OF donkie, tente,stretcher, slaapsak, longdrop , braaiplekkie, slagplek in boom of windpompype waar ons self slag , en wild beskerm teen elemente, daai sit om n kampvuur met net naggeluide, en sterre , die helse koue van die winternag daar om die vuur.
Waarom verdwyn dit ,
Het die lodges ontstaan as n ding vir die buitelandse jagter en later het boere gesein hulle kan meer geld maak uit biltong jagters as hulle n """lodge""" bou ? Ons gaan na wilparke en reservate om te gaan kamp en die buite lewe te geniet , maar ons gaan jag om in n lodge te bly??????
Ek weet nie , het nie die antwoorde nie .
Ek weet net ek verkies geen lodge of iets dergliks nie, ek wil nie bedien word nie en ek wil self my wild afslag en help dra uit veld en my eie pens uithaal. Ek wil gedaan moeg wees as ek vanaand by die kampplek , hut kom en moet kan slaap soos n leeuvel"" doodstil"" Ek wil my rooiwyntjie drink en sterre sien.
groetnis
Johnny













