Regte woorde

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
Adaan
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Thu Apr 22, 2010 5:57 pm

Regte woorde

Post by Adaan »

Man kom erg geknetter by die huis aan na n groot party.Hy is so dronk dat hy nie  regop kan bly nie en val met n helse slag oor die stoel se poot met sy gesig op die koffie tafel.
Dit is net bloed waar jy kyk,sy oog is blou en hy het  lang sny op sy gesig.
Sy vrou word wakker van die slag ,maak hul seun wakker en saam saam sleep hulle hom badkamer toe.

Volgende oggend word die man wakker in die bed, maar hy voel vrot dit voel of n trein hom getrap het.
Hy voel die sny op sy gesig sien die blou oog en wonder by homself wat hy alles by die party aangevang het.
Langs sy bed staan n bord met bacon en eiers en toast asook n vars geplukte roos en n kaartjie van sy vrou wat
se dat sy baie lief is vir hom en dat sy jammer is dat sy nie daar kan wees om hom te versorg nie maar sy moes ongelukkig
gaan werk.

Nou is hy heeltemal uit die veld geslaan,hy roep sy seun en vra hom wat aangaan.
Seun antwoord-Pa was so dronk dat pa die koffie tafel stukkkend geval en uitgepaas het,daar was net bloed en ek moes mamma
kom help om pa in die badkamer te kry sodat sy pa kan skoonmaak.Mamma het pa se hemp uitgetrek en toe sy pa se broek wou uit trek skree pa en se    "Los my F?$%^^*& uit ek is n getroude man!!!
Post Reply