Nuut op die forum
-
Jaco123
- Sr. Member

- Posts: 325
- Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm
Nuut op die forum
Goeie naand manne
Ek is nuut op die forum. Het 2 jaar terug 'n 30-06 (eerste jag geweer) gekoop en laas jaar lisensie gekry. Het ook self begin laai en leer maar nog al die tegnieke.
Groete.
Jaco.

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Nuut op die forum
Hallo Jaco
Baie welkom hier. Hier is baie manne wat jou sal kan bystaan met herlaai en alle aspekte van gewere ens. Hoop jy geniet die forum
groete

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Nuut op die forum
Dagse Jaco
Baie welkom, glo jy gaan dit geniet hier saam ons. Jy is op die regte plek wat raad aanbetref
Mooi loop
Marc

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Jaco123
- Sr. Member

- Posts: 325
- Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm
Re: Nuut op die forum
Dankie. Ek het al baie gelees oor herlaai op verskillende forums en agter gekom die manne op die forum is maar die manne wat ken.
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: Nuut op die forum
Jaco,
Welkom op die forum. Vra maar net die herlaai vrae op die forum. Jy sal genoeg inligting kry om boeke te bind.
Henk

CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
- Johan22
- Hero Member

- Posts: 524
- Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am
Re: Nuut op die forum
welkom hier by ons en geniet dit hier beter plek sal jy nie kry vir jou vrae en dinge nie
Jy moet net jou goed reg in vul dat ons sien van waar jy is en hoe oud jy is kyk biki hoe die ander dit doen.
Johan22

FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Nuut op die forum
Welkom Jaco.
Geniet die forum. In watter area bly jy?
Geniet die forum. In watter area bly jy?
-
Jaco123
- Sr. Member

- Posts: 325
- Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm
Re: Nuut op die forum
Goeie middag
Ek is 35 jaar oud en bly in Pretoria. Ek het my profiel opdateer so hopelik wys dit die regte info. Ek het so 7 jaar terug die eerste keer gejag en dit baie geniet (met ander man se loop). 2 Rooibok ramme geskiet. Toe weer 4 jaar terug weer die geleentheid gekry en Koedoe koei gekiet (weer met ander man se loop). Net daar en dan besluit dat dit tyd geword het dat ek my eie geweer kry. Wou my Pa se 308 Mauer oor vat maar agter gekom dat die loop uit geskiet is. Ek het toe besluit dat mens maar met 'n nuwe geweer begin.
Ek het toe 'n Tikka T3 hunter in 30-06 gekoop. Skiet op die oomblik 180gr Nosler Partition met Lupua doppe en 54gr S365. TPL is 84,5 mm en spoed is 2645 f/s. Kan dalk nog bietjie speel met die TPL. Het darem laas jaar 3 jag naweke deur gewerk. 2 Springbokke, 1 Gemsbok, 1 Blesbok, 1 Rooibok en 3 Vlakvarke geskiet. Die Partions werk mooi. Is van plan om bietjie meer Springbokke te skiet die jaar. Ek is besig om die GS Custom 140HV te probeer maar is nog in die begin stadium.

- Varminter-308
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm
Re: Nuut op die forum
Baie Welkom Jaco123
Weet sommer jy sal dit baie geniet.
Groete
Weet sommer jy sal dit baie geniet.
Groete
- Pitbull
- Full Member

- Posts: 237
- Joined: Wed Dec 07, 2011 9:05 am
Re: Nuut op die forum
Welkom Jaco
Lekke plek om te wees,
Groete
Lekke plek om te wees,
Groete
I may not be there yet, but I'm closer than I was yesterday.