak met die laaste kole van gisteraand,
die ketel op die vuur,
die koffie en beskuit om die vuur,
die koue klere aantrek,
die tyd in die veld,
die reuk van die veld,
die skadu,
die son,
die wolke,
die wind ,
die bekruip,
die skiet,
die pens uithaal,
die reuk van die ingewande,
die hang van die bok,
die planne maak om die bok koel te hou,
die sttruggle om genoeg warm water te kry vir was,
die braaivleis,
die geselskap,,
die vuur nadat almal klaar hul se gese het en elke een met sy eie gedagtes sit en staar na die vuur
di kameraderie
Die gesels en "weer jag" in di bakkie op pad terug huis toe.
Die voornemens en planne vir volgende jaar se jag!!
Dis mos die goed wat belangrik is! Nie waar of waarop of waaronder ek slaap nie!
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 2:02 pm
by FHM
TOKELOS wrote:So lank daar warm water (donkie, gas ketel) is, is ek happy!
Lodge, tent, karavaan , boom, enige een is "olraait", want wat weet ek tog van wat om my aangaan terwyl ek slaap!
Dis die wakker- tyd wat tel:
die opstaan met vars plattelandse lug,
die vuurmaak met die laaste kole van gisteraand,
die ketel op die vuur,
die koffie en beskuit om die vuur,
die koue klere aantrek,
die tyd in die veld,
die reuk van die veld,
die skadu,
die son,
die wolke,
die wind ,
die bekruip,
die skiet,
die pens uithaal,
die reuk van die ingewande,
die hang van die bok,
die planne maak om die bok koel te hou,
die sttruggle om genoeg warm water te kry vir was,
die braaivleis,
die geselskap,,
die vuur nadat almal klaar hul se gese het en elke een met sy eie gedagtes sit en staar na die vuur
di kameraderie
Die gesels en "weer jag" in di bakkie op pad terug huis toe.
Die voornemens en planne vir volgende jaar se jag!!
Dis mos die goed wat belangrik is! Nie waar of waarop of waaronder ek slaap nie!
Nee Tokkelos jy is reg mater.
Ek kan sien uit jou detail dat jou agterwereld net so aan die jeuk is soos myne vir die jagseisoen om aan te breek ....
nog net so 85 dae om te gaan...verdomp!
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 2:07 pm
by Wouter Roets
Tokelos
Wat van die ys?
Groetnis
Wouter
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 2:40 pm
by tokjak
toe ek begin het om jagters uit te vat , het hulle by my in die huis gebly . DIT HET NIE GEWERK NIE ! toe besluit ek om n houthuisie ,self, te bou .2 slaapkamers , gasgeiser , gasstoof,ens. net die nodigste . intussen het ek ook n vleiswerk kamer met koelkamer aangebou .alles om alles vir my ,sowel as die jagter te vergemaklik . vir van die manne is dit ,teenoor wat daar was,hemels ,......ander moan nog steeds oor die een of ander ding.
ek moet se ek sal nie omgee om in n lodge of ding te bly as ek jag nie ., want vir my sal DIT nou n "outing" wees . in die veld stap en slaap kan ek by myself doen .
onthou , die een ou se"rough it up " en die ander ou sn , verskil . vir party ouens , as hulle hoor hulle moet n entjie grondpad ry, is dit alreeds rof.
johnny...... , ek gaan die naweek in die pilanesberge eland skiet . ek wou jou saamvra, maar ons bly by sun city en aangesien jy n man is wat nie van luukshede hou nie en eerder wil kamp en n donkie gebruik , kan jy nou nie meer saamgaan nie !
groete
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 2:44 pm
by Eugene
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 3:05 pm
by johnny
Tokjak
Dit is reg ek onthou jy het my saamgevra, maar soos jy kan onthou het ek gese ek kuier by jou op die plaas die naweek,, jammer jy gaan nou nie daar wees as ek daai mooi koedoe daar in die berg en n paar springbokke daai op die vlak skiet nie, ek sal nie in jou ""lodge"" slaap nie , sommer da in die springbok kamp, moet oor niks worrry ek sal net een koedoe skiet , en ek sal sorg dat volstruise kos kry.
groetnis
Johnny
Re: Waarom verdwyn die nostalgie van jagkampe?????????
Posted: Wed Feb 13, 2013 5:02 pm
by tokjak
ja jou black-sam , oor die skiet en volstruise worry ek nie ..... my vrou is alleen by die huis!!!!